Review Summary
Stephne D - Aug 2016
Overall score
It felt as if we were somewhere far from the city, a real getaway, we felt as if we were in another country.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Dit het gevoel of ons êrens buite die stad was, 'n wegbreek wat voel of jy selfs in die buiteland kan wees.
Wat 'n plesier. Ons is ontvang deur baie vriendelike personeel en na ons reuse kamer geneem. Met die inloop na ons kamer kom mens net voel hoe welkom jy is. Die kamers was perfek skoon en het alles gehad wat ons benodig het, die bed met sy fluffy duvet en lieflike beddegoed het ons omvou die aand en ons kon lekker slaap. Die aandete was uit die boonste rakke, ek het Karoo-lam geëet, voorberei soos ek nog nooit tevore gehad het. Die personeel wat ons bedien het was vriendelik en baie hulpvaardig, ons kon selfs ons laaste koffie by die kaggelvuur drink. Wat 'n lafenis. Na 'n goeie nagrus is ons na die ontbyt-tafel waar ons alles kon kry wat ons harte begeer, weereens die aangenaamste personeel en smaaklike kos! Lekker in die Kleinkaap maar net 12 min van my huis.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Kleinkaap Boutique Hotel's response
Beste Stephne,
Baie dankie vir u wonderlike terugvoer! Ek is verheug om te hoor dat u ook kon beleef waarvoor ons bekend is! Kom kuier gerus weer!
Groete.
Marionè Strydom
Gerhard S - Apr 2014
Overall score
Baie rustige en ontspanne omgewing met 'n baie ruim en goed toegeruste kamers.
Kleinkaap Boutique Hotel's response
Beste Gerhard
Ek is verheug om u mee te deel dat al u bogenoemde aanbevelings in werking gestel is.
Groete.
Marionè Strydom
- Capacity: 68 people
-
Check-in: 14:00 to 22:00
Check-out: 10:00 - Address: 87 Jim van der Merwe Street, Clubview, Centurion, 0140, Gauteng
- All ages welcome