The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Varkenskraal Farm | TravelGround
+31

Varkenskraal Farm

59 reviews
Self Catering

Review Summary

4.8 out of 5from 59 reviews for Varkenskraal Farm
Cleanliness
4.8/5
Service
4.7/5
Location
4.9/5
Safety
4.9/5
Value for money
4.8/5
Jimmy S - May 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Jimmy S
Individual traveler

Pragtige omgewing, puik geriewe.

Ek is vriendelik ontvang en die oornag plekkie was sprankelskoon. Rustige plaasatmosfeer in een van die mooiste dele van ons land.

Varkenskraal Farm's response

Goeiemiddag Jimmy
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Ja, dit is pragtige deel van ons land. Ons is baie bevoorreg om hier te kan woon.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Janean W - May 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Janean W
Family with young children

Pragtige huis en beeldskone ligging.

Ons was baie vriendelike ontvang by Varkenskraal. Dit is 'n pragtige huis met goeie geriewe. Beeldskone area tussen die berge. Die kinders het die skaaphonde geniet wat by ons kom kuier het. Ons sal vir seker weer daar gaan bly as ons in die area is.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Janean,
Dit is lekker om te hoor dat julle Varkenskraal so baie geniet het.
Sal goed wees om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Dirk D - Apr 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Dirk D
With spouse/partner

Varkenskraal se Voerstal.

Ons het onlangs oornag by Varkenskraal en het dit baie geniet. Die twee slaapkamer/badkamerhuisie was baie gerieflik met al die bykomstighede vir 'n gerieflike ervaring. Ons is vriendelik ontvang op die plaas en het ook 'n komplimentêre bottel Varkenskraal wyn ontvang. Lees gerus die interessante ontstaan van Meiringspoort op die koffietafel. Ons sal beslis weer gebruik maak van Varkenskraal soos die geleentheid hom voordoen.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Dirk,
Goed om te verneem dat julle jul kuier en Varkenskraal geniet het.
Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Andre En Petro O - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Andre En Petro O
With spouse/partner

Stil, rustig, pragtig.

Ons was in Die Werkershuisie. Die ander eenheid was reeds bespreek. Die Werkershuisie se braai was aan die agterkant van die huisie op sy eie groot onderdak-patio teen die bos. Die ander eenheid se braai is aan die voorkant op die stoep. Die groter eenheid het ook 'n groot ronde braai as deel van die stoep wat meer 'n kuier-area is, alhoewel daar ook 'n ingeboude braai aan die aan kant van die voorstoep is. Die groter eenheid se braai maak 'n effens windbeskutting as die wind van daai kant af sou waai. Die Werkershuisie se voorstoep is oop. Al twee eenhede se pragtige uitsig oor die druiweboorde en berge is ewe goed. Die twee huisies is baie privaat en mens hoor of sien nie jou bure nie. Wat ons die meeste beïndruk het was die netheid en kwaliteit van al die meubels en toerusting. Die restourasie van die huisie is puik gedoen met 'n hoe standaard van vakmanskap, veral die houtwerk. Elke vertrek se vensters het Romeinse blindings en dit is gewoonlik problematies by meeste plekke en ons verpes dit. Tog, die wat in die Werkershuisie was, het veral seepglad gewerk en was regtig ooglopend netjies. Ons was net twee, en niks was beknop nie. Die bed en beddegoed was uitstekend. Ons het net gevra dat die verekussings in die toekoms liewer met gewone anti-allergiese kussings vervang moet word aangesien ek erg allergies is vir enige vorm van vere. Ons het gelukkig ons eie kussings wat ons altyd saam rondry. Om op te som, dis kwaliteit-verblyf. Mens voel goed as jy uitgepak het en alles val mooi in plek, veral na die eerste koppie koffie en beskuit wat op die tafel wag vir jou. Dis nou ons toekomstige 'plekkie' as ons weer in daai rigting is.

Varkenskraal Farm's response

Dit is nou 'n blink en volledige resensie, baie dankie daarvoor.
Ons het jul voorstelle aangaande kussings en komberse geimplementeer.
Bly julle het lekker gekuier.
Hoop om julle in nabye toekoms weer te verwelkom.

