Review Summary
Eric A - Jan 2021
Overall score
Stunning guesthouse with beautiful views.
Mariner Guesthouse's response
Thanks, Eric, it was lovely meeting you. You're welcome back at any time. Liesel
Ansunette D - Jan 2021
Overall score
Heerlike, stylvolle verblyf met fantastiese uitsig en lekker ontbyt.
Mariner Guesthouse's response
Ons is bly julle het lekker gebly. Kom gerus weer.
Jolene V - Aug 2020
Overall score
Die gastehuis met sy pragtige see-uitsig is geleë teen die berghange. Die uitsig van die see en die hawe maak dat jy sorgeloos op die balkon kan sit en jou verkyk aan die mooi natuurbeeld.
Mariner Guesthouse's response
Dankie vir julle positiewe terugvoer. Ons is baie bly dat julle die verblyf by Mariner Guesthouse in Simonstad geniet het. Ons is geseënd met lojale, vriendelike personeel wat 'n groot bydrae lewer tot die suksesvolle bestuur van die gastehuis. Ons is ook dankbaar om elke dag na hierdie uitsig te kan kyk. Ons sien uit daarna om julle weer 'n volgende keer te kan verwelkom!
Aj V - Feb 2020
Overall score
Great stay, friendly staff.
Mariner Guesthouse's response
Thank you for recommending us! We look forward to welcoming you back in the future.
Jackie V - May 2019
Overall score
Uitstekend, die beste.
Mariner Guesthouse's response
Baie dankie! Dit is so lekker om sulke goeie terugvoer te ontvang.
Kom bly gerus weer!
Eugene F - Mar 2019
Overall score
It was great, stunning and very peaceful - just what we wanted.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was heerlik, pragtig en baie rustig - net wat ons wou hê.
Heerlike verblyf en uitstekende diens.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mariner Guesthouse's response
Ek is so bly om te hoor julle het jul verblyf en die rustigheid by ons geniet. Ons is baie dankbaar om in hierdie pragtige deel van die land te kan bly.
Colette U - Mar 2019
Overall score
Pragtige plek met baie mooi uitsig.
Mariner Guesthouse's response
Dankie vir die terugvoer. Ek is bly julle het die uitsig geniet en ons ligging het vir julle gewerk. Met ons stylvolle, goed toegeruste groot tuinwoonstel en pragtige see-uitsig, sowel as die ander 4-ster ekstras wat gratis Wi-Fi, DSTtv, privaat braai area en tuin insluit voel ons dat dit waarde vir geld is om by Mariner Guesthouse te bly. Simonstad self bied baie min verblyf opsies vir families, so ons is een van die min gastehuise wat kinders verwelkom. Dit is vir ons belangrik dat ons gaste gelukkig is met alle aspekte van hul verblyf. Dankie en groete, Liesel.
Shawn W - Oct 2018
Overall score
Well organised and pleasant views.
Christo P - May 2018
Overall score
Wonderlike ervaring. Fantastiese uitsig oor Simonstad hawe.
Mariner Guesthouse's response
Wonderlik, ons is baie bly julle het jul verblyf by ons in Simonstad geniet. Tot volgende keer.
Sonya V - Apr 2018
Overall score
Asemrowende uitsig en opregte gasvriendelikheid.
Read moreLeana B - Apr 2018
Overall score
Vriendelike ontvangs, heerlike ontbyt en met 'n pragtige uitsig.
Mariner Guesthouse's response
Baie dankie vir die aanbeveling.
Daleen is 'n staatmaker! Sy is al 7 jaar by ons en sal altyd help waar moontlik. Gelukkige personeel en goeie opleiding is vir ons baie belangrik, so ek is bly om te hoor dat dit ook so deurgekom het in die kwaliteit van julle ontbyt. Die ruim spasies en uitsig was ook 'n voorvereiste toe ons die gastehuis in 2009 gebou het. Elke kamer het 'n see-uitsig en ons is loopafstand van strande en restaurante, maar kan ook vervoer reel indien nodig. Ons hoop om julle gou weer by Mariner Gastehuis te verwelkom.
