118 on Raats
Review Summary
Piet V - Nov 2020
Overall score
Baie lekker! Mooi fasiliteite, gerieflik, netjies en vriendelike gasvrou en gasheer, veilige parkering.
118 on Raats's response
Baie dankie.
Tom M - Nov 2020
Overall score
Eienaars vriendelik en behulpsaam.
Ursula S - Oct 2020
Overall score
It was a very nice and peaceful place and was very secure.
Charlotte G - Mar 2020
Overall score
Baie rustig.
Read moreSaskia K - Nov 2019
Overall score
Uitstekend!
Petrus T - Jun 2019
Overall score
Accommodation was pleasant.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Verblyf was aangenaam.
Beide ek en my gesin is doodtevrede oor die verblyf en ontvang. Ons kon rustig slaap want ons motor was ook veilig.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
118 on Raats's response
Baie dankie vir die terugvoer, dit word waardeer.
Ryno V - Jun 2019
Overall score
Great place!
118 on Raats's response
Baie dankie, ons is bly jy het dit geniet.
Gregory D - Jun 2019
Overall score
Fantasties.
118 on Raats's response
Baie dankie, Greg. Ek is bly julle het dit geniet.
Richard H - Apr 2019
Overall score
Baie aangenaam en gerieflik.
118 on Raats's response
Baie dankie.
Desiree J - Mar 2019
Overall score
Pragtig, skoon en netjies.
Brenda V - Mar 2019
Overall score
Had a very nice stay.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker gebly.
Plek was netjies en skoon. Eienaars is vriendelik en hulpvaardig. Ons sal beslis weer bespreek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Niklaas C - Mar 2019
Overall score
Veilig en rustige area.
Engela C - Feb 2019
Overall score
Netheid en ten volle toegerus.
118 on Raats's response
Baie dankie. Ons is bly julle het dit geniet.
Kirsten-anne J - Feb 2019
Overall score
Dit was 'n baie gemaklike plekkie! Alles wat nodig is! Sal vir seker weer daar bly!
118 on Raats's response
Baie dankie. Ons is bly julle het jul tydjie by ons geniet. Sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Groete,
Marie Pretorius
118 on Raats
Lindsey H - Feb 2019
Overall score
Tuin onnet en badkamer se stort lek.
118 on Raats's response
Goeiedag Lindsey,
Jammer om hiervan te hoor.
Dit is die eerste woord dat ons hoor jy het geval terwyl ons met jou gekommunikeer het terwyl jy daar gebly het en ook die oggend toe jy uitgeboek het. Daar is n mat in die badkamer op die vloer asook n uitsuig waaier. Daar is n lig wat jy kon aansit. Ek was Sondagmiddag in die kamer na my dame skoon gemaak het en die stort het nie gelek nie. As die venster in die kamer en kombuis nie genoeg lug vir jou gegee het nie, was daar 'n waaier in die kamer om aan te sit. Ek weet die tuin lyk nie soos dit moet nie, maar met die droogte in die Kaap mag ons ongelukkig nie die tuin natmaak nie en kan die gras nie groei soos dit moet nie.
Sonette H - Dec 2018
Overall score
Wonderful hosts and accommodation that we can definitely recommend!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlike gashere en blyplek wat ons beslis kan aanbeveel!
Van die intrapslag het ons welkom gevoel. Als is 100% netjies en skoon en dit was 'n welkome verrassing om nie net koffie, tee en suiker in die kombuis te kry nie, maar ook melk en gebottelde water. Heerlike kuierstoep vir vroegoggend koffie en mens vergeet dat jy in die dorp is, want die tuin area is rustig. Veilige parkering is 'n definitiewe pluspunt. Ons gaan beslis weer hier kom oorbly!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
118 on Raats's response
Baie dankie. Ek is bly julle het dit geniet. Julle is baie welkom om weer te kom kuier.
Tatenda J - Nov 2018
Overall score
The place is nice.
118 on Raats's response
Dear Tatenda,
Thank you for your feedback. Hope to see you soon again.
