Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Freddie M. - 21st September 2016
staying in Barrydale, Western Cape
Barrydale sal 'n baie goeie oornag plek wees, want daar is nie misdaad nie. Verder is dit 'n rustige dorp vir dié wat na rustigheid soek. Vermaakplekke maak bietjie te vroeg toe, seker te verstane om die rustige atmosfeer te behou.
Ashleigh B. - 21st September 2016
staying in Bellville, Western Cape
Ons het nou juis in Bellville kom bly omrede dit sentraal is met meeste besighede wat mens sal benodig. Bellville is 'n baie goeie area vir toeriste.
Willem J. - 20th September 2016
staying in Herold's Bay, Western Cape
Pragtig en stil.
Johan & Marinda T. - 20th September 2016
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Was my eerste keer om daar te bly en het dit geniet. Familie bly in en om Gordonsbaai en Strand wat dit sentraal gemaak het.
Erna V. - 20th September 2016
staying in Robertson, Western Cape
Alhoewel Robertson 'n klein, plattelandse dorpie is, is dit in 'n lieflike omgewing en vir ons stadsjapies 'n welkome ontvlugting van die stad se gewoel.
Daniela C. - 20th September 2016
staying in George, Western Cape
Altyd 'n plek vol besienswaardighede en lieflike omgewing.
Jerry B. - 20th September 2016
staying in Vredenburg, Western Cape
Baie naby aan al die plekke wat ons graag wou sien, nie so duur soos omliggende dorpe se verblyf nie.
Lukas M. - 20th September 2016
staying in Hout Bay, Western Cape
Sal beslis weer teruggaan.
Wanda P. - 20th September 2016
staying in Strand, Western Cape
Beste plek ooit!
Willem P. - 20th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Verleggings tans 'n kopseer .
Jacques D. - 20th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
As hulle paaie reg is, sal dit beter gaan.
Ursula S. - 19th September 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Yzerfontein is pragtig geleë met die mooiste strande en see. Die wilde diere soos volstruise, klein bokkies en skilpaaie loop rustig in die woonbuurt rond. Die plek is netjies en het beslis 'n indruk op ons gemaak.
Ursula S. - 19th September 2016
staying in Clanwilliam, Western Cape
Clanwilliam is 'n pragtige plek met interessante besienswaardighede - die dam was pragtig om te sien met redelike hoeveelheid water in en die blomme natuurlik 'n bonus.
Andre K. - 19th September 2016
staying in Sea Point, Western Cape
Prettig om op 'n bankie te sit en al die aktiwiteite en honde op die gras by die promenade te aanskou.
Sonja C. - 19th September 2016
staying in Hermanus, Western Cape
Dit voel soos in Europa iewers, skoon en stunning.
Dirk K. - 19th September 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Dit is vir my 'n lekker sentrale plek vanwaar mens 'n groot omgewing maklik kan besigtig.
Retha M. - 19th September 2016
staying in Vanrhynsdorp, Western Cape
Pragtige en skoon dorp.
Retha M. - 19th September 2016
staying in Paternoster, Western Cape
Dit is 'n pragtige Weskusdorpie, sal seker altyd wees. Dit raak net amper te besig daar, maar dit bly 'n pragtige dorp en die omgewing is beeldskoon.
Caroline K. - 19th September 2016
staying in Darling, Western Cape
Die skattejag is 'n moet as mens in Darling is! Ons het dit so geniet!
Elizabeth B. - 19th September 2016
staying in Calypso Beach, Western Cape
Pragtig!
Tilla S. - 19th September 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Yzerfontein was nog altyd my droom maar wow, dit het so uitgebrei en daar was slegs 1 restaurant waar ons die aand kon eet.
Louise K. - 19th September 2016
staying in Plettenberg Bay, Western Cape
Die dorp self het nie veel om te bied nie. Al die omliggende aktiwiteite is ongelooflik. Ons het Jukani, Birds of Eden en 'n game drive by die Plettenberg Game Reserve gedoen. Alles ongelooflike ervarings gewees.
Louise K. - 19th September 2016
staying in Agulhas, Western Cape
Agulhas is pragtig. Die mense by die ligtoring was super ingelig en hulpvaardig. Ons het ook uitgery na Elim, Bredarsdorp, Waenhuiskrans en Napier. Elkeen van hierdie dorpies is uniek en verseker die moeite werd om te besoek. Ek dink 2 volle dae is genoeg om alles te verken.
Pieter V. - 18th September 2016
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Hier sou ek graag langer wou bly. Lambertsbaai verlaag beslis jou stresvlakke, haha!
Pieter V. - 18th September 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Die Karoo Nasionale Park maak dit beslis 'n toeristebestemming.
Pine P. - 18th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Depending on month of year. Can be rather windy at times.
Chris V. - 18th September 2016
staying in Sedgefield, Western Cape
Alhoewel dit 'n fantastiese plekkie is, kort hulle definitief 'n slaghuis.
Jan D. - 18th September 2016
staying in Bloubergstrand, Western Cape
Puik vakansieplek.
Aneeb M. - 18th September 2016
staying in Camps Bay, Western Cape
Lovely area depending on weather. Not a place for the average man though.
Wilna V. - 17th September 2016
staying in Constantia Valley, Western Cape
Nee
Allan S. - 17th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Altyd 'n wenner met Weskuspark op die drumpel.
Irene S. - 17th September 2016
staying in Durbanville, Western Cape
Dis groot en naby aan alle geriewe en die see.
Karin R. - 17th September 2016
staying in Vermont, Western Cape
Die area is lekker sentraal en naby aan Hermanus en al die wynplase in die omgewing.
Verona V. - 17th September 2016
staying in Clanwilliam, Western Cape
Mooi skoon dorp.
Chris K. - 17th September 2016
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Must be a beautiful town to live in permenantly.
Attie B. - 17th September 2016
staying in Ladismith, Western Cape
Besoek Klein Karoo Kombuis vir 'n baie lekker middagete en uitstekende diens.
Elke R. - 17th September 2016
staying in Knysna, Western Cape
Baie vriendelik mense óral!
Madelaine R. - 16th September 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Net die regte plek om te ontspan en rustig te verkeer.
Cathleen H. - 16th September 2016
staying in Green Point, Western Cape
Vir ons wat graag stap, was alles bereikbaar en ook om te gaan stap naby die see. Veilig gevoel.
Martie V. - 16th September 2016
staying in Century City, Western Cape
Kompleks is baie mooi en veilig.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com