Dassenheuwel Farm Stay & Cottages
Review Summary
Elise V - Sep 2020
Overall score
Dit was die beste plek, eintlik baie beter as die gelyke in geldwaarde.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie vir die terugvoer Elise.
Ons is bly julle het die tyd hier by ons geniet.
(Ps. ons het mos daardie week oormatig baie reen gekry, en ons pad was bietjie verspoel, jammer daaroor. Ons sê mos nooit nee dankie vir goeie reen nie ;) Maar hy word nou weer geskraap, dan maklik begaanbaar)
Die rustigheid van die plaas is juis omdat ons 'n hele entjie van die teerpad is.. (6.5km)...
Ons sien uit om julle blommekykers weer hier te verwelkom.
Groetnis
Lida
Mariette D - Sep 2020
Overall score
Fantasties, rustig en pragtig.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Sarel en Familie. Ons is baie bly dat julle die naweek hier geniet het, al was dit baie koud en nat. Gelukkig is die Farm Stay cozy en kon julle julself besig hou met al die speletjies ens... Die belangrikste is dat julle lekker uitgerus het, en ons natuurskoon geniet het.
Kom kuier gerus weer!
Groete
Lida
Gerné M - Aug 2020
Overall score
Rustig.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie vir die positiewe terugvoer Gerné, ek is bly jy en jou gesin het die tyd hier by ons op die plaas geniet, en dat jy lekker uitgerus het in die stil plaasatmosfeer. Hoop om jou binnekort weer hier te sien,
Groete
Lida
Anina O - Mar 2020
Overall score
Rustige plaasatmosfeer met baie goed toegeruste fasiliteite, alles wat jy kan nodig kry is daar.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Anina
Ons is bly julle het julle kuiertjie hier by ons geniet, en lekker uitgerus, al het julle gewerk.
Ons hoop ons sien julle span gou weer.
Groetnis
Lida
Bronwyn L - Mar 2020
Overall score
Wonderful.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Thank you, Bronwyn for the positive feedback.
We aim to let our guests feel at home and have all the luxury and spoils of great accommodation.
Really hope to see you soon.
Kind regards
Lida
Corne V - Dec 2019
Overall score
Lieflike mense en 'n fantastiese plek.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie vir die goeie terugvoer, Corné. Ek is bly julle het julle kuier hier by ons geniet. Ons sien uit daarna om julle weer terug te verwelkom.
Groete
Lida en Kobus
Marina V - Oct 2019
Overall score
Incredibly nice.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflik lekker.
Ek gaan een keer per maand na 'n gasteplaas. Hierdie een is die eerste een wat ek weer en weer sal gaan. Dis die wonderlikste plek ooit. Die eienaars laat voel jou deel van hulle. Die plek is silwerskoon met als en baie meer toegerus. Nog nooit het ek enige plek teëgekom wat so smaakvol toegerus is nie. Als wat jy mag nodig kry - tot hoofpyn pille. Belis die moeite werd. Ek gaan weer daarheen - en nou hoef ek nie meer na die regte plek te soek nie. Ek het my naweekplek gekry.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Marina vir die wonderlike terugvoer.
Ons is baie bly jy het jou tydjie hier by ons geniet, en dat jy lekker gerus het op die plaas.
Ons verwelkom jou graag weer binnekort!
Lida
Connie H - Jul 2019
Overall score
Fantastiese plek vir 'n wegbreek, alles was 100%.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie vir die terugvoer Connie.
Die ideaal sou wees as julle in die Farm Stay kon bespreek, maar dit was reeds vol bespreek. En ook het julle op 'n naweek kom kuier wat dit omtrent stormweer was. In somermaande of gewone wintersaande is daardie braaiplek weer heerlik omdat jy kan uitkyk oor die hele werf.
Ek hoop tog julle kom kuier weer eendag vir ons, en dat julle dan bietjie die Farm Stay uit probeer met sy binnebraai of as dit mooiweer is, geniet almal die groot stoep by die kothuise met sy mooi uitsig of onder in die groot tuin by die Farm Stay.
Sien julle eendag weer.
Groete
Lida
Bruce M - May 2019
Overall score
Wonderful. Relaxing. Great walks and wonderful animals on the farm.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Good day Bruce,
Thank you for the nice review. It was great having your family on the farm. Hope to welcome you back soon.
Kind regards,
Lida
Johannes Petrus B - May 2019
Overall score
Sielsverreikend.
Read moreDassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Johan vir die positiewe terugvoer. Ons is bly dat jy jou verblyf hier by ons geniet het. En dat jy goeie nagrus kon kry in ons stil omgewing na elke dag se harde werk.