Groete
Liesel Coetzer
Naomi D - Jan 2018
Overall score
Wonderlik.
Mariner Guesthouse's response
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ek is baie bly dat julle gelukkig was met ons fassiliteite en diens en dat julle die kuier by ons in Simonstad geniet het. Hier is maar min gastehuise in ons area wat kinder-vriendelik is, so ons probeer dit veral vir gesinne moontlik maak om by ons te bly met ons meer bekostigbare Familie Eenheid en nou ook ons "Garden Apartment" wat ten volle toegerus is vir selfsorg, alhoewel dit daagliks gediens word. Gaste is steeds welkom om in te kom vir ontbyt teen 'n addisionele tarrief, maar het verder gebruik van al ons ander fassiliteite wat ons gratis Wi-Fi, biblioteek en wasgoed diens insluit. Ons sien uit daarna om julle volgende keer by Mariner Guesthouse terug te verwelkom.
Amanda M - Oct 2017
Overall score
Uitstekende diens en fantastiese verblyf!
Mariner Guesthouse's response
Baie dankie vir jou vriendelike aanbeveling. Goeie opleiding en gelukkige personeel is vir ons belangrik, so ek is baie bly jy het dit ook so ervaar. Ons hoop om jou op 'n volgende besoek terug te verwelkom.
Celia P - Sep 2017
Overall score
Enjoyed it.
Mariner Guesthouse's response
Hi Celia,
Thank you, I am pleased that you enjoyed your stay. Yes, Mandy, one of our Senior Housekeepers & Office Assistant, is very special with her friendly smile and gentle nature she is always ready to assist.
Wayne M - Aug 2017
Overall score
Mariner Guesthouse het 'n baie hoe standaard en die akkommodasie is wêreldklas gehalte.
Mariner Guesthouse's response
Dit is lekker om te sien dat jy ervaar het dat ons hoe standaarde wereldklas is. Ons verwelkom gaste van regoor die wereld, so dit is vir ons belangrik dat alles perfek moet wees om te verseker dat ons gaste gemaklik is en hul verblyf by ons geniet. TravelGround/LekkeSlaap is dan ook een van ons mees gunsteling maatskappye om mee te werk omdat hulle hierdie sentiment deel.
Cobus V - Jun 2017
Overall score
Comfortable, tasteful accommodation with beautiful views of the harbour.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gerieflike, smaakvolle verblyf met wonderlike uitsigte oor die hawe.
Vriendelike gasvrou. Ontbyt heerlik. Ligging gerieflik.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mariner Guesthouse's response
Baie dankie, ek is bly dat jy ons ontbyt geniet het en ons ligging teen die berg bokant die Simonstad hawe gerieflik gevind het. Ons het juis hierdie erf gekies om die gastehuis op te bou oor die pragtige see-uitsig oor Valsbaai asook die feit dat dit loopafstand na restaurante en strande is alles binne 1km. Ons is ook baie gelukkig om gelukkige en vriendelike personeel te he en glo ons diens speel 'n groot rol in die hoe kwaliteit diens wat ons lewer.
Maria A - May 2017
Overall score
Stunning view and lovely setup!
Mariner Guesthouse's response
I am pleased that you enjoyed your stay at Mariner Guesthouse and that you had a good time in Simon's Town. We hope to welcome you back a next time.
Kobus S - Apr 2017
Overall score
Uit hul pad gegaan om ons gelukkig te hou.
Mariner Guesthouse's response
Dankie Kobus, julle is altyd welkom!
Monica B - Jan 2017
Overall score
Beautiful, delicious breakfast.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie mooi, lekker ontbyt.
Dit is regtig pragtig hier. Die ontvangsdame is baie oulik en die ontbyt baie lekker. Kamers is ook pragtig met 'n mooi uitsig. Ons was gepla dat die voertuie buite moes staan. Ons beddegoed was ook vol kolle (wat dit was weet ons nie).
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mariner Guesthouse's response
Hi Monica, ek is bly dat julle ons ontbyt, diens en uitsig positief ervaar het. Ek wil wel ander gaste gerus stel oor die parkering/sekuriteit en die linne.