Varkenskraal Farm
Robert S - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Robert S
With spouse/partner

Vyfde keer by Varkenskraal.

Vyfde keer by Varkenskraal oorgebly en soos altyd baie tevrede.

Varkenskraal Farm's response

Middag Robert,
Dankie, dit is voorwaar lekker om te hoor dat julle dit weer lekker gekuier het.
Vriendelike groete,
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Estelie S - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Estelie S
With friends

Pragtige plek. Perfekte ligging. Puik diens.

Die Varkenskraal wyn en die melk in die yskas was 'n lekker verassing. En daar was hout vir die kaggel en die braaier voorsien.

Elzette M - Mar 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Elzette M
With friends

Wegbreeknaweek (een aand) saam met vriendinne.

Die ligging, uitsig en huisies is uit die boeke. Die afronding binne die huisie is beeldskoon. Die Karoo-kalmte pak jou as jy op die stoep sit en oor die wingerde en Nguni's uitkyk. En De Rust is net ’n klipgooi vêr.

Varkenskraal Farm's response

Goeiemore Elzette
Ek is bly om te hoor dat julle Varkenskraal so geniet het.
Hoop om julle gou weer te sien.
Vriendelike groete
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Herman D - Feb 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Herman D
With spouse/partner

Rustige kuier en goeie nagrus.

Lieflike plek om te oornag.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Herman,
Lekker om sulke positiewe terugvoer te ontvang.
Dit is lekker rustig op Varkenskraal.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Werner O - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Werner O
Family with young children

Onverbeterlik!

Hierdie plaas is reg in Meiringspoort. Absoluut die moeite werd. Die huisie is groot, netjies, skoon en goed ingerig. Genoeg eetgerei vir 8 mense en die kombuis het alles wat jy nodig het selfs om koek te bak! Ek sal die plaas enige tyd aanbeveel! Dit is 'n moet as jy in die omgewing van Oudtshoorn is.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Werner,
Dit is goed om te hoor dat julle Varkenskraal geniet het.
Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Annelien P - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Annelien P
Family with teenagers

Stukkie hemel op aarde weg van al die gejaag af.

Sien sterre.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Annelien,
Lekker om te hoor dat julle so lekker gekuier het.
Sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Anita V - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Anita V
Family with teenagers

Pragtige uitsig vanaf ’n lieflike kothuis!

Varkenskraal is perfek geleë. Die huis is lieflik, volledig toegerus met ’n prentjiemooi uitsig. Ons sal beslis dit aanbeveel!

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Anita, ons is baie gelukkig om in die pragtige Meiringspoort te wees en om dit te kan deel met ons gaste. Bly julle het jul kuier geniet. Vriendelike groete, Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Gerda V - Dec 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Gerda V
With spouse/partner

Heerlik. Goeie kwaliteit.

Pragtige huisies tussen die druiwe. Mooi binneversiering. Goeie kwaliteit. Heerlike wyn wat van die druiwe gemaak word. Heerlik. Sal dit definitief aanbeveel en weer teruggaan. Baie voëls ook om na te kyk en mooi sonsondergang.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Gerda,
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Goed om te hoor dat julle Varkenskraal so baie geniet het.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Stifanus L - Dec 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Stifanus L
Family with teenagers

Stil, rustig en goed toegerus.

Ons het die rustige en stil omgewing baie geniet. Ek sal vir seker weer daar oorbly.

Johan K - Dec 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Johan K
With spouse/partner

Baie rustig na lang reis.

Sterk aan te bevele.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Johan,
Lekker om te hoor dat julle lekker gerus het.
Sien daar na uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete,
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Steyn O - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Steyn O
With spouse/partner

Pragtige, rustige plek.

Wat 'n uitsig! Geen TV, so baie tyd vir kuier en lees.

Kirsten J - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Kirsten J
With spouse/partner

Great value for money!

Beautiful location. We will definitely be back.

