Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Lizette M. - 8th January 2016
staying in Gordon's Bay, Western Cape
Die plek is asemrowend met sy see- en berg-uitsigte. Sal dit enige tyd aanbeveel vir toeriste.
Tinus W. - 8th January 2016
staying in Kleinmond, Western Cape
Wat 'n puik juweel aan die Kaapse kus! Ek weet nie hoekom ek nog nooit daarheen gekom het met vakansie nie. Daar is allerhande interessante klein winkeltjeis en heerlike eetplekke in Kleinmond en die mense is baie vriendelik. Die strand en strandmeer by Palmiet strand karavaanpark-area is asemrowend mooi en dit het gevoel of ons die enigste mense op die strand is - geen mensgemaakte goed was sigbaar nie - alles net ongerep - die berge, strandmeer, see en voëls. Pragtig. Die pikkewynkolonie by Stoney Point in Bettysbaai is ook 'n moet sien. Kogelberg Natuurreservaat met sy pragtige proteas in die veld en wondermooie rotsformasies is ook baie mooi om te gaan besigtig. Die pad langs die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai is asemrowend mooi.
Johan P. - 8th January 2016
staying in Melkbosstrand, Western Cape
Klein dorpie met al die benodighede vir 'n vakansie. Wonderlike klein restuarante teen die see.
Jan E. - 8th January 2016
staying in Langebaan, Western Cape
Ek het my vakansie sowel as my verblyf baie geniet. Dit was my eerste besoek aan Langebaan, ons het dit terdeë geniet.
Tinus W. - 8th January 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Die Karoo Nasionale Park was pragtig en lekker vrek warm. Baie wild gesien, tot leeus. Mense op die dorp is vriendelik gewees. Van die ou geboue is pragtig, maar sommiges kort bietjie opknapping.
Ann G. - 8th January 2016
staying in Rawsonville, Western Cape
Go to Le Domaine nearby.
Heinrich B. - 8th January 2016
staying in Tulbagh, Western Cape
Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou.
Ben S. - 7th January 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Vriendelike mense. Ons moes die tandarts besoek vir 'n noodgeval en was verbaas oor die behulpsaamheid en opregte vriendelikheid van die hele personeel en die tandarts.
Stephan C. - 7th January 2016
staying in Welgemoed, Western Cape
Nice to experience back to basics hospitality.
Marius J. - 7th January 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Pragtige natuurskoon.
Marius J. - 7th January 2016
staying in Knysna, Western Cape
Mooier as mooi!
Frances O. - 7th January 2016
staying in Knysna, Western Cape
Knysna is 'n paradys op sy eie!
Johan K. - 7th January 2016
staying in Yzerfontein, Western Cape
Yzerfontein is baie oulik. Omgewing pragtig.
Johan K. - 7th January 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Het nie geweet van die ander oulike plekkies in die omgewing nie.
Coreen M. - 7th January 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
For people interested in the old feather palaces and stone houses it's the best.
Yvonne K. - 7th January 2016
staying in Stellenbosch, Western Cape
Fantasties!
Wilfried S. - 7th January 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
Prins Albert het veral die laaste 5 jaar werklik ontpop as 'n toeristebestemming. Die dorpie se geskiedenis het 'n ryk erfenis en daar is baie om te ervaar, bo en behalwe die rustigheid wat die aantrekking is. Die kleinerige gemeenskap doen baie moeite om die dorpie mooi te maak en die "TLC" is werklik verstommend.
Loulize M. - 7th January 2016
staying in Lamberts Bay, Western Cape
Was bietjie raserig op die strand op 1 Januarie, maar andersins baie lekker gekuier en Muisbosskerm altyd 'n wenner!
Mari P. - 7th January 2016
staying in Robberg, Western Cape
Exquisite natural environment - clean beaches, sea warm in December. I do recommend swimming with the Robberg seals - a special privilege.
John E. - 7th January 2016
staying in George, Western Cape
Pragtige dorp in skilderagtige omgewing.
Ilke C. - 7th January 2016
staying in Blanco, Western Cape
Blanco is lekker naby aan die lughawe en die Redberry farm, maar is effens ver as jy dorp toe wil gaan veral omdat die groot mall aan die ander kan van George is. Baie mooi area met groot bome en stil en rustig. Pragtige krismisrose groei al langs die pad langs huise se buite mure soos wat mens inry dorp toe.
Johan E. - 7th January 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Sandbaai is beslis die plek om vakansie te hou, talle swem strande naby en veilig om te gaan stap enige tyd van die dag.
Zydelia K. - 7th January 2016
staying in Stellenbosch Central, Western Cape
Die area is lekker omdat dit nabygeleë aan baie restaurante en aktiwiteite is. Oor die feesseisoen is die dorp baie stil.
Gustav V. - 7th January 2016
staying in Melkbosstrand, Western Cape
Dis 'n baie mooi plekkie sal beslis weer soontoe gaan maar nie in Desember nie.
Zaan D. - 7th January 2016
staying in Pringle Bay, Western Cape
Pragtig.
Dwayne L. - 7th January 2016
staying in Britannia Bay, Western Cape
Pragtig. Die plek sal my verseker weer sien. Wind waai soms erg, maar dis alles die moeite werd!
Melissa P. - 7th January 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Baie warm.
Surina A. - 7th January 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Lekker rustig en naby genoeg aan Kaapstad as jy lus is vir 'n dag se vermaak.
Dineo T. - 7th January 2016
staying in Durbanville, Western Cape
Durbanville is a beautiful area and is ideal if you won't be doing a lot of travelling. It wasn't an ideal location for me as a youngster as I wanted to travel to the city and areas such as Long Street and Rondebosch and found Durbanville to be a bit far removed.
Dominique M. - 7th January 2016
staying in McGregor, Western Cape
McGregor is PRAGTIG mooi en ek sal weer soontoe gaan.
Jd B. - 7th January 2016
staying in Tulbagh, Western Cape
Dis so 'n lekker rustige dorpie, klomp nice mense, en regtig lekker wyn om te proe.
Albert V. - 7th January 2016
staying in Montagu, Western Cape
Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik.
Albert V. - 7th January 2016
staying in Victoria Bay, Western Cape
Victoriabaai is baie mooi. Ek sal weer daar wil aandoen.
Johan S. - 7th January 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Kan veilig voel in die omgewing en selfs in besige tye is daar baie spasie. Kan moontlik wees dat daar baie min sand areas en plek vir swem is. Ligging is baie goed en kan maklik beweeg na swemstrande. Kan self sover as Kaapstad besoek sonder dat dit te ver is.
Sulette B. - 7th January 2016
staying in Little Brak, Western Cape
Wat lekker is van die stramd by Klein Brak is dat jy tot teen die strand kan ry om te parkeer en dat jy nie eers trappe hoef af te klim met al jou goed nie. Dis op dieselfde hoogte en nie ver nie.
Chris W. - 7th January 2016
staying in Oudtshoorn, Western Cape
Oudtshoorn was great and we enjoyed the caves.
Sampie V. - 7th January 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Pragtig.
Melissa J. - 7th January 2016
staying in Fresnaye, Western Cape
Sou graag nader aan die see wou wees maar dit is 'n lekker area om in te bly.
Bets V. - 6th January 2016
staying in Pinelands, Western Cape
Uitstekend.
Geraldine V. - 6th January 2016
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Vir die eerste ervaring in Saldanha was dit vir ons 'n belewenis. Sentraal geleë en binne redelike bereikbare afstand en kan al die omliggende klein plekkies maklik besoek.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com