The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Oude Wellington Estate | TravelGround
+90

Oude Wellington Estate

Guest House

Review Summary

4.2 out of 5from 33 reviews for Oude Wellington Estate
Cleanliness
4.2/5
Service
4.2/5
Location
4.3/5
Safety
4.4/5
Value for money
4.2/5
Pieter V - May 2021
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Pieter V
With spouse/partner

Ons het dit baie geniet by Oude Wellington Estate!

Ons was vriendelik ontvang, het 'n heerlike wyn- en brandewynproe saam met Magret gehad, heerlike ontbyt geniet en gastehuis is op 'n baie mooi ligging geleë!

Oude Wellington Estate's response

Baie dankie, Pieter vir julle tyd om so 'n wonderlike resensie te skryf. Ons is so bly julle het dit geniet. Ons hoop ons kan julle dalk en ander keer ook weer verwelkom.
Tot weer siens.
Beste groete,
Margret en die span by Oude Wellington

Oude Wellington Estate
Anton V - Apr 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Anton V
Family with young children

Suksesvolle wegbreek.

Lekker kuier. Gekry waarvoor ek betaal het.

Oude Wellington Estate's response

Ons is bly dat julle 'n lekker wegbreek kon he by ons op Oude Wellington. Dankie dat julle die tyd geneem het om oor julle ervaaring te skryf. Ons sien daarna uit om dalk by 'n volgende kuier deur julle 'n nog beter diens te kan lewer.
Beste groete, Margret en die span by Oude Wellington.

Oude Wellington Estate
Antonio F - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Antonio F
With spouse/partner

Pleasant and relaxed.

Very relaxed location and nice for walks.

Oude Wellington Estate's response

Thank you, Antonio, for your review, we are so happy you enjoyed a relaxing time at Oude Wellington. We loved to have you with us and hope you will come again to enjoy what we have to offer once more.
Kind regards,
Margret and the team at Oude Wellington

Oude Wellington Estate
John K - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
John K
With spouse/partner

Pragtige omgewing, naby hoofroetes, huis is besonders toegerus vriendelike huismense.

Ervaring om in die historiese woning tuis te gaan, soveel nostalgie. Kamer goed ingerig, heerlike ontbyt bedien. Restaurant is aan te beveel: vriendelik ontvangs en die kos getuig van die van 'n bobaaskok! Mens voel net tuis.

Oude Wellington Estate's response

Beste John, ons is so gelukkig oor julle beskrywing.
Ons probeer hard om die geboue en kamers so outentiek moontlik te hou en tog alles wat vandag nodig is beskikbaar te maak. Ons is ook bly julle het ons omvattende ontbyt geniet. Ons sal vir die "bobaas kok" julle dankie aanstuur.
Dalk sien ons mekaar in die naby toekoms weer hier by Oude Wellington.
Van die beste
Margret en die span.

Oude Wellington Estate
Gideon M - Mar 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Gideon M
With spouse/partner

Die personeel het ons baie vriendelik ontvang en was baie behulpsaam met die in trek in die kothuis. Alles is baie mooi verduidelik.

Die geboue en terrein is goed versorg en esteties mooi. Heerlike ontbyt op die stoep geniet. Ons het baie lekker ontspan en die kuier geniet.

Oude Wellington Estate's response

Baie dankie vir julle beskrywing van ons Oude Wellington.
Daar word altyd groot moeite gedoen om opteknap en voor te bly met all die ou geboue se instandhouding en ons is bly dit word waardeer.
Ons probeer om juis die rustigheid te kan aanbid en ons gaste te laat onspan wanneer hulle hier kom kuier.
Ons hoop en vertrou om julle weer te mag verwelkom.
Beste Groete en bly gesond!!.
Margret en die span by Oude Wellington

Oude Wellington Estate
Chantelle W - Nov 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Chantelle W
Individual traveler

Comfy and clean rooms - enjoyable stay.

The rooms are clean and neat with crisp white linen and towels. The best is the spacious bathroom which had a bath and shower. Would have loved more self-catering facilities such as cutlery, dish towels and ice, but the overall the stay was very enjoyable. The only suggestion is to really reconsider the way the restaurant operates, especially the menu, quality of food and service.

Eulogia V - Oct 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Eulogia V
With friends

'n Wonderlike naweek op 'n pragtige plaas!

Die gasheer en -vrou, saam met hul personeel, het uit hul pad gegaan om ons welkom en gemaklik te laat voel. Voeg daarby die ouwêreldse sjarme van die historiese geboue, Crystal die Husky op sy gereelde patrollies, en die beste Brasiliaanse swartboon-sop bedien met plaasbrood ─ 'n wonderlike wegbreeknaweek!

