Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Eveleigh P. - 1st February 2017
staying in St James, Western Cape
Visit! It's all I can say.
Liza W. - 1st February 2017
staying in Caledon, Western Cape
We went for a wedding so didn't see much of Caledon to be honest. However, "Die Woud" wedding venue just outside Caledon is the best wedding venue I have ever been to.
Valerie L. - 1st February 2017
staying in Strand, Western Cape
Strand is so naby alles. Jy bly naby die see, al bly jy dieper in Strand in, die see is naby, maar om Kaap toe te ry, of Hermanus of Bloubergstrand of selfs Kaappunt toe, is alles naby genoeg vir 'n daguitstappie. Ek bly altyd in Strand as ons die Kaap besoek.
Andries B. - 1st February 2017
staying in Bloubergstrand, Western Cape
Blouberg is, soos altyd, 'n fantastiese blyplek! Die wind het egter heeltyd gewaai, maar tot voordeel van die seilplankryers.
Gina P. - 31st January 2017
staying in Gansbaai, Western Cape
Baie rustig. Het wel lekker lang wit strande gemis. Dit is egter lekker aangrensende plekke soos Pearly Beach en Franskraal.
Salomie E. - 31st January 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
My geliefkoosde vakansiebestemming! Veilig, skoon en Afrikaans met baie om te doen en sien.
Marinda B. - 31st January 2017
staying in Paternoster, Western Cape
'n Moet-sien dorpie!
Ansie W. - 31st January 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Die beste vakansiebestemming in die land!
Joseph N. - 31st January 2017
staying in Fish Hoek, Western Cape
Mooi strand, ideaal om Kaapstad en die omgewing te verken.
Sonja V. - 31st January 2017
staying in Mossel Bay Golf Estate, Western Cape
Pragtige goedversorgde huise. Baie mooi
Johannes P. - 31st January 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Paternoster het daardie tipiese Weskus karakter wat jou gemoed kalmeer met sy rustigheid en verras met sy versteekte skatte. Neem gerus 'n oggend wandeling deur die dorpie en geniet die vars lug, sonskyn en klassieke boustyl van die huisies. Gaan stap laat middag langs die see en verken die strandgebied. Staan stil en neem die sonsondergang in voordat julle een van die seekosrestaurante besoek en ware Weskus-hartlikheid ervaar. Beslis 'n bestemming om minstens een keer te besoek - Julle sal graag weer wil terugkeer vir meer!
Mac M. - 31st January 2017
staying in Beaufort West, Western Cape
Die Barnard museum, pastorie en kerk is 'n moet besoek vir enigeen wat daar deur reis en of oorbly. Die ou geboue in die dorp is 'n ervaring om te aanskou en verskaf 'n terugblik in die vergane ou jare van ons geskiedenis. Ek hoop regtig dat hierdie geskiedkundige nalatenskap sal in stand gehou en behoue sal bly vir ons nageslagte.
Riki C. - 31st January 2017
staying in Herold's Bay, Western Cape
Sou lekker wees as daar net 'n klein restaurantjie op die strand was waar mens kon sit en die pragtige uitsig geniet. Dit is regtig 'n pragtige plekkie.
Skollie S. - 31st January 2017
staying in Klein Karoo, Western Cape
Mooi wêreld - droog, maar vol mooi borrelende mense.
Skollie S. - 31st January 2017
staying in Mossel Bay, Western Cape
Sal weer daar kom draai maak - pragtige en vriendelike gemeenskap.
Wiekus P. - 31st January 2017
staying in Hermanus, Western Cape
Great plek, stunning gholfbaan!
Skollie S. - 31st January 2017
staying in Knysna CBD, Western Cape
Baie pragtige plek met baie mooi areas om the besoek.
Monique S. - 31st January 2017
staying in Durbanville, Western Cape
Durbanville is sentraal geleë en veilig. Dit is 'n baie mooi area in die Kaap.
Hugo L. - 31st January 2017
staying in Beaufort West, Western Cape
Beaufort-Wes bied meer aan as wat 'n mens besef. Daar is die Karoo Nasionale Park, die mooi natuurskoon en die Chris Barnard-museum wat meer as die moeite werd is om te besoek.