Varkenskraal Farm's response

Good afternoon Kirsten,
Great to hear that you enjoyed your stay on Varkenskraal.
We look forward to welcoming you back.
Kind regards.
Andre and Gail.

Varkenskraal Farm
Frans L - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Frans L
With friends

We had a pleasant stay with all the comforts we needed.

We just found the place to be a bit dusty and the carpet in the down stairs rook was not very clean. I would recommend people to stay there as we found it very peaceful.

Varkenskraal Farm's response

Good morning Frans,
Thank you for the feedback, sorry about the carpet and dust, we have addressed this.
Good to hear that you found your stay very peaceful.
Kind regards.
Andre & Gail.

Varkenskraal Farm
Elspeth A - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Elspeth A
Family with young children

Pragtig en rustig geleë so tussen die berge.

Puik verblyf met alles wat jy nodig het.

Frik N - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Frik N
With spouse/partner

Ons het Varkenskraal Farm terdeë geniet.

Varkenskraal Farm akkommodasie was uitstekende. Top gehalte binnehuise toerusting. Skoon en baie netjies. Heerlike rustig atmosfeer met baie voëls. Die yskoue Chenin blanc wyn was 'n groot verrassing en terdeë geniet. Herman was 'n uitstekende gasheer.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Frik,
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Goed om te hoor dat alles na wense was en julle die wyn geniet het.
Ons sien daarna uit om julle in gou weer te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Annemarie M - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Annemarie M
Family with young children

Rus naby De Rust.

Ons het oornag as gesin en heerlike herhinneringe saamgevat. Vriendelik en hartlik ontvang. Prentjiemooi uitsigte en die vuurput was 'n wenner. Ons gesin het tot na donker om hom gekuier. Sal vir seker Varkenskraal aanbeveel.

Varkenskraal Farm's response

Middag Annemarie,
Dit is goed om te hoor dat julle lekker gekuier het.
Ons sien daarna uit om julle gou weer te verwelkom.
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Odette K - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Odette K
With spouse/partner

Fantastic venue and the owners met us personally on the first day which was great.

Bottle of wine in fridge and Herman was always willing to assist in need. The lady cleaned our house midway through stay and she was great.

Benita G - Oct 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Benita G
Family with young children

Pragtige omgewing. Lieflike blyplek. Vriendelike eienaars. Heerlike wyn!

As jy wil wegbreek vir paar dae is hierdie die plek om te gaan.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Benita,
Was lekker om julle te ontmoet.
Dit is goed om te hoor dat julle die kuier so baie geniet het.
Ons sien daarna uit om julle weer in die nabye toekoms te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Adele C - Oct 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Adele C

Ons het 2 keer oorgeslaap.

Ek, my man en ons 2 Golden Retriever honde. Dit was regtig puik, skoon, netjies, gerieflik. Die Voerstal was goed toegerus en ons sal beslis weer daar wil bly. Dit is 'n werkende plaas met wingerd en lande. Die bestuurder was baie hulpvaardig en vriendelik. Baie dankie Anges. Jou hulp en moeite word waardeer.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Adele, lekker om te hoor julle het die kuier geniet. Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom. Vriendelike groete, Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Yolandi N - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Yolandi N
Family with young children

Mooi ligging en baie oulike huisies met karakter.

Lekker kuierhuis met geriewe vir kuier om vuur as die weer dit toelaat. Pragtige ligging.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Yolandi,
Bly julle het lekker gekuier, hopelik sal die weer volgende keer die kuiervuur toelaat. Ons is egter baie dankbaar vir die reen.
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Groete.
Andre.

Varkenskraal Farm
Robert S - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Robert S
With spouse/partner

Third stay at Varkenskraal.

Always a pleasure to return. Lovely setting, friendly and helpful hosts, very comfortable, neat and well-equipped house.

Varkenskraal Farm's response

Hi Robert,
Good to hear that you enjoyed your stay. Thank you for your kind words.
It is always good to welcome you back.
Kind regards.
Andre & Gail.

Varkenskraal Farm
Stephan N - Sep 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Stephan N
On business

Amazing!

