Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Heather W. - 16th September 2016
staying in Paternoster, Western Cape
Dit is 'n besondere mooi vissersdorpie en die huisie is opreg iets besonders. Die strate en omgewing is skoon en netjies. Die mooi stilte en rustigheid wat ek verwag het was ongelukkig baie teleurstellend as gevolg van die jongmense wat dronk op ons "voorstoep" baie raserig was.
Leanda W. - 16th September 2016
staying in Hartenbos, Western Cape
Lieflike plek vir vakansie.
Amanda P. - 16th September 2016
staying in Hermanus, Western Cape
Ons het Hermanus besoek om Walvisse te sien. Die jaar (2016) was minder walvisse as gewoonlik, maar ons was mal oor die klein restaurantjies en die uitkykpunte oor die see.
Anika D. - 16th September 2016
staying in Herold's Bay, Western Cape
Pragtig!
Hannes S. - 16th September 2016
staying in Bloubergstrand, Western Cape
Altyd vir ons groot vreugde om die mooiste Kaap te geniet.
Neil M. - 16th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
I visited a few restaurants and the reception was wonderful. The one with the doggy bar stood out.
Beverley A. - 16th September 2016
staying in De Hoop Nature Reserve, Western Cape
Gravel roads in poor shape. Limited area to travel around. The Potberg end is better.
Inge M. - 16th September 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Stunning!
Ria V. - 16th September 2016
staying in George, Western Cape
Mense baie vriendelik en baie skoon dorp.
Jeanette V. - 16th September 2016
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Lambertsbaai 'n geskiedkundige juweel. Met behulp van die pamflette wat Theunette gereed het vir gaste kan jy waarlik teruggevoer word na die makliker tye. Daar is 'n museum met artikels van donkiejare terug en die mense in die gemeenskap is so vriendelik. Ons het oral gestap waar ons wil wees. En met al die lekker eetplekke het jy waarlik die loop nodig. As jy meer in natuur wil wees kan jy 'n rustige stappie op die hawe neem na Bird Island en voor die son sak kan jy uitkyk op duisende voëls wat oor die see sweef. Die kuier werd.
Catherine J. - 16th September 2016
staying in Swellendam, Western Cape
Pragtige plek en die Bontebok Nasionale Park is beslis 'n besoek werd.
Yvette M. - 16th September 2016
staying in Riebeek-Kasteel, Western Cape
Pragtigste dorpie ooit! Sal enige tyd weer besoek.
Anne M. - 16th September 2016
staying in Strand, Western Cape
Besoek gerus die Somerset Mall. Die diens is vriendelik die mall netjies, skoon en veilig met a gholfkarretjie vir vervoer indien nodig en baie lekker eetplekke.
Gerald M. - 16th September 2016
staying in Kleinmond, Western Cape
Dis 'n wonderlike plek vir toeriste.
Sanet E. - 16th September 2016
staying in Riebeek West , Western Cape
Pragtige, unieke dorp.
Christine T. - 15th September 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Wildernis is 'n lieflike, rustige omgewing met pragtige loop- en swemstrande. Die eetplekke in die dorp is van hoogstaande gehalte en waarde vir geld.
Jeannette K. - 15th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Die nabyheid van die Weskuspark addisionele ingang was die een rede hoekom ek Langebaan gekies het, maar tydens ons kort verblyf was die restaurante ook voortreflik.
Hugo L. - 15th September 2016
staying in Ashton, Western Cape
Daar is baie te doen rondom Ashton, want Robertson en Montague is ook sommer naby. Selfs Swellendam is net om die draai.
Erika D. - 15th September 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
'n Plek om lekker te rus en ontspan met genoeg dinge om te doen. Kies jou seisoen versigtig. Daar is 'n outydse fliek genaamd "Showroom" in art deco-styl.
Zelda R. - 15th September 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Baie lekker dorp, behalwe dat ons by Black Swan restaurant wou eet en die dame wat na ons toe gekom het was vreeslik onbeskof en het vir ons gesê hul is vol binne, maar ons kan buite sit. Toe ek vir haar sê die wind waai en dis koud, sê sy vir ons om in die rokerskroeg te sit en draai om en loop weg. Ek is deel van die Auto Mobile Association en besit 'n werkswinkel van hul en gaan dit met hul opneem, asook 'n brief in Oudtshoorn se koerant skryf om toeriste te waarsku om weg te bly van die Black Swan. Maar ons het nog steeds 'n wonderlike naweek gehad.
Christine H. - 15th September 2016
staying in Port Owen, Western Cape
Baie mooi plek. Baie sentraal om van daar af na plekke in die omgewing te gaan.
Frank W. - 15th September 2016
staying in Laingsburg, Western Cape
Ons het op 'n Sondagmiddag ingeklok en die Vloedmuseum en ander plekke was gesluit.
Rianne P. - 15th September 2016
staying in Paternoster, Western Cape
Pragtig!
Ronel G. - 15th September 2016
staying in Stellenbosch Central, Western Cape
Nee, wens net Johannesburg kan bietjie raad kry by Stellenbosch. Ek was stom geslaan oor dat die verkeer stop vir voetgangers - so lekker en ook baie mooi skoon!
Monique O. - 15th September 2016
staying in Blanco, Western Cape
Baie sentraal geleë. Die omgewing is pragtig, netjies en paaie in baie goeie toestand.
Ronell M. - 15th September 2016
staying in Cederberg, Western Cape
Die pas en die omgewing is asemrowend, sou baie graag wil terugkom om dit te verken. Sal net meer navorsing doen oor verblyf. Daar is geen restaurante oop op Clanwilliam op 'n Sondagmiddag nie. As ons voor die tyd geweet het, kon ons voorsiening gemaak het.
Johan V. - 15th September 2016
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Die dorp kan doen met 'n goeie skoonmaak.
Christo D. - 15th September 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Perfekte plek om gaste veilig te laat voel.
Anton F. - 15th September 2016
staying in Victoria Bay, Western Cape
Beslis die moeite werd.
Lavona D. - 15th September 2016
staying in Kleinmond, Western Cape
Perfect holiday destination and we come back every time.
Liezel G. - 15th September 2016
staying in Hermanus, Western Cape
Definitief 'n dorp om te besoek!
Ronell M. - 15th September 2016
staying in Paternoster, Western Cape
Tietiesbaai se blomme was ongelooflik!
Alan F. - 15th September 2016
staying in Doringbaai, Western Cape
There's not much to do there, but if you want some peace and quiet to relax in, well worth a visit.
Trudi T. - 15th September 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Behou die 'weskus' gevoel!
Shaneen B. - 15th September 2016
staying in Gouritzmond, Western Cape
Dit is die perfekte plek om jou foon af te skakel en die natuurskoon te geniet. Van wandelroetes, vis vang en skulpies optel. Die inwoners is vriendelik en behulpsaam.
Pauline D. - 15th September 2016
staying in Barrydale, Western Cape
Barrydale is 'n pragtige klein dorpie. Die omgewing is net so mooi.
Maria A. - 15th September 2016
staying in Strand, Western Cape
It's a very nice place to spend your holiday.
Lize R. - 15th September 2016
staying in Tergniet, Western Cape
Lieflike plek waar jy rustig kan ontspan en die see kan geniet.
Vonne V. - 15th September 2016
staying in Mossel Bay Golf Estate, Western Cape
Would request golf games for guests staying at the golf course.
Ken C. - 15th September 2016
staying in Muldersvlei, Western Cape
Very convenient for a wine route visit incorporating Paarl and Stellenbosch.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com