The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
 at Diaz Rus | TravelGround
+26

Diaz Rus

Self Catering

Review Summary

4.8 out of 5from 1 review Diaz Rus
Cleanliness
5.0/5
Service
5.0/5
Location
5.0/5
Safety
5.0/5
Value for money
4.0/5
Antoinette M - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Antoinette M

Plekkie was baie netjies en skoon, enigste ding wat ons agtergekom het is dat ons nie kon TV kyk nie, alhoewel ons glad nie TV gekyk het nie en elke dag op die strand of iewers was, is dit lekker om in die aand bietjie op te vang wat op TV aangaan, maar ons het nie geweet dis DStv nie en ons het nie DStv by die huis nie en kon nie ons eie kaart saamneem nie so ons kon basies niks kyk nie, maar het toe van die geleentheid gebruik gemaak en bordspeletjies gespeel en net lekker as gesin saam gesit en kuier.

Was 'n baie netjiese plekkie, sal in die vervolg dalk net 'n plekkie met 'n ekstra kamer by vat omdat my seun op die slaapbank in die sitkamer geslaap het en nie sy eie kamer gehad het nie. moes hy sy tassie in iemand anders se kamer uitpak, maar dis nie die ergste nie. Alles was baie skoon en netjies ons het wel agtergekom dat daar so paar verdwaalde kakkerlakke rondsluip wat ons ongelukkig moes van kant maak het, nie 'n probleem gehad daarmee nie, want hulle kom mos maar orals in deur dreinpype ens. en kan 'n probleem wees met die humiditeit, ons het so paar in die plekkie self van kant gemaak, asook op die trappe na die woonstel toe, dit sal dalk wys wees om die body corporate dalk net 'n heads up te gee voordat die hele gebou en plekkies rondom besmet word. Die eienaar was baie behulpsaam en vriendelik, dadelik gehelp as ons boodskappe gestuur het of teruggeskakel as ons geskakel het, die skoonmakers het per ongeluk die verkeerde sleutel in ons sakkie gesit, maar die eienaar het dit baie vinnig uitsorteer en ons het binne 10 minute die regte sleutel gekry. Al waaroor ek bietjie onseker was, was die breekskadedeposito, want daar was glad nie inspeksie gehou saam ons nie. Daar was ook nie 'n lys van wat alles daar was nie en ook geen rekord van die hoeveelhede van byvoorbeeld die glase ens. nie. Was net bekommerd dat daar dalk iets sal kort en ons verantwoordelik sal wees vir dit. Ons het wel een van die bierglase gebreek toe ons dit afgedroog het, maar ons het hom vervang en saam die gebreekte een in die kas gelos. Ons het nadat ons vertrek het die eienaar laat weet ons het die sleutel gaan ingee en dat sy ons in kennis moet stel waarnatoe ons die bankbesonderhede kan stuur vir die terugbetaling van ons breekskadedeposito, ons is in kennis gestel dat hulle eers na 4 dae in die woonstel kan gaan skoonmaak as gevolg van Covid, wat seker verstaanbaar is. Ek moes egter weer in kontak kom met die eienaar vir ons breekskadedeposito se terugbetaling, maar kon haar glad nie in die hande kry nie, nie op WhatsApp nie en ook nie per oproep nie. Ek het die kantoor van die webtuiste 'n e-pos gestuur en hulle het dadelik vir my haar nommer weer gestuur, ek kon nog steeds nie met haar in kontak kom via WhatsApp nie en het toe 'n SMS gestuur, maar nog geen terugvoering ontvang nie. Die webtuiste se personeel het ook met haar probeer kontak maak, maar was onsuksesvol. Hulle het my in kennis gestel dat hulle so vinnig as moontlik die aangeleentheid sal probeer oplos, en dat ek solank my bankbesonderhede vir hulle kan deurstuur. Ons het die 8ste vertrek en het tot dusver nog nie weer enige iets van die eienaar gehoor nie. Dit was ook vir my half vreemd dat ons die breekskadedeposito moes inbetaal voordat ons nog gesien het wat in die woonstel is. Dit sal dalk lekker wees as hulle in die toekoms 'n skottelgoedwasser ook in die kombuis het. Mens is mos maar bederf, het een by die huis en het toe maar beurte gemaak vir die skottelgoed tydens vakansie. Ons sal wel definitief weer gebruik maak van die webtuiste en graag spesifiek weer met ons agent wil deel, Janeatha, sy het regtig uit haar pad uitgegaan om ons te help, niks was te veel moeite nie en sy was baie vriendelik elke keer wanneer ons met haar kommunikeer het, ek het reeds haar spesifiek aanbeveel vir mense wat vakansieplekkies soek en kan met 'n geruste hart sê dat hulle glad nie sal spyt wees om met haar te deel nie.