Beste plek wat ek nog ooit by oornag het! Alles was net amazing! Sal definitief wie hier oornag! Dit is net breathtaking mooi!

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Stephan,
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Dit is goed om te hoor dat julle die kuier geniet het.
Ons sien daarna uit om julle weer in nabye toekoms te verwelkom.
Groete.
Andre.

Varkenskraal Farm
Chris S - Aug 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Chris S
With spouse/partner

Oornag gebly, maar sal ook lekker naweekkuier kan hou.

Geen selfoonsein en WiFi was baie stadig.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Chris,
Sal julle graag oor 'n naweek verwelkom.
Omdat ons WiFi sein deur torings op die berge arriveer is dit soms wisselvallig. Is tans besig om verbetering van WiFi te ondersoek (onlangse gure weer het ook nie gehelp nie).
Dankie vir die terugvoer.
Groete.
Andre.

Varkenskraal Farm
Samantha G - Aug 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
3/5
Location
4/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Samantha G
With spouse/partner

Please supply salt, pepper, and some fire lighters as well as a full bag of firewood.

The manager was not very welcoming. And chased us out at 10:15 - I have elderly folks (dad with Alzheimer’s) and I was trying to get them packed up on time. He was quite rude.

Varkenskraal Farm's response

Good afternoon Samantha,

Thank you for your recommendations which we will attend to.
We are very disappointed to read your comments regarding the manager, it will be taken up with him and addressed. Please accept our apologies.
Hopefully you enjoyed the rest of your stay.

Kind regards.
Andre.

Varkenskraal Farm
Cath D - Mar 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
5/5
Cath D
With spouse/partner

Ons en ons honde het 'n wonderlike kuier gehad! Die sterrehemel saans en die pragtige berge bedags was asemrowend. Die werkershuisie was mooier as die webfoto's en uiters keurig en gerieflik ingerig

Ons her met swaar harte gegroet en sal beslis weer gaan bly.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Ina,
Dit is goed om te hoor dat julle lekker gekuier het.
Groete,
Andre.

Varkenskraal Farm
Aveline T - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Aveline T
With spouse/partner

Net wat ons nodig gehad het.

Baie lekker gekuier. Dit was rusting en mooi uitsig gehad. Sal weer daar wil bly.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Aveline,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Bly julle het lekker gekuier.
Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Rika V - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Rika V
With spouse/partner

Uitstekende verblyf.

Skoon en netjies. Aangename en hulpvaardige gasvrou en gade. Eenheid bied alles wat jy nodig het. Maklik bereikbaar. In 'n area wat baie bied om te ontdek. Meiringspoort was natuurlik tops.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Rika,
Dit is goed om te hoor dat julle die plaas en omgewing geniet het.
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Vriendelike groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Rob M - Feb 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Rob M
With spouse/partner

Relaxing.

A pool in summer, and an internal fireplace in winter would be nice.

Varkenskraal Farm's response

Good afternoon Rob,
We are glad that you found your stay relaxing. Thank you for your recommendations.
Regards,
Andre and Gail.

Varkenskraal Farm
Marne M - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Marne M
Individual traveler

Absolutely Fantastic!

I made a last minute reservation at Varkenskraal and was it one of the best places I've stayed at. Jana welcomed me, amazing lady. I am actually returning to the De Rust area tomorrow and will for sure try to stay at Varkenskraal again. The bottle of wine was a great touch and very welcome after the heat of the day. Spectacular views and a amazing cottage. Thank you very much for hosting me.

Varkenskraal Farm's response

Hi Marne,
Great to hear that you enjoyed your stay.
Thank you for the uplifting review, will pass on your wishes to Jana.
Kind regards,
Andre & Gail.

Varkenskraal Farm
Ruan V - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Ruan V
Family with young children

Very beautiful and calm.

People are very friendly.

Varkenskraal Farm's response

Hi Ruan,
Thank you for the positive review.
We look forward to welcoming you again.
Kind regards.
André and Gail.

Varkenskraal Farm
Marika G - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Marika G
With spouse/partner

Asemrowende ligging, heerlike ruim kothuis.