En hoop om jou binnekort weer hier te verwelkom.
Groetnis,
Lida
Arjan S - Mar 2019
Overall score
Lovely stay.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Thank you for your visit Arjan, and your review.
Lida
Henriette P - Jan 2019
Overall score
Magnificent, would love to go again!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was manjifiek, ons wil beslis weer gaan!
Ons het ons tydjie by Dassenheuwel terdeë geniet. Die huis is pragtig versier en toegerus met alles wat mens kan nodig kry. Ons is verwelkom met 'n tuisgebakte plaasbrood en konfyte, Lida en Kobus was so gasvry en Kobus het ons selfs genooi om saam hom 'n draai deur hulle pragtige plaas te ry. Ons was gelukkig om in die lente te gaan kuier en ons 5-jarige tweeling het hulle verkyk aan die pasgebore lammertjies. Die plaas is ook goed geleë om gemaklik uitstappies te doen na Riebeeck-Kasteel en al die omliggende Swartland wynplase en besienswaardighede. Ons kinders vra al reeds wanneer gaan ons weer plaas toe!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
So baie bly jul het lekker gekuier hier by ons. Sien julle binnekort weer.
Dankie vir die positiewe terugvoer, nou kan die ander ook sien hoe lekker dit hier is.
Groete
Lida
Nicola F - Dec 2018
Overall score
Heerlik rustig en alles was netjies en gemaklik.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Nicola,
Dankie vir jou terugvoer, ons is baie bly jy het jou verblyf hier by ons geniet.... Ons hoop om julle weer in die toekoms te sien, veral as dit winter/lamtyd is - vir die kinders se onthalwe.
Groetnis!
Lida
Sharlene S - Dec 2018
Overall score
Baie skoon, netjies en heerlike ontspanningsplek.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie Sharlene vir die terugvoer. Ons is bly jou kinders het dit ook geniet, en dat julle lekker uitgerus het voor die langpad terug.
Groetnis.
Lida
Sarel S - Dec 2018
Overall score
Pragtige omgewing en lekker rustig op die plaas.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Anneleen vir die terugvoer.
Ons is bly jy het jou kuiertjie in die Kaap hier by ons geniet, en hoop om jou weer te sien!
Groetnis,
Lida
Lynette V - Nov 2018
Overall score
Excellent recharge venue.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Beste Lynette,
Dankie vir die terugvoer, ons is bly julle het jul kuiertjie hier by ons geniet.
Hoop om julle weer eendag hier te ontvang..
Groete,
Lida
Anzelle L - Aug 2018
Overall score
If you are looking for a place to feed the soul, Dassenheuwel Farm Stay & Cottage is it!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
As jy na 'n plek soek wat die siel voed, is dit Dassenheuwel Farm Stay & Cottage.
Wil eerstens dankie sê aan Kobus en Lida vir julle gasvryheid. Ons het welkom gevoel van die begin af. Sover vir 1ste ontmoetings het julle 'n baie goeie indruk gemaak. Ons het in die donker daar aangekom en moet ek sê wat 'n ongelooflike uitsig was dit toe ons daai volgende dag opstaan en buite gaan! Julle het 'n ongelooflike mooi plaas. Alles is netjies en skoon. Daar is soveel lewe in die plek. Kan sien hoeveel tyd in die plek ingaan. Die Flower Cottage wat ek en my verloofde in gebly het was iets besonders. Alles wat jy nodig het is daar jy is niks kort nie. Die cottage is so mooi jy voel tuis van die begin af. Baie mooi en gepaste dekor. Dis moderne boeresjiek vir my gewees. Die plekkie is 'n juweel, jy wil dit amper nie eers deel met iemand nie, haha. Ons het die stilte geniet van die plaas, ons kon rus lekker vuurmaak en braai, opkyk na die sterre met 'n warm koppie koffie en tuisgebakte beskuit (uit en uit bederf met dit gewees). Daai is lewe op sy beste. Ons het so uitgerus gevoel na ons oorbly daar, al was dit net een aand. Kan net indink wat 'n paar aande se oorbly sal doen. Julle is pragtige mense en julle plaas straal dit vir seker uit. Weereens dankie, ons sien julle definiteif in die toekoms.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Anzelle,
Dankie dat jy jou ervaring met ons deel, en ons is baie bly dat jy jou kuiertjie op die plaas geniet het. Kom kuier nou net volgende keer bietjie langer.