Ons het 'n motorhuis waarvan ons die helfte in 'n linnekamer omskep het juis omdat niemand ooit gevoel het dat dit nodig was om in die motorhuis te parkeer nie. Daar is wel nog plek vir 1 voertuig (beskikbaar op aanvraag) vir ingeval iemand ongemaklik voel met ons buite parkering. Ek besef julle is van Johannesburg en natuurlik is sekuriteitsbehoeftes baie anders daar. In Simonstad is ons gelukkig dat daar bykans nooit iets slegs hier gebeur nie. Jy sou opgelet het dat almal in ons straat en in teendeel, alle ander gastehuise in Simonstad, van buite parkering gebruik maak. Die huise met Trellidor of erge sekuriteit is gewoonlik eienaars van elders wat vakansiehuise hier het. Ons het wel 'n buurtwag wat patrolleer en beweging geaktiveerde sekuriteitsligte by ons parkering. Ons het in die 7 jaar dat die gastehuis bestaan nog nooit 1 geval van inbraak of enige vorm van misdaad ervaar nie.
In terme van die kolle op die linne - Ons sou dit baie waardeer het as julle dit vir ons bestuur uitgewys het. Ek kan daarom ongelukkig nie met sekerheid se wat dit was nie, maar ek vermoed sterk dat dit dalk sonskerm room merke was. Die professionele wassery wat ons linne doen het hierdie seisoen vreeslik gesukkel om hierdie room uit die linne te kry. Dit verkleur wanneer mens dit behandel en wil net nie uit nie. Ons linne word jaarliks geïnspekteer met ons gradering en ons spandeer letterlik duisende aan nuwe linne as gevolg van linne wat afgeskryf moet word. Hierdie linne moes egter nooit op 'n bed gesit gewees het nie, al was dit tegnies skoon. Ek is baie jammer hieroor. Netheid en higiëne is vir ons uiters belangrik en ek het hierdie kwessie reeds aangespreek.
Ralph C - Jan 2017
Overall score
Very comfortable and a great place to base yourself to visit the Cape.
Mariner Guesthouse's response
Thank you for your review. I am pleased that you enjoyed our location and service.
We chose this location on the mountainside above the Simon's Town harbor when we built it 7 years ago, because of the views across False Bay as well as it being near beaches and restaurants, while still having the tranquility of the mountain around us. Visit us again.
Best regards,
Liesel
Andries S - Dec 2016
Overall score
Comfortable and stylish.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gemaklik en stylvol.
Goed georganiseerd. Goeie ligging reg bo dokke van die vloot. Maklik om by alle besienswaardighede uit te kom. Liggies van Simonstad bekorend.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mariner Guesthouse's response
Dankie Andries. Ek is bly jy kon sien dat ons goed georganiseerd is. Dit is vir ons belangrik dat ons span almal goed opgelei is, weet wat om te doen en die wiele goed ge-olie is. Die ligging teen die berg bo Simonstad se hawe is lekker sentraal en bied vir ons die see uitsig wat ons nog elke dag waardeer.
Besoek ons gerus weer.
Liesel.
Mpho R - Sep 2016
Overall score
Extraordinary.
Mariner Guesthouse's response
Thank you for your kind feedback, Mpho. I am pleased to hear that you could relax and recharge during your stay at Mariner Guesthouse. It is important to us that our staff members are well trained and enjoy what they do. As a result, we are happy to offer great customer service.
You are always welcome to visit us again.
Liesel
Anelda G - May 2016
Overall score
Best guest house accommodation ever!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Beste verblyf by 'n gastehuis nog!
Gasvrye personeel altyd bereidwillig om te help. Kamers is pragtig, netjies en skoon. Die 24 uur-hoekie met tee en koffie en warm sjokolade is fantasties saam met die kaggel vir die koue aande. Die uitsig oor die vlootbasis met al die liggies is soos 'n sprokieswereld. Kos uit die boonste rakke en altyd vars en tuisgemaak. Sal definitief weer daar tuisgaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mariner Guesthouse's response
Ek is so bly dat julle so lekker gebly het! Nie almal sien altyd die klein bederfies raak nie, so dit is lekker om te hoor dat julle dit kon geniet. Ons hoop om julle weer een dag terug te verwelkom!