Dit was 'n aangename begin tot ons vakansie, heerlik geslaap.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Marika
Ons is bly dat ons kon help om die begin van jul vakansie aangenaam te maak.
Geniet die res van jul vakansie.
Groete
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Mike A - Jan 2020
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
3/5
Mike A
With spouse/partner

Good overnight stop.

Enjoyed the complementary and chilled-bottle of Chenin Blanc, the farm's own wine.

Willem B - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Willem B
Family with teenagers

Ongewone natuurskoon. Baie voëls.

Ons het rus en vrede gevind en baie lekker gerus. Ligging is ideaal om die omgewing te verken. Ons sal graag weer daarheen gaan!

Varkenskraal Farm's response

Goeiemore Willem
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Groete
André en Gail

Varkenskraal Farm
Dirk U - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Dirk U
Family with teenagers

Dit is 'n baie mooi plaas in een van die mooiste dele van ons land.

Ons het die verblyf baie geniet en dit is beslis die moeite werd om daar te oornag. Ons honde het dit ook geniet om in die plaasdam te gaan swem. Die wyn is fantasties.

Varkenskraal Farm's response

Goeiemore Dirk
Ek is bly julle het jul kuier en ons wyn geniet.
Groete.
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Robert S - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Robert S
With friends

Baie mooi ligging, baie mooi huisies en baie goeie waarde vir geld.

Sien sterre.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Robert
Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Groete.
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Etienne V - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Etienne V
With spouse/partner

Gerieflike, moderne akkommodasie in die wingerde met 'n berguitsig.

Die moderne ten volle toegeruste chalet is 'n kerf bo die norm. Sal dit ten sterkste aanbeveel vir nie net 'n oornagplek nie, maar vir langer tye as iemand die omliggende area wil verken.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Etienne
Dit is aangenaam om te hoor dat julle die verblyf, fasiliteite en omgewing geniet het.
Dankie vir die aanbeveling.
Groete.
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Elizna L - Dec 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Elizna L
Family with teenagers

Mooier as mooi!

Ons het ongelooflik lekker gebly op hierdie pragtige plaas. Die verblyf is uit die boonste rakke en daar is alles (en meer) wat jy nodig het. Die huis is baie gerieflik en baie mooi skoon. Sal defnitief weer hier kom bly, maar dan vir ten minste twee aande. Baie dankie vir alles, Jana.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Elizna,

Dit is goed om te hoor dat julle so lekker gekuier het. Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.

Groete.
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Senobia A - Nov 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Senobia A
With spouse/partner

Was baie ontspannend.

Varkenskraal is baie netjies en hulle is baie gasvry die plek is hemel op aarde jy kan stap vleisbraai en moenie die komplimentêre bottel wyn in die yskas vergeet nie.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Senobia,
Dankie vir die positiewe terugvoer. Bly julle het jull kuier en ons wyn geniet.
Groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Johan D - Nov 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Johan D
With spouse/partner

Awesome.

It was a really awesome experience. People friendly and very helpful.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Awesome.

Dit was 'n baie awesome experience. Mense vriendelik en baie behulpsaam.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Johan,
Ons is bly julle het jul kuier baie geniet.
Ons sien daar na uit om julle weer te verwelkom.
Groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Natascha G - Nov 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
4/5
Safety
4/5
Value for money
4/5
Natascha G
With spouse/partner

We had a great time staying at Varkenskraal Farm.

I would definitely recommend Varkenskraal Farm, great week away, and very relaxing!

Varkenskraal Farm's response

Dear Natascha,

Thank you for your positive response. We are glad that you enjoyed your stay.

Regards,
Andre and Gail

Varkenskraal Farm
Pieter V - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
3/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Pieter V
With spouse/partner

Lekker verblyf op 'n versteekte juweel in Meiringspoort.