Regards,
Marie Pretorius
118 on Raats
Lilani K - Nov 2018
Overall score
Accommodation is neglected and there is no customer service.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Verblyf is verwaarloos en daar is geen kliëntediens nie.
Eienaars was nie op aankoms of meeste van verblyfperiode op die perseel nie. Op aankoms was die kamer glad nie skoon nie (alles vol stof en handdoeke was nie skoon nie). Daar was iemand se persoonlike eiendom in die laaie (die dame wat skoonmaak het eers geweier om van dit te verwyder sodat een van die laaie gebruik kon word). Daar was slegs een stoel in 'n kamer bespreek vir twee mense (moes vir nog ‘n stoel vra). Mikrogolfoond was gebreek, waarvan eienaars nie eers bewus was nie. Daar het gaste by die hoofhuis gekuier oor die naweek wat gemaak het dat die voertuig tydelik op straat moes staan (wanneer veilige parkering adverteer is) omdat die gaste al die parkering opgevat het. Daar is ‘n pappegaai op die stoep wat gaste al gedurende vroeg oggendure wakker raas.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
118 on Raats's response
Lilani het die bespreking namens haar ouers gemaak wat bitter min by die gastehuis was. Die rede hiervoor was dat hulle so veel as moontlik by hulle kinders wou kuier omdat die kinders lang ure werk.
Ek, my man en 2 volwasse kinders, asook my bestuurder, sien om na die gastehuis. Ons bly ook op die perseel. Die bestuurder is vanaf 08:00 tot 16:00 by by die gastehuis en onsself is beskikbaar in die aand en naweke. Nie een keer het die gaste dit uitgelig dat daar probleme is nie.
Ek het op die Sondag gevra of alles reg was waarna die dame vir my gesê het dat die mikrogolf stukkend is. Ek wou een uit die huis gee, maar hulle het gesê dit is nie nodig nie. Op Maandag het ek 'n splinternuwe een gaan koop en in die kamer gesit.
Ek het net een handdoek per persoon in die kamer weens die droogte en die waterbeperkings in Kaapstad. Toe die gaste vra vir nuwe handdoeke op die Sondag - 2 dae na hulle ingeboek het - het ek dit aan hulle verduidelik en onmiddellik skoon handdoeke gegee. Omdat hulle 10 dae gebly het, het my bediende die Woensdag hul kamer skoongemaak en ook nuwe linne en handdoeke gegee. Dis jammer dat daar nou op 'n publieke platform gemeld word dat die kamer vuil was.
Dit is reg dat daar net een stoel in die kamer is. Daar staan wel 10 stoele net buite die kamerdeur waar hulle gebly het. As hulle nog een benodig het, kon hulle daarvan gevat het of net vir my gevra het om een te verskaf.
Die gaste is werklik die eerste persone wat kla oor die pappegaai. Ander gaste kom staan en praat gewoonlik met die pappegaai. Weereens, as hulle die ongelukkigheid met die pappegaai onder my aandag gebring het, sou ons die pappegaai in die motorhuis gesit het.
Indien die gaste kom vra het vir die ander gas om sy motor te skuif, glo ek nie daar sou problerme gewees het nie.
Dis jammer dat 'n gebrek aan kommunikasie en die uitspreek van misnoë aanleiding gegee het tot ongerieflike verblyf.
Groete,
Marie Pretorius
118 on Raats
Pieter B - Jul 2018
Overall score
Rustige en veilige verblyf.
Read more118 on Raats's response
Baie dankie Pieter.
Anirban C - Apr 2018
Overall score
Very nice stay.
Read moreDiana F - Mar 2018
Overall score
Dit was mooi, prakties en presies wat ons nodig gehad het.
118 on Raats's response
Baie dankie, ek is bly julle het dit geniet.
Julle is baie welkom om weer vir ons te kom kuier.
Groete.
Marie Pretorius
118 on Raats
- Capacity: 8 people
-
Check-in: 14:00 to 21:00
Check-out: 10:00 - Address: 118 Raats Drive, Table View, Cape Town, 7441, Western Cape
- All ages welcome