Review Summary
Yolanda G - Dec 2020
Overall score
Heerlike sielsrus van stadslewe.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hallo Yolanda, dit was heerlik om julle hier te ontvang. Baie dankie vir die positiewe terugvoer, ons waardeer dit altyd. Hoop ons sien julle weer in die toekoms.
Groete
Vanessa Scholtz
Annalien S - Aug 2020
Overall score
Amazing break away - will definitely visit again.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hello Annalien,
Dit was regtig heerlik om julle hier te ontvang (ons hoop volgende keer as julle weer kom, sal die weer saamspeel :).
Ons waardeer elke positiewe terugvoer en ons streef daarna om al ons gaste soos eregaste te laat voel!
Hoop om julle sommer gou weer te sien!
Groete
Vanessa Scholtz
Rouxan H - Jan 2019
Overall score
'n Klassieke geval van vakansiegangers uitbuiting, nie 4 ster nie! Bly weg!
Read moreValley Bushveld Country Lodge's response
Hello Rouxan
Baie dankie vir jou terugvoer, ons waardeer dit, ons het nog nooit voorheen gaste in 'n goedkoper kamer geplaas as wat vooraf bespreek is nie.
Die besprekings inligting stem ooreen met die eenheid wat ons vir jou beskikbaar gemaak het. Die foto's dui duidelik die fasilitiete en die grootte van die kamer aan. Ons adverteer ook dat ons eenhede TV's het, maar daar word nie gemeld dat ons DStv het nie.
Elke kamer ontvang 1 Wi-Fi toegangskode per persoon, dus 2 per kamer. Ons beddens kan omskep word in beide 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens.
Die Jacuzzi neem 800 liter water op 'n keer, wat dan daarna dreineer moet word, die swembad word eenkeer gevul en dan onderhou, ons het besluit om vir die rede en weens die droogte die jacuzzi leeg te hou, ons dui dit op ons inligtingstuk aan wat aan gaste gegee word met aankoms. Dankie vir jou kompliment rakende die ete, ons tafel opset is van so aard dat gaste as 'n familie lekker saamkuier, indien gaste anders verkies kan dit so gereëel word. Wat die prys van die kos aanbetref: ons doen navorsing oor die pryse van kos en besoek baie restaurante en ons pryse val binne die kategorie van bekostigbaar, 'n voorgereg en hoofgereg word aan gaste voorgesit teen 'n billike prys.
Ons waardeer elke terugvoer en bou op die negatiewe om dit vir ons toekomstige gaste 'n lekker ervaring te maak. Hoop dat ons julle weer in die toekoms by ons kan verwelkom!
Groete Valley Bushveld Country Lodge
Bestuur
Joseph S - Jan 2019
Overall score
Fantastic.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hello Joseph,
Thank you very much for your positive feedback, it is appreciated. We hope to accommodate you again in future.
Kind regards,
Vanessa and Kerneels
Mellisa Koen K - Jan 2019
Overall score
Die beste plek in Suid-Afrika.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hello Melissa,
Baie dankie vir jou uiters positiewe terugvoer, ons waardeer dit werklik baie. Hoop dat julle weer binnekort by ons sal kom kuier!
Groete,
Vanessa & Kerneels
Carine P - Jan 2019
Overall score
Heerlik gebly, goeie diens en pragtige omgewing, nuwe vriende gemaak.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hello Carine, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Dit was voorwaar heerlik om julle hier by ons te hê. Hoop om julle weer in die nabye toekoms hier te verwelkom!
Groete,
Valley Bushveld Country Lodge span
Daniel T - Oct 2018
Overall score
Lekker rustig en mooi natuurskoon.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Goeiedag Burger
Baie dankie vir jou terugvoer, ons waardeer altyd komplimente en opbouende kritiek.
Graag wil ek net 'n paar punte uitlig, die bestuurder het aan julle verduidelik dat ons in 'n knellende droogte is en dat ons nie die jacuzzi in tye van droogte gebruik nie, aangesien dit 800 liter water op 'n slag gebruik en dan weer net so moet uitgetap word na gebruik terwyl ons sukkel om al die wild en diere aan die gang te hou met die beperkte watervoorraad tot ons beskikking. Ek glo julle sal waardering hê daarvoor.