Liesel - eienaar
Belinda C - May 2016
Overall score
20 jaar-huweliksherdenking: Fantasties!
Mariner Guesthouse's response
Dankie. Ek is bly julle het lekker gebly!
Liesel - eienaar
Pieter W - May 2016
Overall score
Uitstekend.
Mariner Guesthouse's response
Dankie vir die positiewe terugvoering. Ek is bly alles was soos dit moet wees. Jy is altyd welkom!
Groete,
Liesel
(Eienaar)
Erik V - May 2016
Overall score
Netjies.
Mariner Guesthouse's response
Dankie! Ons spandeer baie tyd aan opleiding en onderhoud om die beste diens en gehalte fasiliteite te verseker. Ek is bly julle het dit ook so ervaar.
Groete,
Liesel
(Eienaar)
Dirk V - May 2016
Overall score
Pragtige uitsig, goeie gehalte verblyf.
Mariner Guesthouse's response
Dankie! Die ligging teen die berg bo die dorp wat die pragtige uitsig oor Falsbaai verseker, maar steeds naby restaurante/strande is, was bepalende faktore toe ons die gastehuis in 2009 gebou het. Dit was ook nog altyd vir ons belangrik om waarde vir geld te bied. Ons bied dus verskillende tipes kamers teen verskillende tariewe om meer mense see behoeftes te akkommodeer: almal groot, gerieflik end stylvol!
Riaan V - Apr 2016
Overall score
Persoonlike diens, waarde vir geld.
Mariner Guesthouse's response
Dankie, ons waardeer die "volume punte"!
Johan V - Apr 2016
Overall score
Baie dankie, Mariner Guesthouse vir julle puik aanbieding en diens!
Read moreMariner Guesthouse's response
Dankie vir jou terugvoering! Ek is bly julle het lekker gebly en veral ons ontbyt geniet. Ons is baie gelukkig om personeel te he wat omgee en hou van wat hulle doen.
Ons aan-lyn betalingsfassiliteit, Paybridge, is in die proses om "chip" Debiet Kaarte ook by hulle pakket in te sluit. Ons hoop om dit binnekort in plek te hê.
Groete,
Liesel
(Eienaar)
Christo P - Apr 2016
Overall score
Uitstekende verblyf met pragtige uitsig.
Annatjie B - Mar 2016
Overall score
Die kliëntediens was uitstekend.
Esteé V - Feb 2016
Overall score
Baie mooi en baie gerieflik!
Esmee K - Feb 2016
Overall score
Top!
P S - Jan 2016
Overall score
Netjies en mooi.
Mariner Guesthouse's response
Ek is bly om te hoor ons personeel was vriendelik en behulpsaam. Simonstad het oor die algemeen matige temperature, maar dit was besonders warm hierdie Januarie. Ons boonste verdieping see 3 kamers het wel lugversorgers omdat hulle bietjie warmer raak as die kamers op die ander 2 verdiepings. Ons beplan wel om teen volgende somer lugverkoeling in die Luxury Kamer op die middelste vloer ook by te sit en mettertyd in all die kamers. Hierdie kamers het darem almal balkonne en dak-waaiers, en intussen is daar ook altyd 'n koel seebries wat mens afkoel.
Riaan V - Jan 2016
Overall score
Baie gasvry en goeie kliëntediens.
Gerrit V - Nov 2015
Overall score
Ons het ongelooflik lekker gekuier! Baie dankie!
Mariner Guesthouse's response
Dankie Gerrit - kom gerus weer!
Wilmari T - Oct 2015
Overall score
Goeie verblyf en vriendelike diens.
