Gelukshoop Cottage Tankwa
Review Summary
Retief N - Aug 2020
Overall score
Lieflik, wyd, stil.
Theo M - Aug 2020
Overall score
Rus vir die siel.
Alex H - Aug 2020
Overall score
Excellent!
Gelukshoop Cottage Tankwa's response
Hi Alex, thank you for your positive review, much appreciated, please visit again.
Dempsey H - Sep 2019
Overall score
Beautiful and peaceful. Very nice place.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Pragtig en rustig. Baie mooi plaas.
Baie vriendelike ontvangs, pad daarheen en rondom baie mooi. Het een aand rondom 23:00 teruggery van Sutherland sonder enige probleem. Die rustigheid en stilte was 100%.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Linda P - Jul 2019
Overall score
Netjies, skoon, mooi en rustig
Deone Z - Jul 2018
Overall score
Cosy, beeldskoon, dis 'n moet!
Read moreAlten W - Apr 2018
Overall score
Rustig.
Deirdre N - Jul 2017
Overall score
Unbelievable.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflik.
Beste vakansie ooit, wonderlikste mense. Katriena en Piet het ons hartlik ontmoet en op hul stil manier seker gemaak dat alles vlot loop. Lammertjies gevoer wat diep in ons harte geklim het. Corneel en Artur is 'n ongelooflike paartjie wat ons laat voel het of ons hulle al jare ken. Ons is gegroet met Corneel se heerlike verrassing, en haar sagte hand is duidelik in die Cottage, dit het alle geriewe wat jou hart begeer. Dit is die plek waar 'n gesin ware gesinstyd kan deurbring. Dankie vir alles ons beplan alreeds ons volgende besoek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Johan L - May 2017
Overall score
Peace and quiet, nature at its best. Friendly people.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Rustigheid, stilte en natuurskoon op sy beste. Vriendelike mense.
Ek en my vrou en seun was op die plaas met die langnaweek. As jy nie van grondpad hou nie kan jy van Matjiesfontein af kom en dan is dit so 30 km grondpad. Of ry die grondpad van Ceres af deur die Tankwa Nasionale Park as jy 'n bakkie of 4x4 het. Die pad is redelik sleg maar baie mooi. Piet en Katriena op die plaas is baie vriendelik en het met alles gehelp. Ons het selfs 'n vars gebakte brood gekry. Mens mense. Dankie julle. Hier is nie "entertainment" nie. Hier is net pragtige plaaspaaie, natuurskoon en stilte. As dit is wat jy soek en wil wegkom man mense en ligte en geraas af, dan is die plek vir jou. Die huis is pragtig skoon en het alles wat jy gaan benodig om lekker te kan kosmaak en braai. Selfs krag vir my vrou se haardroër al werk alles van sonkrag af. Baie diere op die plaas van gemsbok, vaalribbok, duikers, steenbokke, bobbejane, jakkals, hase, springbokke, swartwildebees en 'n bloue. Die paaie is vir jou om te geniet op jou eie. Die plaas is joune vir die tyd wat jy daar is. Wat 'n hemelse voorreg. Dankie Ater en Corneel. Julle gaan ons bakkie weer sien aankom in die winter. Dan is dit seker eers mooi daar by julle. Ek verlang al klaar weer. Daar is geen selfoonopvangs nie. Hemels.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lulu B - Nov 2016
Overall score
Everything to my liking.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Alles net na my smaak.
Vriendelike welkom, lekker geslaap in mooi huis, baie geriewe in kombuis en buitebraaiplek was perfek. Omgewing was Karoo-mooi.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Gelukshoop Cottage Tankwa's response
Hallo Lulu
Ons is bly julle het lekker oorgebly. Volgende keer moet julle langer kuier.
Groete
Corneel en Ater
Irma B - Oct 2016
Overall score
Mooi huisie.
Gelukshoop Cottage Tankwa's response
Hallo Irma
Baie dankie vir jou review. Waardeer dit en julle moet weer kom.
Groete
Corneel
Wiaan S - Aug 2016
Overall score
Wonderful cottage on a beautiful farm!
Warren B - Aug 2016
Overall score
Relaxing in Karoo.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig en ontspanne in die Karoo.
Baie geniet en lekker gerus.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Thiaan L - Jul 2016
Overall score
One word: excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Een woord: Puik.
Gelukshoop is 'n moet vir diegene wat wil weg kom van die 'buzz'. Goed geleë en Karoo-prag.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Erica D - Jul 2016
Overall score
Our time at Gelukshoop was excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons tydjie op Gelukshoop was skitterend.
Ons het gedurende die dag die plaas en omgewing na hartelus verken en asemrowende aande om die vuur geniet. Skitterend!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Brian M - Jul 2016
Overall score
Very quiet and pretty.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie stil en mooi.
Die vuurherd was 'n wenner in die winterkoue. Lekker Muisbosskerm buitebraai. Sal beslis weer gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Maxakadzi Magalela M - Jul 2016
Overall score
Memorable moments, warm reception and quietness in the farm. A need for a small fridge in the cottage.
Read moreGelukshoop Cottage Tankwa's response
Hi Maxakadzi and Nann
Thank you so much for your review of Gelukshoop Cottage. We are glad you enjoyed the experience and hope you will visit again.
We are working on the fridge situation!
Warm regards
Corneel
- Capacity: 4 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 11:00 - Address: Gelukshoop Farm, Tankwa, Sutherland, 6920, Northern Cape
- All ages welcome