C-nic Route Glentana
Review Summary
Elmarie S - Jan 2021
Overall score
Overall baie lekker gewees.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Elmarie,
C-nic Route adverteer ons eenhede vir slegs 2 gaste en jy kan gerus op ons foto's gaan kyk, daar is geen verskuilde agenda nie. Die kombuis word wel geadverteer as n kitchenette/klein kombuisie (soos deur LekkeSlaap vertaal). Gelukkig is hier n groot verskeidenheid ander akkommodasie om van te kies, ons hoop jul is volgende keer daar gelukkiger.
Ons kan egter nie n sitkamer binne in die eenheid skep nie en daarom is daar losstaande stoele en buite-meubels vir die 180 grade seesig wat jy vanaf jou eie balkon kan geniet. Die volle DSTv het ons ook gratis aan jul verskaf om dit net so gerieflik as moontlik te maak en ook geen breekskade-fooi van julle verhaal nie.
Mag jul egter n geseende en vreugde volle jaar ervaar.
See-groete
Saartjie S - Dec 2020
Overall score
Uitsig oor die see is fantasties.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Saartjie,
Baie dankie vir die heerlike skaapboud en tuisgemaakte appelkooskonfyt. Dit was uit die boonste rakke! Ons waardeer julle as gaste en ons hoop julle kom gou weer see toe. Mag 2021 geseend wees en mag jul paaie gelyk loop, Sy hand julle beskerm en jul alles wat mooi is elke dag ontvang.
See-groete.
Danie V - Jan 2020
Overall score
Uitstekende verblyf, skoon en netjies, uitstaande gasvryheid.
C-nic Route Glentana 's response
Danie,
C-nic Route waardeer gaste soos julle en volgende keer is een van die aande op die huis. Ons sal poog om dit vir julle nog geriefliker te maak. Mag jul n geseende 2021 beleef en al julle drome waar word.
See-groete
Julie V - Jan 2020
Overall score
Baie netjies. Fantastiese uitsig en baie veilig.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Julie,
Net om klarigheid te gee oor die swembad: C-nic Route het vooraf aan gaste laat weet dat ons onder streng waterbeperkings geplaas was. Sake buite ons beheer. So ook met die WiFi, dar was probleme met ons lyne, ook buite ons beheer. Ons het met die verskeie instansies gekommunikeer aangaande die probleme vir moontlike oplossings waar moontlik.
Gelukkig is daar n groot verskeidenheid van instansies om van te kies in die omgewing en ons hoop dat jul n volgende keer by een van hulle gelukkiger gaan wees as hier. Hopenlik word ons droogte weer genadiglik deur Sy Hand verlig en is ons dankbaar om te kan se dat die reen van Bo wel vir ons verligting gebring het.
Mag julle n geseende 2020 beleef. Hier ervaar ons Groot Genade van Bo en is dankbaar vir alles positief.
See-groete
C-nic Route
Marcel U - Jan 2020
Overall score
Vriendelike ontvangs, pragtige skoon geriewe.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Marcel,
Dit was die grootste voorreg om julle as gaste hier te ontvang. Ons gaan beslis poog om dit net nog beter te maak.
Mag 2020 geseend wees en elke dag propvol geluk, mag jul beker oorloop en jul dae vol vrede wees.
See-groete,
C-nic Route
Rialet S - Apr 2019
Overall score
Skoon, mooi en rustig.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Rialet,
Ons is regtig jammer om te hoor dat jy nie veilig genoeg gevoel het nie ten spyte van die 24uur sekuriteit-sisteem. Op die perseel is ook CCTV kameras en word ook deur middel van bordjies so aangedui. Intussen poog ons om te kyk waar ons nog kan verbeter en waardeer jou terugvoer. In die omgewing is daar gelukkig n verskeidenheid van ander verblyf-opsies en ons hoop met n volgende keer, voel jy veiliger.
Mag 2020 propvol mooi wees.
See-groete
C-nic Route
Charlene E - Mar 2019
Overall score
Pragtige plek. Skoon en netjies.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Charlene,
Hier bo teen die berg is dit die stylte wat teen n mens tel maar ek is seker die uitsig van 180 grade met brandersig, tel weer in gaste se guns. Gelukkig is hier n groot verskeidenheid van akkommodasie in hierdie omgewing om van te kies en ons hoop regtig dat jy volgende keer n plekkie kry wat beter gelee is.
Mag 2020 net alles wat mooi is vir jou inhou en jou jaar geseend sal wees.
See-groete
C-nic Route
Rene E - Jan 2019
Overall score
Pleasant.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Aangenaam.
‘n Baie mooi plek met lieflike see-uitsig. Eienaars gasvry en vriendelik.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Rene,
Baie dankie vir die terugvoer. Ons poog om almal hier bo teen die berg so gemaklik as moontlik te ontvang.Gelukkig het ons n mooi land propvol diversiteit.
Hoop 2020 is besaai met vreugde en geluk en dat julle voorspoed sal ervaar.
See-groete,
C-nic Route
Marietha D - Oct 2018
Overall score
Definitief waarde vir geld.
C-nic Route Glentana 's response
Goeie dag Marietha,
Baie dankie vir sulke aangename gaste soos julle. Dit was n groot voorreg om julle hier te ontvang.Ons hoop om jul gou weer te sien.
Ons hoop dat 2020 propvol seeninge en alles wat mooi is, sal wees.
See-groete
C-nic Route
Annelie B - Aug 2018
Overall score
Pragtige plek met mooi uitsig.
C-nic Route Glentana 's response
Dagse Annelie,
Baie dankie dat ons julle as gaste by C-nic Route kon ontvang. Ons gaan n grootse poging aanwend om dit nog aangenamer te maak.
Mag julle 2020 as net geseend ervaar met elke dag propvol van alles wat mooi en goed is.Ons sien uit daarna om julle weer te ontvang.
See-groete,
C-nic Route
- Capacity: 4 people
-
Check-in: 15:00 to 17:00
Check-out: 09:00 - Address: 4 Loerie Lane, Glentana Outeniqua, Mossel Bay, 6525, Western Cape
- All ages welcome