Mt Horeb Manor
Review Summary
Nicolene P - Mar 2021
Overall score
Baie aangename ervaring.
Mt Horeb Manor's response
Beste Nicolene
Baie dankie vor jou mooi terugvoer. Dit maak ons harte juig.
Groete
Marx familie
Carol V - Jan 2021
Overall score
Diens en kamers en ontbyt was uit die boonste rakke - puik!
Mt Horeb Manor's response
Beste Carol
Baie dankie vir die wonderlike terugvoering. Ek is so bly julle het lekker gebly by ons.
Groete, Marx familie.
Jennifer H - Sep 2020
Overall score
Baie lekker, mooi en rustig! Puik.
Mt Horeb Manor's response
Beste Jennifer
Baie dankie vir die pragtige verslag. Ons het die gaste so gemis gedurende die inperking, en as ons sulke goeie terugvoer kry, maak dit ons harte sommer warm.
Ek is baie bly julle het jul verblyf geniet.
Kom gerus weer kuier.
Groete
Ursula Marx
Annemarie V - Sep 2020
Overall score
Baie vriendelike ontvangs met 'n gemaklike, mooi en ruim kamer.
Liza D - Sep 2020
Overall score
Was amazing.
Mt Horeb Manor's response
Beste Liza
Baie dankie vir die tyd wat jy geneem het om vir ons die puik terugvoer te gee. Na die Covid pandemie is dit vir ons baie lekker om weer gaste te ontvang en ek is bly om te sien ons het darem nie ons slag verloor nie.
Groete
Ursula
Zelda V - Sep 2020
Overall score
VRIENDELIKE DIENS, WAARDE VIR GELD
Ben W - Jan 2020
Overall score
A beautiful view.
This review has been translated,click hereto view the original version.
'n Pragtige uitsig.
Die kamers is baie groot en gerieflik alhoewel die bed baie hard was. Die enkelvel toiletpapier was ook teleurstellend. Dit was heerlik om in die kamer ontbyt te kon geniet. 'n Rustige plekkie in Clarens.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Joa,
Dankie vir jou terugvoer. Toe ons matrasse gekoop het, moes ons 'n middelpunt kry tussen hard en sag en het nogal tyd spandeer om te kyk wat die industrie standard is. Ons het baie hoë gehalte Bamboo matrasse gekoop. Ons is jammer jy het dit te hard gevind.
Dan die enkellaag toilet papier. Clarens se huise het nog septiese tenks. Ons het lank dubbellaag gebruik, maar elke tweede dag met 'n geblokte tenk gesit. Die aanbeveeling vir septiese tenks is enkellaag papier.
Johann L - Jan 2020
Overall score
Wonderlike ervaring.
Mt Horeb Manor's response
Beste Johann
Baie dankie dat jy tyd geneem het om vir ons terugvoer te gee ivm jou verblyf. Ons is baie bly dat Mt Horeb Manor vir julle as gesin 'n wonderlike ervaring was.
Dis vir ons baie lekker om nuwe mense te leer ken, en ons hoop om julle weer in die toekoms hier te sien.
Groete
Ursula Marx
Robyn B - Dec 2019
Overall score
Great with fantastic rooms.
Annerie P - Dec 2019
Overall score
Baie lekker gebly en mooi!
Mt Horeb Manor's response
Beste Annerie
Sjoe dankie vir die mooi compliment. Dis so lekker om goeie terugvoer te kry.
Ons sien uit na daardie volgende kuier by ons.
Groete
Ursula Marx
Edwin F - Dec 2019
Overall score
The accommodation was very neat and the people were incredibly friendly.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Die verblyf was baie netjies en die mense was ongelooflik vriendelik.
Is baie vriendelik ontvang deur die bestuur. Hulle het ons direk tuis laat voel. Ons kon sien hulle dra hulle besoekers se welstand op die hart. Baie dankie julle, ons sal weer kom kuier.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Edwin, dankie vir die mooi kompliment. Ek, Frans en Matthew geniet dit om ons pragtige huis met gawe mense soos julle te deel.
Geniet julle Kerstyd.
Groete
Ursula Marx
Pieter V - Jul 2019
Overall score
Awesome, great, nice!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Awesome, great, lekker!
Dit was mooi en lekker gewees! Personeel was vriendelik. Eienaar het ons persoonlik ontmoet en daar was baie interaksie tussen haar en ons.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Liewe Pieter
Dit was so lekker om julle weer hier by ons te he. Baie dankie vir die mooi compliment.
Groete tot weersiens.
Ursula Marx
Joe V - Jul 2019
Overall score
Awesome. Excellent.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Awesome. Uitstekend.
