Verified Reviews of Western Cape

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Western Cape

Rated 4.56 out of 5 based on 30787 reviews.
Cecilia V. - 6th January 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Groter as wat mens dink. Eetplekke net 'n probleem, asook parkering.
Nardus B. - 6th January 2016
staying in Wilderness, Western Cape
Wildernis het iets van alles! See, woud, avontuur, geskiedenis, lekker restaurante, mense van alle paadjies van die lewe!
Roewald M. - 6th January 2016
staying in Stellenbosch, Western Cape
Sal eendag daar gaan bly! Is maar net 'n juweel so altyd.
Manus M. - 6th January 2016
staying in McGregor, Western Cape
Ons gaan elke Desember om die oujaarsaand "Dinner and Dans" by Temenos te vier, en om 'n vroegoggend stap in die vars lug te geniet. Baie netjiese dorpie.
Corrie O. - 6th January 2016
staying in Mossel Bay Central, Western Cape
DIE SKOONSTE PLEK EN DIE VRIENDELIKSTE MENSE. DIT IS NET 'N ANDER WERELD AS JY VAN DIE VRYSTAAT AF KOM. ALLES WERK EN IS IN PLEK , MOSSELBAAI OMGEWING DIE BESTE VAKANSIEPLEK, KAN NIE MEER NOORDKUS TOE GAAN NIE. BAIE SENTRAAL VAN BAIE ANDER PLEKKE IN 'N RADUIS VAN 100 KM. MOSSELBAAI UITSTEKEND.
Charlene B. - 6th January 2016
staying in Great Brak River, Western Cape
Pragtige plek, sal weer soontoe gaan.
Ivan L. - 6th January 2016
staying in George, Western Cape
It's delightful and we will always consider it in the future as a destination.
Nico M. - 6th January 2016
staying in Agulhas, Western Cape
Absoluut pragtig. Maak net seker om ook 'n draai te maak op een van die strande in Struisbaai.
Renier E. - 6th January 2016
staying in McGregor, Western Cape
Pragtige dorp met vriendelike mense!
Elize V. - 6th January 2016
staying in Breede River Valley, Western Cape
Beslis een van die mooiste dele in ons land!
Arnold C. - 6th January 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza.
Elize V. - 6th January 2016
staying in De Rust, Western Cape
Pragtige dorpie, wonderlike en vriendelike mense. Ouwereldse gasvryheid soos mens min deesdae nog sien. Sal beslis weer en weer terugkeer.
Louise M. - 6th January 2016
staying in Murraysburg, Western Cape
Daar is geen probleem met Murraysburg, maar ons het dit terwille van familie besoek.
Adri D. - 6th January 2016
staying in Mossel Bay, Western Cape
Gripping and interesting history, great Blue Flag beaches, clean, well-managed municipality. Lots and lots of little shops to explore, several with good coffee and a wide range of restaurants offering different types of cuisine.
Annatjie M. - 6th January 2016
staying in Sandbaai , Western Cape
Baie oulik!
Rian S. - 6th January 2016
staying in Saldanha Bay Local Municipality, Western Cape
Dit was vir ons 'n belewenis. Slipway se ontbyt, vars vis te koop by Sea Harvest. Baie lekker.
Donné V. - 6th January 2016
staying in Milnerton, Western Cape
Baie goed (sentraal) geleë. My man doen baie besigheid in die Kaap en sal definitief weer in Milnerton wil bly.
Gideon B. - 6th January 2016
staying in Klein Karoo, Western Cape
Ons hou baie van die Klein Karoo, net nie gedink Riversdal area val in die Klein Karoo nie. Lekker plek :-)
Peet K. - 6th January 2016
staying in Montagu, Western Cape
Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie.
Velria O. - 6th January 2016
staying in Wilderness, Western Cape
My eerste kuiertjie in die Garden Route, en Wildernis was beslis my hoogtepunt. Dis absoluut perfek, oorweeg dit selfs om te verhuis.
Michael R. - 6th January 2016
staying in Lamberts Bay, Western Cape
'n Lekker kusdorpie met goeie weer.
Paul S. - 6th January 2016
staying in Agulhas, Western Cape
Almal behoort een keer in 'n leeftyd die hoogtepunt te besoek.
Frith W. - 6th January 2016
staying in Hermanus, Western Cape
Hermanus is a divine little town and we have fallen in love with the Western Cape!
Maryna P. - 6th January 2016
staying in Montagu, Western Cape
Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!
Elna V. - 6th January 2016
staying in Strand, Western Cape
Die Strand het hierdie jaar onveilig gevoel met te min sigbare polisie. Dus het ons die meeste van ons dae in Hermanus of Bloubergstrand deurgebring.
Debbie V. - 6th January 2016
staying in Strand, Western Cape
We love Strand as a holiday destination. Well situated. Close to Cape Town. Neat and clean.
Maryna P. - 6th January 2016
staying in Cape Winelands, Western Cape
Ons het bloutjies geloop by Mo and Rose en Fraaiuitzig. By Fraaiuitzig het ons 'n koel ontvangs gekry toe ons op 'n baie warm dag drankies wou nuttig. Lieflike koel stoep, maar slegs vir inwonende gaste. Ons wou middagete geniet, maar kon nie by een van die twee regkom nie, alhoewel dit op die brosjures aandui dat daar restaurante is.
Ronel L. - 6th January 2016
staying in Hartenbos, Western Cape
Dis 'n mooi skoon plek, sal altyd daar vakansie hou.
Pieter S. - 6th January 2016
staying in Vanrhynsdorp, Western Cape
Vanrhynsdorp is 'n pragtige dorp met baie karrakter.
Rika C. - 6th January 2016
staying in Beaufort West, Western Cape
Heerlike ete met flinke diens by "4 Sheep". Regtig 'n pragtige eetplekkie en aanwins vir Beufort Wes. Pragtige oujaars-sonsondergang.
Charlee S. - 6th January 2016
staying in Hermanus, Western Cape
Hermanus is 'n juweel van 'n plek. Daar is soveel strande en swemplekke om te ontdek. Heerlik om fiets te ry. Baie staproetes. Wynproe, heerlike eetplekke. Ons love Hermanus!
Christine E. - 6th January 2016
staying in Glentana, Western Cape
Glentana is 'n bietjie rustiger as Mosselbaai, net waarna ons gesoek het, maar nogsteeds so naby sou jy 'n dag van wemel wou geniet. Pragtige strand en vol vriendelike mense.
Hercule D. - 6th January 2016
staying in Velddrif, Western Cape
Netjies,skoon, 'n baie onbekende bestemming wat rustigheid en baie gasvyheid bied!
Colin W. - 6th January 2016
staying in Prince Albert, Western Cape
A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome.
Salome V. - 6th January 2016
staying in Montagu, Western Cape
Pragtige dorp. Bo aan my lys van gunstelinge!
Ann S. - 6th January 2016
staying in Brackenfell, Western Cape
Dis baie stil en rustig, so as jy 'n rustige tyd soek is dit die regte plek om te gaan wegkruip.
Annette T. - 6th January 2016
staying in Dana Bay, Western Cape
Sprokiesmooi en sal definitief teruggaan.
Bets P. - 6th January 2016
staying in Bellville, Western Cape
Bellville self is 'n mooi plek.
Manie G. - 6th January 2016
staying in Strand, Western Cape
Die Strand se strand is mooi en groot maar op openbare vakansiedae net te besig met swak dissipline van die besoekers wat dit ontoeganklik maak vir vakansiegangers in woonstelle.
Carin I. - 6th January 2016
staying in Montagu, Western Cape
Baie oulike dorp.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com