Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Fagmie R. - 6th April 2016
staying in Strand, Western Cape
Dit was baie rustig en veilig.
Andre V. - 5th April 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Lekker mid-weg stop.
Liezl E. - 5th April 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Beautiful in Beaufort-Wes!
Renee M. - 5th April 2016
staying in Paarl, Western Cape
Beautiful area surrounded by grand mountains.
Isa R. - 5th April 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Dit is 'n baie lekker plekkie met ongelooflike goeie gees onder die mense. Dit was 'n heerlike ervaring om die plek te besoek en almal was baie vriendelik. Die strand was pragtig skoon en dit was vir ons en ons kinders 'n ongelooflike lekker tyd wat ons met mekaar kon deel.
Isa R. - 5th April 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Dit is 'n netjiese omgewing en die bewaring daarvan word baie benadruk - dit is baie belangrik. Sandbaai is 'n kosbare plek en iemand wat lief is vir die see en seelewe sal lekker hier vakansie hou. Neem 'n verkyker saam. Stap baie en geniet die natuurlewe in die see maar sowel langs die see. Gebruik die rustigheid van die plek en neem jou tyd met die ontdek van al die andersheid as wat 'n besige stad jou kan bied. Bly uit die winkels en sien die pragtige natuurskoon so ongerep raak.
Nicolena V. - 5th April 2016
staying in Paarl, Western Cape
Sentraal geleë in die wynroete en baie om te sien en te doen. Heerlik geëet by die Taalmonument en De Kelder.
Carlize K. - 5th April 2016
staying in De Rust, Western Cape
Interessante dorpie met karakter net buite Meiringskloof.
Edwin D. - 5th April 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Puik ligging en dienste.
Johannes V. - 5th April 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Verkeersbeamptes was hulpvaardig om 'n vreemdeling by sy regte bestemming te bring tydens KKNK. Die besoek aan Oudtshoorn was 'n aangename ervaring.
Libby N. - 5th April 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Pragtige dorp, wat reeds baie uitgebrei het na ons laas daar was. Vriendelike mense en skoon strandgebied, lagoon. Pragtige vlooimark! Langebaan rock! Ek raai enigeen aan om daar te gaan afpak.
Lynette V. - 5th April 2016
staying in Van Riebeeckstrand, Western Cape
Heerlik toeganklik en stapafstand van Melkbosstrand en uitstekende restaurante.
Fiona S. - 5th April 2016
staying in Suurbraak, Western Cape
Baie stil dorpie. Ideaal vir die wat wil wegkom van als en almal.
Johann M. - 5th April 2016
staying in Tulbagh, Western Cape
Voorwaar 'n toeriste-paradys!
Anita F. - 5th April 2016
staying in Jacobs Bay, Western Cape
Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige dorpie. Daar is net nie 'n strand vir die kinders nie en ons moes Langebaan toe ry om op 'n strand te kan speel en baljaar. Sou ook baie lekker gewees het indien daar dalk 'n diens was waar 'n mens fietse kon huur om die dorpie mee plat te ry. Sal Jacobsbaai defnitief weer besoek!
Beverley V. - 5th April 2016
staying in Hartenbos, Western Cape
Gaan nerens vogende jaar behalwe Hartenbos, die dorp en mense het in ons harte gekruip.
Leonie S. - 5th April 2016
staying in Knysna, Western Cape
Pragtige, skoon dorpie met mooi besienswaardighede.
Erma S. - 5th April 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig.
Leonie S. - 5th April 2016
staying in Hartenbos, Western Cape
Hartenbos is 'n pragtige dorpie, sal weer besoek.
Jacobus B. - 5th April 2016
staying in Montagu, Western Cape
Net baie, baie mooi.
Natasha V. - 5th April 2016
staying in Paternoster, Western Cape
Pragtige plek.
Corne B. - 5th April 2016
staying in Kleinmond, Western Cape
Absoluut sjarmant.
Paul C. - 4th April 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
Beautiful little town.
Pieter V. - 4th April 2016
staying in Robertson, Western Cape
Verras oor die snel ontwikkeling van Robertson!
Pierre R. - 4th April 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Lekker!
Joshua J. - 4th April 2016
staying in Kleinbaai, Western Cape
Kleinbaai is wat hy sê. 'n Klein baai. Baie rustig en stil. Vriendelike mense. As jy wil inkopies doen is Gansbaai net om die draai.
Eric & Alicetine M. - 4th April 2016
staying in Klaarstroom, Western Cape
Klaarstroom is behoorlik 'n "one horse town", maar voorwaar 'n besoek werd.
Ella N. - 4th April 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Dankie vir die plattelandse gasvryheid!
Liaan J. - 4th April 2016
staying in Myoli Beach, Western Cape
As jy soek na 'n lekker plek om te gaan "chill", van die wêreld te vergeet en net te wees, dan is Myoli die plek vir jou.
Doret F. - 4th April 2016
staying in Bellville, Western Cape
Baie skoon en netjiese dorp met alles wat jy nodig het.
Willie R. - 4th April 2016
staying in Hartenbos, Western Cape
Hartenbos is skoon en netjies, selfs met paasnaweek se toeloop van vakansiegangers.
Juanita M. - 4th April 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Baie om te doen.
Herman D. - 4th April 2016
staying in Somerset West, Western Cape
Somerset-Wes is fantasties en baie puik geleë vir enige een wat die Kaap wil verken.
Marlene H. - 4th April 2016
staying in West Beach, Western Cape
Mooi, vriendelike en skoon dorpie. Maak mens sommer trots Suid-Afrikaans!
Manie V. - 4th April 2016
staying in Sedgefield, Western Cape
Sedgefield self het nie 'n tipiese vakansie gevoel nie. Dit is 'n "slow town" wat nie gekenmerk word deur baie toeriste nie. Wil jy rus en ontspan is dit die ideale plek. Dit is ongeveer 200 km noord na Stormsriviermond en die hangbrug en 150 km suid na Mosselbaai. George en Oudtshoorn (Kangogrotte) is ook binne bereik.
Annette V. - 4th April 2016
staying in Barrydale, Western Cape
Daar is geen apteek in Barrydale nie.
Leendert T. - 4th April 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Mooi, mooi, mooi!
Prof. Alfred B. - 4th April 2016
staying in De Rust, Western Cape
Talle interessante sien, doen en eet-dinge!
Keith V. - 4th April 2016
staying in Melkbosstrand, Western Cape
Pragtige plekkie teen die see en heerlike stappies strand toe!
Marisa M. - 4th April 2016
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Vanaf Gordonsbaai is alle besienswaardighede wat ons wou besoek lekker naby gewees. Dit sluit nou in Tafelberg, Waterfront, Franschhoek, Paarl, Hermanus, Stellenbosch en Wellington. Beslis 'n aanbeveling as jy al die plekke wil besoek.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com