Streng aanbeveel. Heather is uitstekend. Lekker ontbyt. Wonderlike kamers. Heerlik atmosfeer.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Christa V - May 2019
Overall score
Peaceful, neat guest house. Big room. Friendly hostess and walking distance from the town.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustige, netjiese gastehuis. Ruim kamer. Vriendelike gasvrou en stapafstand vanaf dorp.
Sien sterre.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Theo B - Apr 2019
Overall score
Great place to stay.
Petro R - Feb 2019
Overall score
Idyllic accommodation.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Idilliese verblyf.
Wat 'n heerlike gastehuis om 'n naweek by te gaan wegkruip! Baie dankie Hester vir die verwelkoming. Die kamer was pragtig en gerieflik en die uitsig asemrowend. Ons het heerlik gekuier en die ontbyt was iets besonders. Bespreek gerus volgende keer by Mt Horeb Manor as jy Clarens wil besoek!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Khaya S - Dec 2018
Overall score
Recreation at its best.
Mt Horeb Manor's response
Dear Khaya,
It was such a pleasure having you as guests. Thank you for the awesome review. Looking forward to your next visit in 2019.
Warmest regards,
Frans & Ursula Marx
Quintin R - Dec 2018
Overall score
Baie netjies en gerieflike verblyf.
Mt Horeb Manor's response
Beste Quintin, dit was ons voorreg om julle hier by ons te hê. Baie dankie vir die kompliment en julle is altyd welkom by ons.
Dawie En Annalise M - Nov 2018
Overall score
Dit was 'n heerlike wegbreek met 'n pragtige uitsig, rustigheid en naby alles.
Mt Horeb Manor's response
Beste Dawie en Annalise, dankie dat ons julle spesiale 15 jaar herdenking met julle kon deel. Kom gerus weer kuier. Baie dankie vir die mooi woorde.
Jacques D - Nov 2018
Overall score
Excellent accommodation.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekende verblyf.
Vriendelike diens, netjies en skoon. Lekker ontbyt en rustige omgewing. Loopafstand vanaf dorpsentrum.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Jacques,
Baie dankie vir die mooi kompliment. Dis sulke mooi terugvoer wat dit vir ons die moeite werd maak om elke dag ons beste te gee.
Groetnis,
Ursula
Adri D - Jul 2018
Overall score
Ons verblyf was presies wat ons nodig gehad het.
Mt Horeb Manor's response
Beste Adri,
Jammer dat ek nou eers antwoord. Ek het vandag die kennis van die plasing gekry.
Baie dankie vir julle pragtige woorde en mooi komplimente.
Ons geniet wat ons doen en elke gas is vir ons spesiaal.
Kom kuier gerus weer.
Groetnis,
Ursula
Ellen C - Jul 2018
Overall score
Hartlik en bedagsaam.
Martijn F - May 2018
Overall score
Bed was kliphard en het so ge-squeek, het gedink hy gaan uitmekaar val. Geld betaal om in onslaapbaare bed te slaap. Nie aangenaam nie.
Helene S - Feb 2018
Overall score
A very special place in Clarens.
This review has been translated,click hereto view the original version.
'n Baie spesiale plek in Clarens.
Baie rustige huis en alles is netjies. Die eienaars is baie gasvry en ek sal dit beslis aanbeveel. Ek sou van 'n lugverkoeler gehou het en ook beter kwaliteit vrugtesap.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Corrie P - Jan 2018
Overall score
Accommodation and food of top quality.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Verblyf en kos uit die boonste rakke.
Het verblyf baie geniet. Beïndruk met kamer, sekuriteit en uitsig. Jammer daar is nie 'n bankie om tasse op neer te sit nie. Dit is lastig om van die vloer af te werk. Ontbyt was besonder lekker. Sal Mt Horeb Manor definitief aanbeveel en sal definitief terugkeer vir nog 'n besoek. Welgedaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Corrie.
Baie dankie vir jou mooi komplimente, ons waardeer dit asook enige opbouende kritiek want dis hoe ons dit nog beter maak vir ons gaste. Ons sal defenitief bagasie rakke/bankies oorweeg. Sien uit na julle volgende kuier.
Voorspoed vir 2018!
Robin D - Jan 2018
Overall score
Friendly and peaceful atmosphere.
Mt Horeb Manor's response
Thank you for the kind words. Glad you enjoyed you stay with us.
Phillip B - Dec 2017
Overall score
Ongelooflik lekker, gerieflik en vriendelik!
Mt Horeb Manor's response
Beste Phillip, dit was ons voorreg om julle hier te verwelkom. Ons hoop om julle gou weer terug te verwelkom. Groete, Frans en Ursula.
Leon B - Nov 2017
Overall score
Diens, uitsig en ontbyt uit die hoogste rakke.
Mt Horeb Manor's response
Baie dankie Leon. Dit was 'n groot plesier en ons hoop julle kom kuier sommer gou weer!