Mariner Guesthouse's response
Beste Wilmari,
Baie dankie vir die terugvoer. Ek is jammer om te hoor julle het gevoel dat julle nie waarde vir geld in ons wittebrood kamer gekry het nie. Ons is altyd baie opgewonde om wittebrood gaste te verwelkom, juis omdat dit so spesiaal is! Hierdie groot kamer, met sy hemelbed en antieke meubels, kristal kandelare, groot badkamer en balkon met pragtige see-uitsig, is beslis die mees romantiese kamer wat in Simonstad vir wittebrood gaste beskikbaar is. Hierdie gerief kom wel teen 'n premium, soos met wittebrood kamers by alle gastehuise. Ons het ongelukkig nie geweet dat dit julle wittebrood was nie! As ons weet van 'n spesiale geleentheid of herdenking, maak ons altyd die kamer ekstra mooi met roosblare, kerse en 'n komplimentêre bottel sjampanje. Hierdie kamer het ook sy eie Espresso/Cappuccino masjien, groot platskerm TV met DStv, lugverkoeler, mikrogolf, yskassie met verversings en gratis Wi-Fi. Addisionele opsies soos vingerhappies of selfs 'n romantiese, privaat aandete in die kamer, 'n bos blomme ter bestelling, of wat ookal gaste verlang, is beskikbaar en ons reël dit graag.
Vir ander voornemende gaste vra ons dat ons asseblief in kennis gestel word van spesiale geleenthede om ons die geleentheid te gee om wel die ervaring so spesiaal moontlik te maak en waarde vir geld te bied.
Philip D - Oct 2015
Overall score
Gerieflik, gemaklik en goeie waarde vir geld.
Erma S - Sep 2015
Overall score
Heerlike oornagplek.
Claudia K - Aug 2015
Overall score
Dit was 'n wonderlike ervaring. Die persoonlike aandag en vriendelik diens was uitstekend. Ons sal enige tyd weer daar gaan bly.
Read moreHelgardt M - Aug 2015
Overall score
Ek en my vrou het vir 'n langnaweek by die Mariner Gastehuis gebly.
Naomi S - Mar 2015
Overall score
Ons wegbreeknaweek na die nuwejaar-begin-malligheid.
Silke P - Mar 2015
Overall score
Romanties, skoon en mooi!
Ronet S - Feb 2015
Overall score
Luuks en ruim, pragtige uitsig en stilte was wonderlik.
Sonja M - Feb 2015
Overall score
Pragtige omgewing, uitsig en gastehuis met wonderlike personeel en bestuur.
Marlyn L - Dec 2014
Overall score
'n Rustige, stylvolle gastehuis binne loopafstand van die dorpie en see.
Read moreElsjene B - Nov 2014
Overall score
Pragtig en wonderlik!
Magda B - Jul 2014
Overall score
Dit is meer as net 'n gastehuis.
Paul H - Jul 2014
Overall score
All one should expect of a 4 star guest house.
Annemarie F - Jul 2014
Overall score
Ons het elke oomblik geniet en van die eerste ooblik af tuis gevoel.
Sabrina V - Jul 2014
Overall score
Baie genotvol! Die ontbyt was baie smaakvol en die drankies billik.
Marelize F - Jun 2014
Overall score
Dit was fantasmagories!
Chris P - May 2014
Overall score
Standaard hoog en soos ek verwag en van hou.
Andrew S - May 2014
Overall score
Warm, friendly environment
Lynn K - Apr 2014
Overall score
Spectacular views in a tastefully designed home!
Pieter D - Dec 2013
Overall score
Absolutely outstanding!!!
Nelie C - Oct 2013
Overall score
Heerlik en ontspanne, huislik en vriendelik, onverbeterlik, letterlik 5-ster verblyf!
Adrian S - Sep 2013
Overall score
Home away from home. Excellent!
Ettienne T - Sep 2013
Overall score
Fantasties! 100% waarde vir jou geld.
Nhlalala C - Apr 2013
Overall score
We enjoyed our stay!
Jolanda H - Oct 2012
Overall score
Exellent!
- Capacity: 17 people
-
Check-in: 14:00 to 22:00
Check-out: 10:00 - Address: 12 Harbour Heights Close, Simon's Town, Cape Town, 7975, Western Cape
- All ages welcome