Groete
Lida
Alichia N - Aug 2018
Overall score
Die mees gemaklikste en bes ingerigte selfsorg-eenhede ooit.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Alichia,
Ons is baie bly dat julle jul verblyf hier by ons op ons stukkie "Hemel-op-aarde" geniet het. Ons hoop om julle gou in die toekoms weer te ontvang en weer te spoil op die plaas.
Groete
Lida
Charlotte-louise E - Jun 2018
Overall score
Beautiful house, excellently equipped.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Pragtige huis wat uitstekend toegerus is.
Ons is bederf met varsgebakte brood, filterkoffie, warm duvets en sommer net alles wat mens nodig het vir ‘n wegbreeknaweek. Die huis is baie goed toegerus. Perfekte plek vir ‘n kleuter met ‘n avontuurlustige gees.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Beste Charlotte-Louise,
Baie dankie, ons is bly dat julle die kuiertjie hier by ons geniet het. Kom kuier asb. weer!
Groetnis,
Lida
Corne G - Apr 2018
Overall score
10 uit 10!
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie Corné,
Ons is so bly julle het julle kuier hier by ons geniet. En dankie dat julle dit vertel soos dit waarlik hier by ons is ons is bly dat julle lamtyd kon beleef.
Ons hoop julle en die kinders kom kuier sommer gou weer, sal julle as gaste graag weer hier ontvang!
Lida en Kobus.
Jaco V - Feb 2018
Overall score
Absolute stylvol, stil en rustig.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie vir die terugvoer... ons is bly julle het julle tydjie hier geniet.
Kom kuier gerus weer!
Groetnis
Lida
Anél R - Jan 2018
Overall score
So mooi en rustig!
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Goeiedag Anel
Baie dankie vir die terugvoer, en ons is baie bly jy en jou gesin het die kuiertjie, al was dit kort, hier by ons op die plaas geniet. Kom kuier graag weer, maar sorg dat julle bietjie langer kuier, dat julle dit net meer kan geniet. Probeer lamtyd in Maart, jou dogtertjie sal dit baie geniet, of in die winter wanneer dit lekker snoesig is, of natuurlik blomtyd, dan is alles by ons grasgroen en die canola staan vol in die blom.
Groetnis
Lida
Corlia D - Dec 2017
Overall score
Rustige plaaskuier met moderne geriewe.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie vir die terugvoering, Corlia. Ons is bly julle het dit hier by ons geniet.
Lida
Don U - Nov 2017
Overall score
Excellent rural accommodation in a relaxed environment and exceptionally friendly hosts.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Don,
I am glad you and your family enjoyed your stay with us. Please visit again.
Thank you
Lida
Hennie G - Jul 2017
Overall score
Nice and private and tranquil.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker privaat en rustig.
Dit was aangenaam om daar te oornag. Tussen die heuwels en op n plaas is mos die rustigheid vanself.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie vir die terugvoer Hennie. Ons is bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer.
Kobus en Lida
Robert D - May 2017
Overall score
Unforgettable.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Onvergeetbaar.
Dit was ongelooflik, netjies en skoon. Baie lekker, dankie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie vir die terugvoer Robert,
Ons is bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer.
Lida
Janine J - Apr 2017
Overall score
Fantastic!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Fantasties!
Dassenheuwel is pragtig, skoon en gerieflik. Dis heerlik om in die stilte op die plaas te bly. Alles is so spesiaal en ons was mal oor die beskuit en lekker goedjies. Sal vir seker weer 'n draai daar wil maak.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Johan en Janine,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is regtig bly jy het ons stukkie "hemel" op aarde geniet, die plaaslewe is maar net baie lekker.... Ons sien uit om julle weer hier te ontvang.
Groetnis,
Lida
Marianne W - Apr 2017
Overall score
Lovely and peaceful! Enjoyed the stay.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlik en rustig! Lekker gebly.
Dis 'n netjiese, smaakvolle kothuis met lieflike linne! Ek beveel dit aan vir enigeen wat hou van die wydheid en 'n plaasatmosfeer. Lieflike gasheer en gasvrou. Sal graag weer daar bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie Marianne. Ons is bly julle het dit geniet. Kom kuier gerus weer.
Lida
Annamarie J - Feb 2017
Overall score
Peaceful and soul rejuvenating.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig en sielsvernuwend.
Die "farm stay" het meer as genoeg plek vir ons as gesin gehad. Alles is baie smaakvol versier. Klein deurdagte toevoegings het ons baie spesiaal en welkom laat voel. Malmesbury is naby soveel dinge om te sien en te doen. Ons sal weer moet terug gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Annamarie,
Baie dankie vir die terugvoer. Ons is bly dat jy dit geniet het. Kom kuier gerus weer.