Groete
Frans en Ursula
Corne R - Sep 2017
Overall score
Baie lekker, goeie waarde vir geld.
Megan M - Aug 2017
Overall score
Beautiful rooms view and great service.
Mt Horeb Manor's response
Dear Dylan,
Thank you so much for the awesome, detailed and kind review! We are thrilled that you enjoyed your stay with us and hope to welcome you back in the not -too-distant future!
Regards,
Frans and Ursula
Douw&heleen V - Jul 2017
Overall score
Wonderlik.
Mt Horeb Manor's response
Beste Douw en Heleen,
Dit was vir ons 'n voorreg om julle hier by ons te hê. Ons hoop om julle sommer gou weer terug te mag verwelkom!
Groete,
Frans en Ursula
Herda G - Jul 2017
Overall score
Unbelievably nice stay!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ongelooflik lekker gekuier!
Vriendelike hartsmense wat ons so tuis laat voel het in hulle prentjiemooi gastehuis gevul met ware Vrystaatse gasvryheid en die lekkerste ontbyt! Dankie Ursula en Frans, sien julle gou weer!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Best Herda,
Dit was vir ons 'n groot voorreg om jou en die seuns hier te verwelkom en ons sien daarna uit om julle sommer gereeld hier by ons te verwelkom. Alles van die beste en baie dankie vir die ongelooflike mooi resensie.
Groete,
Frans en Ursula
S K - Jul 2017
Overall score
Fenomenaal!
Mt Horeb Manor's response
Dit was vir ons 'n voorreg om julle van diens te wees en baie dankie vir die aanbeveling en vriendelike woorde. Kom kuier sommer gou weer!
Groete,
Frans en Ursula
Andries V - Jul 2017
Overall score
Perfect!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Puik!
Die Marx gesin het ons baie tuis laat voel en Ursella se ontbyt is uit die boonste rakke. Dit is 'n moet as jy in Clarens oorslaap.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Andries,
Dit was 'n groot plesier. Hier by ons moet almal sommer dadelik welkom en tuis voel - en natuurlik lekker eet en slaap!
Groete,
Frans en Ursula
Henning E - Jun 2017
Overall score
Privilege to relax here.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Voorreg om hier te kon ontspan.
Wonderlike gashere. Opregte mense wat trots is op wat hulle aanbied. Sal weer hier bly.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Henning,
Ons geniet dit ongelooflik baie om van diens te wees en ons is bly julle het julle kuier geniet!
Groete,
Frans en Ursula
Cobus R - Mar 2017
Overall score
Brilliant.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Brilliant.
Uitstekend, sal dit beslis oral aanbeveel en baie beslis waar daar gaan oornag!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Cobus,
Baie dankie vir die aanbeveling. Ons kyk uit vir julle as julle weer in die rigting kom!
Groete,
Frans en Ursula
Jeanne - Mar 2017
Overall score
Great.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Heerlik.
Pragtige gastehuis, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. Die uitsig met ontbyt is pragtig.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Jeanne,
Ons fokus is op uitnemende diens en natuurlik goeie waarde vir geld. Ons is bly dat julle die kuier geniet het en sien julle weer!
Groete,
Frans en Ursula
Jean R - Mar 2017
Overall score
Beautiful accommodation and clean rooms.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Pragtige akkommodasie en kamers was skoon. Sou weer bly as ons Clarens besoek. Loopafstand na middedorp.
Sien sterre.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Beste Jean, dankie dat julle Mt Horeb Manor gekies het en baie dankie vir die review! Groete Frans en Ursula
Pedrie O - Oct 2016
Overall score
Clean and relaxing.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Skoon en rustig!
Baie luukse skoon kamers. Verseker 'n plek waar jy waarde vir jou geld kry!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Mt Horeb Manor's response
Hi Pedrie, baie dankie vir jou review! Dit was vir ons 'n voorreg om julle hier by ons te verwelkom en hoop om julle sommer gou weer te sien!
De Bruyn M - Sep 2016
Overall score
Het die tyd baie geniet by Mt Horeb Manor! Was 'n spesiale naweek en sal dit nooit vergeet nie.
Read moreMt Horeb Manor's response
Dit was vir ons 'n reuse voorreg om deel te he aan so 'n spesiale tyd in julle lewens. Ons bid julle die Here se seen toe op julle pad vorentoe en hoop om julle sommer gou weer by Mt Horeb Manor te verwelkom. Ons sal 'n bestelling plaas vir bietjie sneeu!
- Capacity: 8 people
-
Check-in: 12:00 to 19:00
Check-out: 10:00 - Address: Mt Horeb Manor, 139 Roos Street, Clarens, 9707, Free State
- No children under 18