Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 59829 reviews.
"Meiringspoort is 'n belewenis, mooiste bergreeks in die wereld met 'n lieflike waterval. Die toiletgeriewe op hierdie roete is uitstekend, skoon en daar is ook braaigeriewe. Hierdie berge is so mooi."
"Ons het die Rooi Bus ("Hop on -Hop off") roetes baie geniet. Stad is baie netjies en skoon. Die sigbare polisiëring was baie gerusstellend."
"Dis 'n uitstekende plek vir toeriste en kuier al ry mens net deur die plek. Die uitsig is pragtig, baie droog, maar die natuur is 'n verwelkoming as jy lief is daarvoor."
"We visited the surrounding little businesses within the area and it's well located where you have the tranquillity of nature but can also take a 20 min drive to Saldanha where it's more city-like."
"Ons eerste besoek aan Kaapstad, skoon en netjies onderhou deur owerhede. Het ongelukkig net 4 dae tot ons beskikking gehad en kon dus net blitsbesoeke oral doen. Sal vir seker terugkeer. "
"'n Pragtige plekkie en die dorpie is mooi skoon en die mense baie vriendelik. Die Boekklub se ontbyt was great gewees en die diens uitstekend."
"Fantasties. Ons het baie rondgery en Jacobsbaai is baie sentraal geleë. En het alles wat mens nodig het. Ook lekker eetplekke en selfs musiekaande."