Die DStv, as jy op ons webblad kyk, sal jy sien dat ons sê daar is TV's in die kamers, nie DStv nie. Die eerste aand met julle aankoms het ons bestuurder vir julle verduidelik dat die gebruik van die boma daardie aand nie moontlik sal wees nie, want daar was wind gewees en daar was gaste in 'n kamer direk agter die boma, wat dit moeilik maak aangesien dit buitelandse gaste was en hulle nie waardering het vir rook wat in hul kamer inkom nie en 'n groot vuur sou waardeer nie. Dit is ook 'n brand risiko aangesien dit 'n grasdak boma is. Hy het toe vir julle gesê dat die volgende aand dit nie 'n probleem sou wees nie, aangesien hy geweet het dat die spesifieke gaste die volgende dag sou uitgaan en daardie kamer nie bespreek is nie en natuurlik as die weer dit toelaat. Julle het die volgende aand terugekom van julle rugby en aandete en toe niks genoem dat julle die boma wil gebruik nie, en die bestuurder het aangeneem dat julle nie meer belangstel nie.
Dit was egter verblydend dat julle die skuif van die twin kamer na die dubbelkamer waardeer het. Hoop om julle weer in die toekoms te kan akkommodeer!
Vanessa
Marietjie B - Oct 2018
Overall score
Uitstekende en vriendelike ontvangs. Heerlik gekuier, geslaap en die etes was van hoogstaande gehalte.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hallo Marietjie, baie dankie vir die positiewe opmerkings en terugvoer, dit word altyd waardeer. Dit was lekker om julle hier by ons te hê en ons hoop dat ons julle weer in die toekoms sal sien.
Groete
Vanessa
Leon K - Jul 2018
Overall score
One of my best accommodation experiences yet!
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Een van my beste verblyf-ervarings nog!
Valley Bushveld het ons verwagtinge ver oortref. Ons is soos familie deur die personeel van die Lodge behandel. Die bestuurder het uit sy pad gegaan om ons welkom te laat voel en sy kennis van wat die omgewing vir besoekers aanbied, is indrukwekkend. Nieteenstaande die droogte wat die Oos-Kaap tans ervaar, is die omliggende natuurskoon asemrowend. Die droë rivierbedding is veral iets om te aanskou en bied uitstekende tonele vir fotografie. Valley Bushveld sien ons ongetwyfeld weer!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hello Leon, baie dankie vir jou positiewe terugvoering. Dit was 'n plesier om julle familie hier by ons te akkommodeer. Ons probeer altyd om ons gaste tuis te laat voel en die beste diens te bied. Ons sien uit daarna om julle weer te verwelkom
Groete
Vanessa
Elize Z - May 2018
Overall score
Fantastiese gasvryheid in 'n wonderlike omgewing.
Valley Bushveld Country Lodge's response
Hello Elize, baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons probeer altyd om ons gaste welkom te laat voel. Ons hoop om julle weer in die toekoms hier te verwelkom.
Groete
Vanessa
Gerard F - Jan 2015
Overall score
Die fasiliteite en etes is uit die boonste rakke en beslis waarde vir geld.
Bossie M - Sep 2014
Overall score
Fantastiese huislike gevoel in die natuur. Sit op stoep met ietsie te drink in die hand en kyk hoe die wild hier reg voor jou op die gras kom wei. Geniet die kaggel en uitgebreide boeke oor wild, jag en natuur.
Read moreAndre S - Jul 2014
Overall score
Luuks, rustig en heeltemal op jou eie!
Janet E - Mar 2014
Overall score
Kan nie wag om weer soontoe te gaan nie en verseker vir langer !
Mary S - Jan 2012
Overall score
Wonderful
Cor B - Dec 2011
Overall score
Real touch of Africa in caring comfort
Juazel P - Oct 2011
Overall score
Wonderful stay ... we really did not want to leave!
Jess F - Oct 2011
Overall score
What a fantastic spot!
Leandri L - Jul 2011
Overall score
Outstanding value for your money.
Ross B - Nov 2010
Overall score
A memorable experience!
- Capacity: 16 people
-
Check-in: 14:00 to 20:00
Check-out: 10:00 - Address: Prentice Kraal, Cockscomb Road on R75, Uitenhage, 6232, Eastern Cape
- No children under 12