Verified Reviews
Williston
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Williston
Rated 4.1 out of 5 based on 150 reviews.
"We had a meal at Manna Restaurant - excellent meal and friendly service. Value for money."
"Trotse, skoon, netjies en interessante karoodorpie. Ons het teen die koppie om uit te klim en na die mooiste sonondergange te kyk. Baie lekker geëet by Manna restaurant. "
"Buiten Williston Mall is daar nie veel te sien of doen in die dorp nie en langer as twee dae se verblyf mag dalk langdradig begin voel. Dit is wel die perfekte plek as jy vir 'n paar dae wil verdwyn."
"As toeristebestemming is daar nie veel nie, maar as 'n tussenstop tussen Gauteng en die Weskus is dit ideaal. Die plek Karusaf op die dorp verkoop die lekkerste skaapvleis wat ek al ooit geëet het."
"Besoek gerus die Manna Restaurant. Fantastiese Karoo-kos geniet. Was totaal verstom om 'n so 'n gehalte restaurant in die middel van die Karoo te ontdek."
"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."
"Pragtige klein Karoo dorp. Lekker aandete geniet by Manna op die dorp, enige tyd sal ek die restaurant aanbeveel! Die dorp het dan nog grond paaie!! "
"Aangenaam verras deur die uitstekende kos en diens by die Manna Restaurant. "
"Ons het die gevoel gehad dat die dorpje nie mooi wakker is nie. Hulle kan baie meer maak van bv. die AfrikaBurn-gangers (soos wat ons was), wat daar oornag op pad na die Tankwa. Dit is 'n strategiese oorslaap vir AfrikaBurn. Dit behoort ook so geadverteer te word. Ons het by Manna Restaurant geëet, deur die eienaar aanbeveel. Dit was wel goed, maar ons was die enigste mense daar. Miskien word Manna ook nie so goed adverteer nie? Die hele Williston ondervinding kry nie meer as 6 uit 10 nie. Ek is eghter oortuig die potensiaal is daar vir 'n 8! "
"Die Williston Mall is 'n belewenis! Die dorpie is netjies, rustig, atmosferies en veilig. Dit lyk nogal, as mens vergelyk met 'n paar jaar gelede, asof Williston 'n nuwe trots ontwikkel. Daar is nuwe gastehuise wat uitstekende akkommodasie bied."
"Met behulp van die gasvrou, het sy ons gou gewys waar alles op die dorp is, watter dienste en besighede mense van hul huise af bedryf en die dorp het gou amper dieselfde geriewe as 'n groot dorp of stad gehad, behalwe dat dit rustig en stresvry ook was. Die Williston-mall was baie uniek en hulle restaurant is 'n plek waar mens ure kon sit. Daar is 'n slagpale wat vars en heerlike karoo-lam verkoop in alle vorme, klerewinkels, inkopiewinkels, 'n garage, motorherstelwinkel en nog restaurante met muurproppe en WiFi opvangs om ure by the sit. "
"Die Williston Mall was iets unieks om te sien en beleef! Nie vir veel meer as dit tyd gehad nie."