The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Moderne Studio Woonstel | TravelGround
+17

Moderne Studio Woonstel

Self Catering

Review Summary

4.6 out of 5from 8 reviews for Moderne Studio Woonstel
Cleanliness
4.8/5
Service
4.5/5
Location
4.4/5
Safety
5.0/5
Value for money
4.1/5
Werner V - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
1/5
Location
2/5
Safety
5/5
Value for money
1/5
Werner V
With spouse/partner

Ons sou twee aande spandeer het, maar het na die eerste aand die tweede aand gekanselleer.

Met ons aankoms was daar nie vir ons voertuig voldoende parkering nie en moes 'n volle derde van ons voertuig in die straat staan, omdat slegs twee derdes op die parkering wat voorsien word kon pas. Ons was bekommerd dat iemand in ons voertuig vasry. Met 'n groot gesukkel het ons naderhand opgegee oor die WiFi (dit werk nie). Die woonstel is deel van die gebou en woning waarin die eienaars woon en daar is slegs 'n deur wat jou van hulle skei. Dus hoor 'n mens baie van wat in hulle huis plaasvind en het ook beteken dat ons baie sleg geslaap het, omdat deure van die huis tot in die vroeë oggendure hard toegemaak word en dit 'n mens laat wakkerskrik. Die beddegoed het vuil merke opgehad, dooie vlieë het op beddegoed rondgelê en daar was iets wat ons deur die nag gebyt het. Die twee stoeltjies en die area aan die buitekant van die woonstel waar jy as gas kan sit, laat 'n mens erg afgeskeep en ingehok voel. Laastens, was hierdie woonstel so warm soos 'n bakoond. Daar is geen ingeboude lugreëling nie en ons moes self die draagbare eenheid aan die gang kry en 'n plan prakseer om die gorrelpyp opgekoppel te kry en by die venster te laat uithang. Hierdie draagbare lugreëling, saam met 'n waaier wat tydens die eerste uur van gebruik sy waailem verloor het (wat ons toe ook moes terugsit en vasskroef) het wel effens gehelp, maar is ongelukkig hopeloos onvoldoende en koel nie die woonstel genoegsaam af nie.

Moderne Studio Woonstel's response

Werner, ek is baie jammer om te lees van julle sogenaamde slegte ervaring by ons studio woonstel. Jy was meer as welkom om jou griewe met ons te bespreek en ons sou dit graag wou aanspreek. Ons is baie trots op ons eenheid, diens en fasiliteite en het nog nooit 'n negatiewe resensie gehad nie. Ons het gaste wat al meermale by ons gebly het vir lang tye,met geen probleme nie.
Om u resensie aan te spreek- u was net bespreek vir die een aand.
Ons eenheid word deeglik en daagliks skoongemaak. Ek persoonlik gaan die woonstel na voor gaste kom en beddegoed was skoon, vars gewas en gestryk. Nog nooit was gaste gebyt nie (dalk 'n muskiet) Ek kan ongelukkig nie pa staan vir vliee nie- dit is Afrika! Doom en peaceful sleep word aan gaste voorsien
Daar is verseker voldoende en veilige parkering vir gaste. Ons is in 'n stil golf landgoed en daar is geen probleem met parkering of verbygaande verkeer nie. Ons sou u graag wou help om so te parkeer dat u gemaklik was,maar dit is nie onder ons aandag gebring nie
Die Wi-Fi is 'n probleem tans in Windhoek. U het dit onder ons aandag gebring ( hoekom u nie die ander 'probleme' aangespreek het nie weet ek nie) en ons het dit met Paratus opgevolg en laat reset. Toe ons nie weer van u hoor nie, het ons aangeneem u het reggekom. Jammer daaroor
Januarie in Windhoek is bitter warm. Daarom het ons 'n mobiele lugversorger, en twee waaiers in die kamer geplaas. Ek is jammer as dit nie aan u vereistes voldoen het nie.
Ek sou graag die kwessies persoonlik met u wou bespreek en nie van hierdie forum gebruik maak nie.
Groete,
Aldalene

Moderne Studio Woonstel
Johan V - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Johan V
Individual traveler

Skoon, netjies en veilig.

Ek het 'n week hier gebly. Die woonstel het alles wat jy benodig. Dit was skoon en netjies. Ek bly gereeld in Windhoek en die is beslis een van die beter opsies. Kan dit beslis aanbeveel.

Moderne Studio Woonstel's response

Baie dankie Johan! Hoop om jou vinnig terug te verwelkom!

Moderne Studio Woonstel
Marica R - Mar 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Marica R
With spouse/partner

Dit is baie stylvol, netjies en privaat, asook baie veilig. Pragtige gasvrou en baie vriendelik.

Beslis sal ons weer daar gaan bly, dit was heerlik.

Edith J - Oct 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Edith J
With spouse/partner

Luuks!

Pragtige wooneenheid! Alles was perfek en so mooi! Die linne op die bed was heerlike wit percale lakens en duvet oortreksel, die badkamer modern en luuks met heerlike heuningbadskuim, handewasmiddel en stortjel. Kombuis was goed toegerus met wat benodig mag word en ook heerlike varsgemaalde koffie, beskuit en koue bottel wyn! Baie gemaklike sitbank voor 'n lekker groot platskerm-TV met al die DStv-kanale. Ons het heerlik gebly en was jammer dat ons nie langer daar kon bly nie. Aldelene was 'n uitstekende gasvrou en baie behulpsaam met inligting oor Windhoek.

Charles B - Aug 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Charles B
With spouse/partner

Baie gerieflike, veilige verblyf.

Elegante Studio Woonstel is 'n gerieflike, mooi en veilige plek om te oornag. Ons het baie lekker gebly en sal beslis weer daarvan gebruik maak as ons in Windhoek kom. Baie gawe gasvrou.

Michelle C - Jul 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Michelle C
With spouse/partner

Netjies, veilig en goed geleë.

Ek en my man het heerlik gebly in Elegant Studio Woonstel. Ons beveel dit graag aan.

Cobus J - Jun 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
3/5
Cobus J
With spouse/partner

Ruim, moderne woonstel aan huis, in sekutiteitsoord.

Woonstel bied stil, ruim akkommodasie in gholflandgoed. Alles was puik en netjies. Geleë aan suide kant van Windhoek, aan buitewyk van stad. Sal gerus aanbeveel.

Emil S - Jun 2018
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Emil S
With spouse/partner

Baie luukse oornagverblyf.

Modern, luuks, netjies en skoon woonstel. Naby aan groot winkelsentrum en westelike verbypad. Ideaal vir een of paar dae verblyf in Windhoek met deurreis/besigheid, ens.

From
R1 100
per night (sleeps 2)
From
From R1 100
per night (sleeps 2)
From
R1 100
per night (sleeps 2)
Make a Booking
  • Capacity: 2 people
  • Check-in: 14:00 to 21:00
    Check-out: 11:00
  • Address: 17 St Andrews Street, Windhoek Golf Estate, Windhoek, 0000, Khomas
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4BfdLDvGkVna0pk4BViJxAmP6cSYiVTkawnO2fTAuV4XsYjMft?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 From R1 100  per night(sleeps 2) 8 5 1 5 17 St Andrews Street Windhoek Golf Estate 0000 Khomas 0860 022 102 14:00-21:00 11:00 -22.616141926257 17.073767293763
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!