Lavender Leisure Country House
Review Summary
Santa B - Oct 2020
Overall score
Waarde vir geld.
Lavender Leisure Country House's response
Die groot geheim van gasvryheid is dat dit neem buide die gaste en die bestuur om saam die besoek te geniet. Ek sal Santa en hulle groep nie vergeet nie want hulle was so vriendelik en vol lewe.
Poppie B - Jun 2019
Overall score
Natuurskoon pragtig.
Lavender Leisure Country House's response
Baie dankie vir die aanbeveling. Op die einde van die dag, ons maak ons deure oop, maar dit is die gas wat die plek laat blink. Julle het kom met julle eie atmosfeer en ons het net ingekoppel. Julle is altyd baie welkom.
Groete
Roger
Adriaan L - Nov 2018
Overall score
Hulle was besig om te werk aan die gastehuis en dit het so bietjie gepla, verder was dit `n plaasatmosfeer aangesien die gastehuis buite die dorp geleë is, in die algemeen sal ek die gastehuis 3 uit 10 gee vir algemene verblyf.
Lavender Leisure Country House's response
Soos Adriaan se, die dorp gaan deur n baie ongelukkige tyd met die afbrand van Munisipale geboue, klienieke in die dorp en ander geboue in die Mlungisi Township. Ons is amper klaar met die bou van 2 addisionele en suite kamers, buite die hoof gebou. Die kamers sal in die volgende week oop gestel wees vir verbluif.
Antoinette G - Sep 2018
Overall score
Sleg en onveilig. Nie die omgewing nie, maar die elektriese kabels in die kamer. Daar is lewendige drade!
Lavender Leisure Country House's response
Beste Antoinette,
Dit spyt my dat julle nie tevrede was met jul verblyf by ons op die 29ste en 30ste Augustus 2018 nie.
Kamer 5 voldoen aan die standaarde vir 'n 3-ster gradering. Die spesefieke kamer is so uitgelê dat die kamer en badkamer heel privaat van mekaar is, alhoewel daar nie 'n kosyn en deur is nie.
Die bedrading in die kamer voldoen ook aan die nodige veiligheidsstandaarde en daar is nie ope kragdrade nie. Wat wel korrek is, is dat daar kabels is vanaf die kragprop vir die bedlampe en elektriese komberse.
Wat my verbaas is dat ek gedurig daar was en nie een keer is daar enige kommer aan my uitgespreek nie. Ek het julle nog buite gesien en met julle gesels voordat julle gery het. Ek sou graag die geleentheid wou gehad het om julle gerus te stel op enige bekommernisse.
Groete,
Lavender Leisure Cuuntry House
Nadia B - Apr 2018
Overall score
Very nice, would stay there again if visiting Stutterheim.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker, sal weer daar bly indien ek Stutterheim toe gaan.
Bestuurder was so gaaf om ons te skakel om te verneem of ons veilig is toe ons nie teen die ooreengekome tyd gearriveer het nie. Dit het die betrokke dag hard gereën en die verkeer vertraag. Pragtige huis en tuin met 'n groot voëlhok. Skoon en netjies. Veilige parkering ver van straat. Gaste het selfs gebruik van die kombuis en leefarea. Heerlik ingerigte buite kuierarea met swembad.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Lavender Leisure Country House's response
Dit was 'n plesier om jou te ontmoet en verwelkom by Lavender Leisure. Dit is gaste soos jy wat maak dat ons daai extra myl gaan. Groete, Roger.
- Capacity: 11 people
-
Check-in: 14:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: Corner of Lower Kologha Road and Bush Road, Stutterheim, 4930, Eastern Cape
- All ages welcome