The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Cosy Corner | TravelGround
+8

Cosy Corner

Self Catering

Location

  • 2 Baviaanskloof Road, Hout Bay, Cape Town, 0786, Western Cape

Houtbaai het een van die mooiste en gewildste strande in die Kaapse Skiereiland en dit is 'n hoogtepunt van elke besoek aan Kaapstad. Natuurlik is die vis en skyfies in die hawe-gebied 'n groot aantrekkingskrag, maar daar is soveel meer om te geniet - 'n lang stap op die strand of op Chapmans Peak rylaan om die pragtige uitsig in te drink, bootritte in die baai, 'n rustige stap op die hawemuur, huur van 'n kayak om rond te roei of 'n diepsee visvang uitstappie vanuit die hawe - of baljaar in die branders.

Dan is daar ook oulike koffiewinkels, uitstekende restaurante, genoeg seekos, kunswinkeltjies en kroegies, en gedurende die naweek is die welbekende Hout Bay Market in die hawegebied ook oop. Ons het selfs ons eie bier-brouery !

Die bekende supermarkte, banke en apteke is ook hier, asook mooi klerewinkels sowel en twee gymnasiums.

Die middestad van Kaapstad en die Victoria en Alfred Waterfront is slegs 25 minute per motor van Houtbaai af en heerlik om te verken . Die My City Hop-on Hop-off bus vertrek van digby en mens kan die Waterfront, die Constantia Wynlande, die wereld beroemde Kaap Punt Reservaat, Tafelberg en Kirstenbosch Tuine alles per bus besoek. Dan is daar ook nog ander pragtige strande, 'n hanetree van Houtbaai af - Llundudno , Kampsbaai of Clifton strande is wêreld bekend.

Die eienaars, Charl en Erna van Tonder, is beide opgeleide toergidse en kan u verder adviseer, of u kan 'n privaattoer by hulle bespreek.

Fullscreen
was R680
From R476
per night (sleeps 2)
was R680
From R476
per night (sleeps 2)
Make a Booking
  • Capacity: 2 people
  • Check-in: 14:00 to 19:00
    Check-out: 10:00
  • Address: 2 Baviaanskloof Road, Hout Bay, Cape Town, 0786, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1bf14d173e6be6b64036c88ee6e2693848e334db5decc6e207c0c0f2c43f013e9abcadd70ff5ee27eb5ba2f9412e01cad703?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R680, now From R476  per night (sleeps 2) 2 Baviaanskloof Road Hout Bay 0786 Western Cape 0860 022 102 14:00-19:00 10:00 -34.043288135476 18.360090851784
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!