Oude Wellington Estate's response

Baie dankie vir jou prysende worde, ons is so bly julle het dit hier op ons historiese plaas opstal geniet.
Dis elke keer opnuut lekker wanneer ons gaste hou van ons poging om die plaas so outentiek as moontlik te hou, maar met alle geriewe wat vandag verlang word. Ons sal ook julle lof aan die Restaurant aanstuur.
Kom gerus weer en geniet nog 'n wegkom tyd.
Beste Groete Margret en die span by Oude Wellington

Oude Wellington Estate
Willem L - Apr 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Willem L
With friends

Heerlik verblyf; egter iets te koud vir die tyd van die jaar.

Liefdevolle ontvangs in een sprokiesagtige ambience. Jammer dat daar nie 'n sort is nie in hierdie waterarme land. Die water was ook nie warm. Maar ons het die verblyf in die huis van 1795 geniet. Die wynproeëry was gaaf en die aandete onoortrefbaar!

Oude Wellington Estate's response

Liewe Willem en vriende, dankie vir julle vriendelike woorde, ons is bly dit was aangenaam vir julle.
Hierdie kamer no7 is die laaste kamer wat nou nog sonder stort is. Hy gaan nou ook 'n stort kry, ons het nounet daarmee begin. Ook die geyser probleem is opgelos, die termostaat was gebreek en moes vervang word, jammer dat dit te laat is vir julle om te geniet.
Ons sal aan die Restaurant jul lof aanstuur.
Ons hoop om julle tog eendag weer te kan welkom het.
Beste groete
Margret en die span by Oude Wellington

Oude Wellington Estate
Carolise M - Mar 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Carolise M
Family with young children

Stunning!

Oude Wellington is 'n pragtige plaas met oorspronklike Kaapse boustyl. Die kamer wat ons gekry het was baie mooi opgemaak en die geriewe fantasties. Tannie Margret het ons so welkom laat voel. Ons het ook 'n baie lekker ontbyt gekry. Net twee punte om aan te raak: Daar was bouwerk by ons kamer, so dit was 'n bietjie ongemaklik dat hulle kon insien terwyl ons reg gemaak het vir 'n troue, en natuurlik raserig. Die stort se water was yskoud die volgende oggend.

Oude Wellington Estate's response

Baie dankie vir julle woorde, ons is bly julle het die outydse en historiese styl geniet.
Ongelukkig is daar altyd iets om te helstel of te verbeter op so 'n ouer plaas, ons is regtig jammer dat julle juis die kamer langsaan gekry het. Dat daar nie warm water was is beslis nie reg nie, ons sal dadelik daarna kyk. Dit kan dalk wees weens die verandering in die badkamer langsaan, dat dit geyser na werk nie weer aangeskakel is nie.
Ons hoop dat ons vir julle binnekort weer hier mag verwelkom.
Groete van die span by Oude Wellington.

Oude Wellington Estate
Mari G - Jan 2018
Overall score
Cleanliness
2/5
Service
1/5
Location
1/5
Safety
1/5
Value for money
2/5
Mari G
With friends

Onversorg, en in 'n baie swak kondisie. Geen gasvryheid. Kamers swak, aircon in kamer 1 nie gewerk.

Ag nee! Wil nie nog herinner word van die plek nie. Al wat uitstekend was, was die restaurant Bar Bar Black Sheep, John en Susara het gesorg vir uitstekende kos.

Helga H - Nov 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Helga H
Family with young children

Heerlike rustige plaasopset in 'n prentjiemooi omgewing.

Ons is vriendelik verwelkom en het dadelik tuis gevoel. Die wooneenheid was skoon en netjies en het alles gehad wat ons benodig het, tot 'n haardroër. Daar is 'n inligtingstuk in die kamer met 'n lys van plaaslike restaurante wat ons nuttig gevind het en ook geskiedkundige inligting oor die plaas en die diere wat my kinders baie geniet het. Daar is hope ruimte, die kinders het die plaasgevoel baie geniet met die diere, swembad en dam. Die gevoel is oorheersend een van "sit terug en ontspan". Die kombuispersoneel is baie vriendelik en tegemoetkomend teenoor die kinders se eetbehoeftes.

Michael W - Sep 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Michael W
Individual traveler

Baie gerieflik met 'n 'tuis' gevoel.

Baie sjarme en mooi geleë.

Claudi D - Jul 2017
Overall score
Cleanliness
1/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Claudi D
Family with young children

Sou wonderlik wees as die plek net skoon was.

Dit het die potensiaal om 'n wonderlike plek te wees maar ons kamer en die hoofhuis waar ontbyt bedien word, was toe onder die stof en spinnerakke. Dis in maande nie skoongemaak nie - nie die vloere, meubels, rietplafon of onder/agter die beddens nie. Dis werklik jammer, want die skoon wit linne, kamerjasse, lekker ontbyt, ens. het verdwyn in 'n spreekwoordelike stofwolk.