Lida
Riana E - Nov 2016
Overall score
We had a lovely overnight rest in this tasteful unit!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het heerlik oornag in dié smaakvolle eenheid!
Die eenheid is met styl afgerond en ons het niks kort gekom nie. Alhoewel dit selfsorg-eenhede is, was daar wel beskuit en muesli te ete en koffie, tee en melk is voorsien. Dit was wel jammer dat ons as egpaar die stoep en braai-area moes deel met vreemdelinge: nie juis iets waarna mens uitsien wanneer jy so wegbreek nie. Ons sou dus voorstel dat die stoep afgeskort word sodat elke eenheid privaatheid het en daar is ook spasie vir elke eenheid om hul eie braai te hê. Ons het wel gebruik gemaak van die geleentheid en vryheid op die plaas om ver te gaan stap en die pragtige natuurskoon te geniet en vars lug in te asem.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Riana,
Dankie vir die terugvoer, en ons is bly dat julle die verblyf en die plaas geniet het.
Aangaande die braaifasiliteit, meeste van die gaste wat in die kothuise oorbly, bly meestal net 1 of 2 nagte oor, aangesien hier klomp onthaalplekke in die omgewing is, en die meerderheid by troues of feeste gaan kuier, of sommer lekker gaan uiteet in die Vallei....
Wat ek voorstel is dat indien jy heeltemal privaat wil wees, gaan die onderste gastehuis (Dassenheuwel Farm Stay) perfek wees vir jou behoeftes. Dit beskik oor 'n binnebraai, lekker buitebraai/boma onder die bome in 'n groot private tuin.... Daar sal jy kan rustig kuier en alleen wees, en niks hoef te deel met "vreemdelinge" nie.... Die Farm Stay is ook heeltemal apart van die kothuise.
Ons het wel al mense in die kothuise gehad wat mekaar nie ken nie, en maar om die beurt braai en kuier op die stoep, en ook dié wat daar en dan vriende maak en sommer saam kuier.....
Groete en dankie vir die ondersteuning.
Lida
Ronel D - Oct 2016
Overall score
It was awesome!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was awesome!
Ek sal weer daar bly en die verblyf vir enige een aanbeveel. Dit was prentjiemooi en lekker. Vrede! Ek sal ook enige tyd weer van LekkeSlaap gebruik maak om akkommodasie te soek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Dankie vir die terugvoer, Ronel.
Ons is baie bly dat jy jou kuiertjie op die plaas geniet het.
Ons hoop om jou weer eendag hier te sien.
Groetnis.
Lida
Louis D - Sep 2016
Overall score
Amazing reception and hospitability from owners after a long day on the road.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflike ontvangs en gasvryheid van die eienaars na 'n lang dag se ry.
Baie lekker gebly met meer as wat nodig was in die kothuise. Die vriendelikheid en gasvryheid van die eienaars, Lida en Cobus, was ongelooflik. Soos die "slogan" sê: Arriveer as 'n besoeker en gaan weg as 'n vriend. Dis inderdaad waar. Sal sterk aanbeveel!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie vir die terugvoer Louis. Ons is bly julle het dit geniet.
Johann E - Sep 2016
Overall score
Nice hosts with interesting accommodation on a stunning farm.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Onopgesmukte gasheer en -vrou wat aangename, interessante verblyf op 'n pragtige plaas verseker.
Die akkommodasie was netjies, pragtig en volledig toegerus. Dit was aangenaam en interessant om op 'n werkende plaas te vertoef met Kobus wat ons graag rondgewys en van die plaasgeskiedenis vertel het. Van ons aankoms het ons dadelik tuis gevoel en die vrymoedigheid gehad om die natuurskoon waarin die plaas geleë is van alle kante te bekyk en te geniet.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Johann, ons is bly dat julle dit hier by ons geniet het. En dis vir ons 'n voorreg om julle hier rond te wys. Hoop jy kon mooi foto's neem. Kom kuier gerus weer!
Groetnis
Lida
Hennie B - Jul 2016
Overall score
A great experience.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie goeie ervaring.
Ongelooflike gasvryheid. Die kothuis was volledig toegerus. Baie skoon en netjies. Die wit handdoeke en bed laat mens baie bederf voel. Omgewing pragtig!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Hennie,
Ons is bly dat julle dit geniet het hier in ons stukkie 'hemel-op-aarde'. Kom kuier volgende keer langer.
Groetnis!
Lida
Laret L - Mar 2016
Overall score
Dit was soos om op my eie plaas te wees, tussen die diere en gasvrye mense.
