Groenhuisie
Review Summary
Ruco G - Aug 2020
Overall score
Rustigheid van self.
Groenhuisie's response
Baie bly julle het Oesterbaai en Die Groenhuisie geniet.
Lizelle R - Feb 2020
Overall score
Skoon en netjiese verblyf, baie rustig met 'n wonderlike see-uitsig.
Groenhuisie's response
Dankbaar jul het jul tydjie geniet in Die Groenhuisie, Oesterbaai is verseker die plek om te rus en van alles te vergeet.
Baie dankie.
Emil H - May 2019
Overall score
Ons het lekker gebly in Groenhuisie en vriendelike diens gekry ook.
Aldi V - Apr 2018
Overall score
Pragtige uitsig.
Bennie C - Oct 2017
Overall score
Het die verblyf op Oesterbaai baie geniet.
Jeanette H - Jul 2017
Overall score
Felt like our beach house.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gevoel soos ons huisie by die see.
Dit was 'n wonderlike vakansie in so oulike huisie, loopafstand van die strand! Lieflike weer gehad en die hele strand vir onsself! Almal is so hartlik en behulpsaam soos familie! Alles wat ons harte begeer! Baie dankie vir alles!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Groenhuisie's response
Baie dankie, dankbaar jul het die tydjie geniet, hoop om jul gou weer tesien.
Groete
Hannes R - Jul 2017
Overall score
Accommodation was pleasant and met our expectations.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Die verblyf was aangenaam en het aan ons verwagtinge voldoen.
Die Groenhuisie bied bekostigbare verblyf en is sentraal geleë met maklike toegang tot beide die winkel en strand in Oesterbaai. Alles wat benodig word (beddegoed, handdoeke, eetware, wasmasjien ens.) is beskikbaar wat beteken dat mens net die nodige kan saamneem. 'n Paar ekstra komberse vir die koue aande asook 'n verwarmer kan saamgegee word. Let egter daarop dat mens elektrisiteit vir die meter self moet aankoop (nie ingesluit in die dagtarief nie). Daar moet ook ag geslaan word op waterbeperkings wat geld, veral as in ag geneem word dat die enigste water wat beskikbaar is vir die Groenhuisie reënwater is wat versamel word in 'n 5000 liter tenk - gebruik dus water spaarsaam. Indien daar op laasgenoemde ag geslaan word, is die verblyf baie aangenaam.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Groenhuisie's response
Beste Hannes,
Baie dankie vir die terugvoer. Dit is hoekom ek telefonies gevra het julle moet elkeen 'n ekstra kombers saambring, dit was baie koud. Ek sal wel vir elke bed 'n lekker kombers kry asook 'n verwarmer.
Die Groenhuisie het meer as genoeg water. Die watertenk was nog vol toe julle daar was. Die oomblik toe daar nie drukking was nie, het ek net die drukpompie buite teruggestel, wat die eerste keer is dat ek dit moes doen! Ek persoonlik hou net daarvan om die reënwater te gebruik omdat dit lekker sag is. Ons dorp se water het baie kalk in, wat oor tyd aanpak asook in die geiser. Sou daar 'n huurder wees wat dit nie so verkies nie, draai ek net krane oop en toe, en hul kan die dorp se water gebruik.
Sien julle gou weer!
Groete,
Elmarie
Arline D - May 2017
Overall score
Our stay at Groenhuisie was great and, even though it was cold at night, it was nice and cosy inside.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons tydjie by die Groenhuisie was ontsettend lekker en al was dit koud in die aand was dit lekker snoesig binne.
Ons het dit ontsettend baie geniet in Oesterbaai. Ons gaan elke jaar en ontspan en geniet die stilte en die pragtige uitkyk oor die see. Groenhuisie is ampertjies op die strand en dit was vir ons 'n groot plus. Ons sal definitief weer vinnig gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Marise B - Apr 2017
Overall score
Rus vir die siel reg langs die see.
Groenhuisie's response
Ek is so bly jul het die tydjie op Oesterbaai en by die Groenhuisie geniet. Oesterbaai is verseker die regte plek as jy 'n bietjie wil afskakel en van die stads-lewe wil vlug. Ons hoop om jul gou weer te sien.
Groete
Elmarie Meyer
Oyster Bay Estate Agency CC
Lana W - Mar 2017
Overall score
Heavenly place with a beautiful view.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Hemelse plekkie met pragtige uitsig.
Oesterbaai is 'n pragtige plekkie, skoon, oop strand, vriendelikste mense almal groet en gesels. Rustig en vreedsaam, baie baie veilig. Ideale plek om af te skakel veral as jy van Gauteng af kom kan jy omtrent nie glo daar is sulke pragtige rustige, veilige plekke nie. Die Groenhuisie is pragtig skoon en het 'n wonderlike uitsig op die strand, duine en see. Dankie Elmarie dit was regtig heerlik, tyd net te vinnig omgegaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Groenhuisie's response
Ek is so bly jul het die tydjie geniet het. Dit was lekker om jul te ontmoet. Ons is regtig bevoorreg om op Oesterbaai te bly. Ons hoop om jul gou weer te sien.
- Capacity: 4 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: Corner of Seekat and Geelbek Street, Oyster Bay, Humansdorp, 6300, Eastern Cape
- All ages welcome