Hoffie W. - 30th January 2017
staying in Calitzdorp, Western Cape
Sentraal geleë naby verskeie besienswaardighede.
Carina N. - 30th January 2017
staying in Bloubergstrand, Western Cape
Fantastiese strand en ons het lekker vakansie gehou.
Ed V. - 30th January 2017
staying in Gansbaai, Western Cape
Goeie bestemming met strande by Franskraal en die Plaatsje. Ons het ook die vallei Bodhi Kaya en Farm 215 besoek. Ook Stanford en Napier en Eliminate is naby. Cape Agulas is baie spesiaal vir Hollanders.
Joseph N. - 30th January 2017
staying in Paarl, Western Cape
Mooie stad met verskeie besienswaardighede.
Adel V. - 30th January 2017
staying in Paternoster, Western Cape
Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse.
Peter H. - 30th January 2017
staying in Hartenbos, Western Cape
Die ATKV moes nooit die veranderings by die seefront gemaak het nie. Die duur pakeerarea is nie lewensvatbaar nie. Mense met wie ons gesels het stem saam: die veranderinge was nie voordelig vir vakansiegangers nie.
Henrietha M. - 30th January 2017
staying in Stellenbosch, Western Cape
Baie lief vir dié dorp.
Ingrid P. - 30th January 2017
staying in Table View, Western Cape
Baie groen, verskriklik mooi en naby die strand geleë.
Shane V. - 30th January 2017
staying in Santos Bay, Western Cape
Aan te beveel.
Berlinda N. - 30th January 2017
staying in Brandwacht, Western Cape
Rustig en afgesonder. Nie soos die besige Stellenbosch nie.
Hermann E. - 30th January 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak.
Eva N. - 29th January 2017
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Restaurante bied nie 'craft beer' nie en daar is 'n paar goeie brouerye in die omtrek.
Ernst L. - 29th January 2017
staying in Robberg, Western Cape
The Robberg hike is a beautiful scenic hike that is recommended. It is not for people with mobility issues and good shoes, sufficient water and protection against the sun are necessary gear.
Anina W. - 29th January 2017
staying in Bloubergrant, Western Cape
Alles netjies - paaie, strande, voldoende parkering, straatbeligting, ens.
Olivia P. - 29th January 2017
staying in Cape Town CBD, Western Cape
Cape Town is an excellent travel destination.The city is very clean and safe and there are many areas one can look forward to visit. I love Camps Bay beach the most.
Hester F. - 29th January 2017
staying in Klapmuts, Western Cape
Klapmuts is gerieflik om verskillende plekke te besoek.
Chenel F. - 28th January 2017
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Kan beslis Cup Of Cake langs die hotel vir uitmuntende koffie aanbeveel.
Johan B. - 28th January 2017
staying in Sandbaai , Western Cape
Gerieflik geleë naby Hermanus en dis redelik naby ander plekke soos Gordonsbaai en Somerset-Wes.
Bennie R. - 28th January 2017
staying in Betty's Bay, Western Cape
Baie mooi plek. Kan lekker rus as 'n mens wil wegkom van mense en die stad.
Johan N. - 27th January 2017
staying in Prince Albert, Western Cape
'n Onaangename ervaring wat byna ons vakansiegees gedemp het: daar is verskeie aanwysings na die beroemde Kokkedoor-stoor en dit laat 'n mens dink dat dit 'n besoekersaantreklikheid is. Skaars uitgeklim, hou 'n bakkie in 'n stofwolk stil en die persoon beveel ons om die (privaat) perseel te verlaat en dat die hekke vir 'n rede daar is. Ons was te oorbluf om te verduidelik dat daar geen geslote hekke was nie. Met die uitry, het ons opgelet dat die hekke na die perseel oopstaan omdat daar werkers besig was. Natuurlik het 'n mens baie respek vir mense se privaatheid, maar as die betrokke plek nie oop is vir besoek nie, waarom dan die aanwysings? Gelukkig het 'n lang wandeling deur die dorp teen sononder vergoed vir die onaangenaamheid.
Tina K. - 27th January 2017
staying in Durbanville, Western Cape
Gerieflik sentraal. Veilige omgewing.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com