The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at La Pirogue 1 | TravelGround
+36

La Pirogue 1

11 reviews
Self Catering

Review Summary

4.4 out of 5from 11 reviews for La Pirogue 1
Cleanliness
4.1/5
Service
4.4/5
Location
4.7/5
Safety
4.8/5
Value for money
4.2/5
Jean V - Oct 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Jean V
Family with teenagers

Dit was heerlik, alles wat jy nodig het was daar, netjies en skoon.

Parkering by Nr. 1 is 'n bietjie moelik as daar iemand in Nr. 3 ook is maar is moontlik. Is ook nie seker van die alarm gewees nie, die mense wat skoonmaak sit die alarm aan as hulle klaar is en jy weet dan nie dat dit aan is nie.

Dewald S - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Dewald S
Family with teenagers

Vinnige wegbreek, net wat ons gesoek het.

As ek moet kla oor iets, dan is dit die kombuis wat werk kort. Die skottelgoed lappe het nie lekker geruik nie, ons kon dit nie gebruik nie. Ons moes van die potte en panne eers was voor ons dit kon gebruik. Die een pot was vreeslik vuil aan die buite kant. Die gasbraaier is geroes onder en om dit rond te skuif is nogal moeilik. Die parkering is 'n problem, veral as jy 'n groot voertuig het soos ons. Wonderlike uitsig vanaf die stoep, net wat ek gesoek het.

Anri S - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Anri S

Baie lekker.

Baie mooi plek. Meubels kan dalk vervang word vir die prys wat mens betaal.

Madelein M - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Madelein M
Family with young children

Super tops akkommodasie met die see op jou voorstoep.

Ons verblyf by La Pirogue 1 was uit die boonste rakke. Die eenheid is asemrowend en het ons wildste verwagting oortref. Alles was skoon en gerieflik en die ruim leefarea en balkonne maak ontspan en rustige kuier moontlik. Die kinders kon op die gras en in die swembad baljaar. Ek kan die eenheid met oorgawe aanbeveel en sal beslis waar 'n bespreking maak.

La Pirogue 1's response

Baie dankie vir die mooi woorde, Madelein. Ek is baie bly julle het die ruskans geniet.

La Pirogue 1
Taryn E - May 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Taryn E
With spouse/partner

Lovely vacation at the beach.

We enjoyed our time at the beach. The house has a beautiful location right next to the beach. The view is breathtaking and we enjoyed the sunrise every morning.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Baie lekker vakansie by die see.

Ons het ons kort rukkie by die see geniet. Die huis is pragtig geleë en reg by die strand. Die uitsig is asemrowend en het elke oggend die sonsopkoms geniet.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

La Pirogue 1's response

Baie bly julle het dit geniet! Julle is altyd weer welkom.

La Pirogue 1
Sera B - Aug 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Sera B
With friends

Pragtige plek, wonderlike uitsig, goed toegerus!

Ons het 'n heerlike naweek geniet. Die eenheid is goed geleë, toegerus met alles wat jy nodig het en die uitsig is ongelooflik. Ons het op die stoep gesit en eet terwyl die dolfyne voor ons in die see speel. Die strand is net oorkant die pad en die swemstrand binne loopafstand. Parkering is bietjie knap en ons moes baie versigtig met ons SUV parkeer.

La Pirogue 1's response

Hallo Sera

Baie dankie - ons is bly julle het dit geniet!

La Pirogue 1
Annelien N - May 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Annelien N
Family with young children

Ons het heerlik gebly - die uitsig is fantasties en die woonstel was netjies.

Ons het ons vakansie baie geniet. La Pirogue 1 het n fantasties uitsig en ons het meeste van ons tyd op die balkon spandeer. Die beddens slaap lekker en die woonstel is skoon en netjies. Die winkels is net 12 km ver en die strand is net oorkant die pad. Die woonstel se trappe is bietjie styl - so nie geskik vir iemand wat swaar loop nie. Ons sal definitief weer daar gaan bly!

Elmarie M - Oct 2015
Overall score
Cleanliness
2/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
2/5
Elmarie M
With friends

Pragtige uitsig! Woonstel kort net baie aandag ...

Die woonstel is baie goed geleë met 'n fantastiese uitsig oor die see. Het dolfyne en walvisse gesien vanaf die balkon. Die woonstel self het dringend opknapping en 'n goeie skoonmaak nodig! Handdoeke papierdun en is in 5 dae nie een maal vervang nie. Daar is ook baie steil trappe wat na die slaapkamers lei - nie geskik vir ouer persone of mense met klein kinders nie - 'n feit wat glad nie genoem is nie. Woonstel glad nie so keurig soos op foto's nie.

Yvette M - May 2015
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Yvette M
With friends

Netjies en skoon met lieflike uitsigte

La Pirogue No 1 is 'n groot, oop eenheid met goeie beligging en baie vensters om die uitsigte te beskou. Ons het heerlik gebly in die veilige eenheid met alle geriewe wat mens moontlik nodig kan he. Die leefarea is bo en die slaapkamers en badkamers wat onder is maak dit n heerlike plek indien sekere gaste wil slaap en die ander verder wil kuier. Die tuin was ook heerlik vir die kinders om bietjie te kan speel terwyl ons gebraai het. Ek sou dit nie aanbeveel vir ouer mense met die trappe nie. Die eenheid is modern en baie gemaklik. In die oggende kon ons dolfyne sien speel in die golwe wat 'n wonderlike ervaring was. Die strand is loopafstand weg, en die swemstrand nie veel verder nie (ons het die stappie geniet).

Molly M - Nov 2014
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
3/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Molly M
With friends

Redelik.

Die woonstel het werklik 'n pragtige uitsig op die see. Ek sal glad nie aanbeveel dat iemand wat swaar loop dit oorweeg nie aangesien dit nogal 'n redelike styl oprit van die straat na die woonstel kompleks is indien jy strand toe wil loop en nie elke keer 'n voertuig gebruik om strand toe te gaan nie. Die woonstel self het ook 'n hele paar trappies (ek dink so min of meer 12 as ek reg onthou) wat van die onderste vlak waar die slaapkamers is na die leefarea en kombuis toe gaan wat ons gevind het nie vir die ouer persoon wat saam met ons was geskik was nie.

Marlene V - Aug 2014
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Marlene V
Family with young children

Fantastiese uitkyk of die see, veilig, en naby alle geriewe.

Wonderlike verblyf, naby aan geriewe, veilig en 'n fantastiese uitkyk! Plekkie kort dalk net die gebruik van dstv of 'n werkende dvd masjien vir absoluut verveelde kinders op baie koue en reenige dae.

From R1 475
per night (sleeps 6)
From R1 475
per night (sleeps 6)
From R1 475
per night (sleeps 6)
Make a Booking
  • Capacity: 6 people
  • Check-in: 14:00 to 18:00
    Check-out: 09:00
  • Address: North Beach Road 53, Westbrook, 0001, KwaZulu-Natal
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ4NWM0M2M5LTg3NWMtNGYyNi05MDJkLTg3NDZhOGE0YTI3Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format From R1 475  per night (sleeps 6) 11 5 1 5 North Beach Road 53 Westbrook 0001 KwaZulu-Natal 0860 022 102 14:00-18:00 09:00 -29.586881 31.17373
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!