This review is being shown in its original language.
Translate to English.

Place was very neat and clean, only thing we noticed is that we couldn't watch TV, although we didn't watch TV at all and were on the beach or somewhere every day, it's nice to wake up a bit in the evening catch what's on TV but we didn't know it was DStv and we don't have DStv at home and couldn't take our own card with us so we basically couldn't watch anything but then took advantage of the opportunity and played board games and just sitting and hanging out as a family.

Was a very neat little place, in the sequel maybe just take a little place with an extra room because my son slept on the sofa bed in the living room and didn't have his own room. he had to unpack his bag in someone else's room, but that's not the worst. Everything was very clean and tidy, we did notice that there were a few stray cockroaches sneaking around which we unfortunately had to get rid of, didn't have a problem with that, because they get in everywhere through drain pipes etc. and could be a problem with the humidity, we did a few in the place itself, as well as on the stairs to the apartment, it might be wise to give the body corporate a heads up before the entire building and places around it become infected. The owner was very helpful and friendly, helped immediately when we sent messages or returned calls when we called, the cleaners accidentally put the wrong key in our bag, but the owner sorted it out very quickly and we had the got right key. All I was a bit unsure about was the breakage deposit, because there was no inspection at all with us. There was also no list of what was there and no record of the quantities of, for example, the glasses etc. not. Just worried that something might be missing and we would be responsible for it. We did break one of the beer glasses when we dried it, but we replaced it and left the broken one in the cupboard together. After we left we let the owner know that we were going to hand in the key and that she should notify us where we can send the bank details for the refund of our breakage deposit, we were informed that they would only receive it after 4 days in the apartment can go cleaning because of Covid, which is probably understandable. However, I had to get in touch with the owner again for our breakage deposit refund, but could not get hold of her at all, neither on WhatsApp nor by phone call. I emailed the website office and they immediately sent me her number again, I still couldn't get in touch with her via WhatsApp and then sent a text but still no response. not. The website's staff also tried to contact her, but were unsuccessful. They informed me that they would try to resolve the matter as quickly as possible, and that in the meantime I could forward my bank details to them. We left on the 8th and so far have not heard anything from the owner again. It was also half strange to me that we had to pay the breakage deposit before we even saw what was in the apartment. It might be nice if in the future they have a dishwasher in the kitchen as well. You're spoiled, have one at home and then take turns doing the dishes during vacation. We will definitely use the website again and would like to specifically share with our agent, Janeatha, she really went out of her way to help us, nothing was too much trouble and she was very friendly every time we communicated with her, I have already specifically recommended her to people looking for vacation spots and can confidently say that they will not regret sharing with her at all.

This review has been automatically translated using Google.
View original in Afrikaans.

From R770
R770 R385
per night (sleeps 6)
From R770
R770 R385
per night (sleeps 6)
From R770
R770 R385
per night (sleeps 6)
Make a Booking
  • Capacity: 6 people
  • Check-in: 14:00 to 19:00
    Check-out: 10:00
  • Address: 1 Beach Boulevard, Die Voor Bay, Mossel Bay, 6506, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA152e348654816f694f1cdee4803b7b50c1f2e3c2996052e75a628f1737edc35c1f93c419a137a3566a5d70df4d783590eba3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R770, now From R385  per night (sleeps 6) 1 5 1 5 1 Beach Boulevard Die Voor Bay 6506 Western Cape 021 201 8900 14:00-19:00 10:00 -34.162046745625 22.108660962635
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!