Read moreDassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Laret,
Baie dankie, ons is regtig baie bly dat julle jul kuier op die plaas kon geniet! Maak gerus weer so. Nou kon julle ook deel in ons lewe.
Groetnis!
Kobus en Lida
Elrien S - Mar 2016
Overall score
'n Naweek wat ons verwagtinge ver oortref het!
Read moreDassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Elrien, baie dankie, en dit was vir ons een groot plesier! Ons is baie bly dat julle ons rustige atmosfeer op die plaas kon geniet. Kom kuier gerus weer.
Groetnis!
Lida
Suzean H - Mar 2016
Overall score
Fantasties!
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Baie dankie Suzean, ons is bly dat julle die kuiertjie op die plaas geniet het. Kobus en Lida
Benita I - Feb 2016
Overall score
Teleurstellend.
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Hallo Benita,
Ons is jammer oor jou 'slegte' ervaring, veral omdat jy al voorheen by ons oorgebly het.
Vir die stukkie pad wat "sinkplaat" is, dis die SDR se gedeelte wat hulself in stand moet hou (ons mag nie), en hulle kom dit gereeld binne 'n sekere siklus skraap. Die res van die pad (wat ons s'n is), skraap onsself en die pad is eintlik in 'n baie goeie kondisie. Die eenheid word elke 2e dag gediens, wat ook by julle die geval was. Die selfoon sein is maar waarmee ons almal saamleef op 'n plaas, maar dis slegs in sekere vertrekke in die gastehuis waar nie selfoon sein is nie, buite is orals selfoon sein. Die ou huis se mure is baie dik, daarom is die sein swak in die huis, maar buite baie goed. (Ons het selfs nie eers meer Telkom lyne nie, ons kom net reg met selfone). Die enkele spinnerakke waarvan jy praat, kom oornag, spinnekoppe kom en gaan, en 'n spinnerak word binne minute gebou, dit was heeltemal skoon die oggend voor jy ingekom het. Die deure en sif deure moet toegehou word om die spinnekoppe en vlieë uit te hou, ons het jou daaroor gewaarsku, maar die deure was steeds oop.
Die plaas word elke dag ten minste een keer gepatrolleer deur ons plaaswag en die polisie, so, ons veiligheidsmaatreels is heeltemal in plek. Die noodnommer van die plaaswag is ook in die huisie aangebring, miskien het jy dit net nie gesien nie??
Die reëls en regulasies is maar by baie plekke, maar aangesien jy 'n ekstra persoon ingebring het, waarvoor jy nie bespreek het nie (jou bespreking was vir 2 volwassenes en 2 babas), en ook nie waarvoor ek jou gekwoteer het nie, en jy toe daarna ekstra moes betaal, kry ek die idee jy is kwaad oor die ekstra betaling. Dis jammer dat jy sosiale media gebruik om jou misnoeë uit te spreek, ons het reeds per epos alles uitgesorteer.
Jammer dat mens so moet reageer, maar soos jy kan sien, al die ander gaste, honderde van hulle, bly altyd baie lekker, en het geen probleem met enige iets in die huis of op die plaas nie. Miskien moet julle, n.a.v al jou teleurstellings eerder nie op 'n plaas in die vervolg bespreek nie.
Dis ons lewe, en baie mense is mal daaroor om ook 'n tydjie op 'n plaas te bly. Soos jy kan sien, geniet almal dit om hier te oornag.
Die foto's is presies die weergawe van ons huisies, niks is verbloem of opgemaak nie. "What you see is what you get", en as daar nou 'n ekstra "Daddy long legs" is, dis als deel van plaaslewe.
Groetnis!
Peter V - Nov 2015
Overall score
Very well appointed cottage in tranquil environment
Dassenheuwel Farm Stay & Cottages's response
Thank you, Peter! I'm glad you enjoyed your stay.
Bardine K - Mar 2015
Overall score
Heerlike en rustige plaasverblyf.
Yolande S - Jun 2014
Overall score
Absoluut wonderlik!
Elsabe H - Apr 2014
Overall score
Fantasties! 'n Paradys vir die kinders!
Estie M - Mar 2014
Overall score
Daar word vars plaasbrood afgelewer met julle aankoms!
Read moreNadia M - Dec 2013
Overall score
Baie geniet.
Neil F - Nov 2013
Overall score
Werklik baie geniet! Lida en Kobus se gasvryheid was fantasties.
- Capacity: 9 people
-
Check-in: 15:00 to 20:00
Check-out: 10:00 - Address: Dassenheuwel, Malmesbury, 7299, Western Cape
- All ages welcome