Joseph Francois O - Apr 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Joseph Francois O
Family with young children

Pleasant and tranquil.

Neat and clean. Pleasant atmosphere.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Aangenaam en rustig.

Netjies en skoon. Aangename atmosfeer.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Benita P - Feb 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Benita P
With spouse/partner

Hospitality!

The buildings dates back to the 17th century and they are truly amazing! Friendly staff. They walk the extra mile ensuring that you're confortable and happy.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Gasvryheid!

Die geboue kom uit die 17de eeu uit en dit is net asemrowend! Verder is die personeel en almal betrokke baie vriendelik en hulle stap die ekstra myl om jou gemaklik en gelukkig te hou.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Hermine A - Feb 2017
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Hermine A
With spouse/partner

Beautiful old country estate.

Just what we were looking for. Some place quiet in a beautiful area.

Johan H - Oct 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
1/5
Johan H
With spouse/partner

Die plek is baie mooi, maar toon tekens van agteruitgang. Warm water probleme het alles bederf.

Daar was nie warm water met ons aankoms nie en die volgende dag was die water nie warm genoeg om die koue kraan oop te draai nie. Óf die temperatuur is te laag gestel, óf die element is te klein. Ons bure wat die geyser met ons gedeel het, het ook gekla. Die verwarmer se een wieletjie was afgebreek. Die vullishouer in die badkamer se pedaal is stukkend. Die telefoon het nie gewerk nie. Die eiers was so hard soos frisbees gebak - glad nie "easy over" soos versoek nie. Die plek lyk miskien soos 'n 4-ster, maar verdien dit nie.

Johann A - Oct 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Johann A
Individual traveler

Wonderful area and great place to sleep.

Delicious breakfast. Restaurant on premisses recommended.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Wonderlike omgewing en heerlike slaapplek.

Lekker ontbyt. Restaurant op dieselfde terrein aan te beveel.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Christie D - Jun 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Christie D
Individual traveler

Warm hospitality, beautiful accommodation and old-world charm.

The host was very welcoming, I can only give this accommodation 100% and hope I have the opportunity to stay there again.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Hartlike gasvryheid, pragtige akkommodasie en ouwêreldse warmte.

Die gasheer was verwelkomend, ek kan die akkommodasie net 100% gradeer, en hoop ek kry weer die geleentheid om daar tuis te gaan.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Karen K - May 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
1/5
Location
4/5
Safety
2/5
Value for money
4/5
Karen K

Oraaiterig.

Die huisie was goed geleë en skoon, maar daar is slegs sonpanele wat warm water verskaf en met 'n bewolkte dag was daar net koue water. As jy die aand gestort het, was daar in die oggende GEEN warm water nie ─ so sleg! Personeel ook nie professioneel nie, alhoewel maklik beskikbaar op SMS.

Marinda V - Apr 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Marinda V
With spouse/partner

Gerieflik en goeie diens.

Ons het ons verblyf by Oude Wellington baie geniet. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Die gastehuis is goed geleë.

Bianca L - Mar 2016
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Bianca L
With spouse/partner

Fantastiese verblyf vir 'n romantiese naweek weg!

Dis nou Donderdag en ons praat sover nog elke dag dat ons net wil terug gaan! Die outydse charme van die geboue en decor met die ongelooflike gasvrye Collin het ons so tuis laat voel hier. Die ontbyt was heerlik, veral die spek! Die restaurant op die perseel is nogal duur, maar die kos was soos kuns en die porsies was meer as genoeg. Vir stadsjapies was dit regtig 'n bederfie om sulke lekker kos hier te vind. Dankie vir die heerlike tyd Oude Wellington!

Tanya D - Jan 2016
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Tanya D
With spouse/partner

Skoon en gerieflik.

Die plekkis is baie oulik en skoon. Dit is ook veilig en jy kan naby jou kamer parkeer. Die ontbyt wat ons gekry het was ook baie lekker. Die enigste aspek wat verbetering benodig is die kommunikasie tussen die bestuur en die restaurant. Ons het gehoop om 'n wyn- en brandewyn-proe te doen en die bestuurder het vir ons die gevoel gegee dat hy nie dit wou doen nie. Hy het later bevestig dat ons by die restaurant kan gaan wat bevestig het dat die enigste persoon wat daarmee kon help op verlof was.

Jamie P - Dec 2015
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Jamie P
With spouse/partner

Gemaklik stil rustig.

Mooi plek met 'n uitstekende restaurant, pragtige ligging stil veilig en werklike waarde vir geld. Ek kan die plek werklik aanbeveel, sal weer daar bly.

