The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Deo Resta Guest Lodge | TravelGround
+48

Deo Resta Guest Lodge

Location

  • Guests think Deo Resta Guest Lodge is in an excellent location
  • Plot 13, Moolman, Piet Retief, 2387, Mpumalanga

Die dorpie, Piet Retief is geleë in die bekende Assegaai Vallei. Die omgewing bied interresante besoekpunte en besienswaardighede vir gaste en toeriste. Piet Retief het sy naam gekry van die leier van die boerekomando, Piet Retief, wat deur die hoof van die Zoeloes, Dingaan, vermoor is in 1838. Piet Retief het 'n unieke museum waar gaste en toeriste meer kan uitvind oor die dorpie en sy geskiedenis. Die omgewing is vol monumente en grafte van gevegte uit die Anglo-Boere oorlog.

Ou historiese geboue soos die NG Kerk in die middel van die dorp, die destydse polisieselle en die ryk geskiedkunge geboue van die Duitse nedersettings soos Wittenberg en Augsburg kan besigtig word.

Aan buitelug ontspanning is daar geen tekort nie. Heyshope Dam is die tweede grootste dam in Mpumalanga en hou ure se genot in vir vissermanne en watersport. Besoek gerus die hoogste piek in Mpumalanga van 2266m hoog by Mandlangampisi Mountain.

Swaziland is slegs 35min se ry vanaf Piet Retief en kan beplan word as 'n lieflike eendaguitstappie waarin meeste van die Swazi geskiedenis en toeriste aantreklikhede besigtig kan word. Doen gerus moeite om by die Arts en Crafts mark aan te doen in Ezulweni of die glasfabriek net buite die hoofstad, Mbabane.

Die omgewing spog ook met bekende staproetes en visvangareas vir vlieghengel. Die Reënboogfees wat jaarliks gehou word bied heerlike vermaak vir oud en jonk. Van kunsmarkte, musiek en geurige kosstalletjies tot 4x4 uitdagings vir die avontuurlustiges.




Fullscreen
From R845
per night (for 2 people)
From R845
per night (for 2 people)
Make a Booking
  • Capacity: 10 people
  • Check-in: 14:00 to 22:00
    Check-out: 10:00
  • Address: Plot 13, Moolman, Piet Retief, 2387, Mpumalanga
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7ada96a217aedde016140915fa325db2bb200cb20af854b7d3f126219b3f4872c7fa9b497502d6ed22f73dd46ecddde0fc7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 From R845  per night (for 2 people) 13 5 1 5 Plot 13 Moolman 2387 Mpumalanga 0860 022 102 14:00-22:00 10:00 -27.160256300808 30.862090292977
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!