Jaco K - Nov 2015
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
2/5
Location
3/5
Safety
3/5
Value for money
2/5
Jaco K
With spouse/partner

Overpriced.

The place is a little run-down. The owner or managers had a huge fight with each other while we were there, somewhat uncomfortable ... Only one DStv channel works. But the room is quite nice, with old victorian style fittings.

Maggie T - Oct 2015
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Maggie T
Individual traveler

Lekker rustig en ontspanne.

Baie mooi plaas met die regte atmosfeer vir gaste wat van die besige stadslewe wil wegkom. Naby genoeg om die area te verken. Alhoewel die restaurant se spyskaart en kos baie goed is, is dit jammer dat hulle nie ligte maaltye voorsien nie en gaste daarvoor terug dorp toe moet ry.

Paul S - Oct 2015
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Paul S
Individual traveler

Absoluut fantasties!

Dit was voorwaar 'n plesier om op Oude Wellington te arriveer en met ope arms verwelkom te word. Ek het in 'n enkelkamer tuisgegaan wat volledig aan my behoeftes voldoen het - dit was gerieflik, koel (ten spyte van die Bolandse Oktoberson) en skoon. Beslis 'n plek waar ek weer 'n draai sal gaan maak.

Quinton D - Sep 2015
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Quinton D
With spouse/partner

Het nie woorde nie.

Dit was vir ons 'n besondere mooi plek; die opstal, die knus suite waar ons geslaap het, die kos, die wyn, die gasvryheid. Dit was definitief waarde vir geld.

Magaretha G - Apr 2015
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Magaretha G
With spouse/partner

Ek en my man het een heerlike nag hier deurgebring terwyl hy aan 'n bergfietswedren in die omgewing deelgeneem het.

Ons het sommer dadelik tuis gevoel in die rustige plaasatmosfeer en omring met die historiese geboue. Ons is vriendelik ontvang en vinnig na ons kamer geneem, wat ons waardeer het, want my man was baie moeg en vuil na ure op sy bergfiets. Die kamer het alles gebied wat ons gesoek het. Die ontbyt was heerlik en is deur vriendelike personeel bedien.

Melinda J - Mar 2015
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Melinda J
With spouse/partner

Romantiese vakansie saam met my beste vriend en lewenslange liefde.

Die plaas is pragtig. Die ligging goed, naby aan die lughawe en Kaapstad. Ons is egter baie vinnig verwelkom, en bitter min inligting gegee oor die opset en ander geriewe. Was ook nie bewus van die restaurant op die plaas nie. Die kamers is mooi, maar nie buitengewoon nie. Die pryse is bekostigbaar.

Martiens V - Oct 2014
Overall score
Cleanliness
3/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Martiens V

'n Goeie keuse vir 'n familiegroep om oor te bly, goeie kuierplek vir familie. Restaurant op perseel se kos is uitstekend.

Ou Kaapse verblyf, presies wat die dokter vir ons groot groep aanbeveel het. Ons het mense van Kanada en Engeland gehad in ons groep en was gemaklik hanteer. Voordeel is die restaurant op die perseel, ons kon net daar kuier en die kos was uitstekend. Reg oorkant Kleinevalleij trou venue, toe bly ons sommer vir 6 dae. Kamers koel, groot en mooi.

Sanet V - Sep 2014
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
3/5
Safety
3/5
Value for money
3/5
Sanet V
With spouse/partner

Netjiese, aangename verblyf.

Die antieke geboue en kamers se dekor is stylvol gedoen, ongelukkig was dit soos 'n vrieskas toe ons daar instap. Gelukkig is daar temperatuur regulering, maar dit het 'n paar uur geneem om leefbaar te raak. Andersins 'n aangename verblyf en smaaklike ontbyt.

Hannatjie Vorster V - Aug 2014
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
3/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Hannatjie Vorster V
With spouse/partner

Vriendelike ontvangs, rustige outydse plaasatmosfeer.

Iets anders vir die binnelander wat nie wynmakery en stokery ken nie. Goeie restaurant.

was R1 160
From R1 044
per night (for 2 people)
was R1 160
From R1 044
per night (for 2 people)
was R1 160
From R1 044
per night (for 2 people)
Make a Booking
  • Capacity: 26 people
  • Check-in: 14:00 to 18:00
    Check-out: 11:00
  • Address: Bainskloof R301/3, Wellington, 7654, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxMWI5NWFjLTgzOTYtNGU4MC1hYjcwLTE0Yzg5ZGU2YzI5YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 160, now From R1 044  per night (for 2 people) 33 5 1 5 Bainskloof R301/3 Wellington 7654 Western Cape 0860 022 102 14:00-18:00 11:00 -33.646510483188 19.041892290115
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!