Ons het op Varkenskraal oornag. Die huisie is baie netjies en skoon, met 'n lugreëlaar wat goed werk en 'n pragtige uitsig oor die plaas wat sy naam ontleen aan varklelies. Die ontvangs was vriendelik en daar is goeie kuiergeriewe wat ons vanweë die kort verblyf nie kon benut nie.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Pieter,
Dankie vir die positiewe terugvoer.
Ons hoop dat julle volgende keer langer sal kan kuier.

Groete
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Pierre V - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Pierre V
With spouse/partner

Die beste ooit.

Dit was nou 'n lekker kuier met die mooiste uitsig.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Pierre,
Dankie vir die positiewe terugvoer, ons is bly julle het die kuier geniet.
Groete
Andre en Gail

Varkenskraal Farm
Leonie H - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Leonie H
With spouse/partner

Great!

Thank you to Herman, Jana and their dog! We had a great stay. The cute house has everything that you need. Just give instructions to use the fancy microwave. Everything was perfect! Would definitely stay there again.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Lekker!

Dankie Herman en Jana en die skaaphond! Ons het so lekker gekuier by julle. So oulike huisie toegerus met als wat nodig is. Gee tog net gebruiksaanwysings vir die fancy mikrogolf. Als was eksieperfeksie! Sal beslis weer kom kuier, maar dié keer beslis langer.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Leonie,
Baie dankie vir die pragtige terugvoer.
Sal jul wense oordra aan Herman, Jana en Siva (die skaaphond).
Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.
Groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Christine H - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Christine H

Wow! Wonderful surroundings, beautiful room and very friendly staff.

It is one of the most beautiful places I have ever been! Very friendly service. Thank you very much.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Wow! Wonderlike omgewing, pragtige kamer en baie vriendelike personeel.

Dit is een van die mooiste plek waar ek nog ooit was! Baie vriendelike diens. Baie dankie.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Varkenskraal Farm's response

Goeiemiddag Christine, baie dankie vir die positiewe terugvoer. Dit is altyd lekker om te hoor oor hoe pragtig ons omgewing en mense is. Groete, André en Gail.

Varkenskraal Farm
Erik B - Sep 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
4/5
Safety
3/5
Value for money
5/5
Erik B
With friends

View of dreams.

Varkenskraal surprised us a lot. The view from the braai area at the big house is fantastic. These are perhaps the best equipped cottages I have ever stayed in. There is literally nothing missing. People have thought of everything and the price is so fair that one cannot overlook it. We will definitely stay there again. It was so relaxing just to sit and socialise around the big fire and even drink some of Varkenskraal's own wine.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Uitsig van drome.

Varkenskraal het ons baie verbaas. Die uitsig vanaf die braai-area by die groot huis is fantasties. Dis dalk die huisies wat die beste toegerus is wat ek nog ooit in gebly het daar is letterlik niks wat kort nie. Die mense het aan alles gedink en die prys is so billik dat 'n mens dit nie kan miskyk. Ons sal definitief weer daar gaan bly. Dit was so rustig om net om daai groot vuur te sit en te kuier en selfs van Varkenskraal se eie wyn te drink.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Varkenskraal Farm's response

Goeiemore Erik, ons is bly dat ons julle aangenaam kon verras. Dankie vir die positiewe terugvoer. Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom. Vriendelike groete, Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Fritz B - Aug 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Fritz B
With spouse/partner

Baie lekker gebly.

Netjiese en skoon verbly. Stilte is baie lekker.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Fritz,

Ons is bly om te hoor dat julle jul verblyf geniet het. Dit is heerlik stil in die berge.

Groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Andre En Anita R - Jul 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Andre En Anita R
With spouse/partner

Een groot heerlikheid!

Pragtig, netjies, skoon en alles wat jy nodig het is in die pragtige huis. Ons het elke oomblik geniet. Heerlike binnekaggel wat ons tot laataand geniet het. Die storte is om van te droom ─ groot genoeg vir 'n hele rugbyspan. Die groot bed was snoesig asook die 2 klein bedjies. Daar is egter net een klein foutjie met die enkelbedjies: die matras is te groot en Gertjie het amper 2 keer uit die bed geval toe sy wou omdraai want die matras sak af. Die plank onder die matras moet dieselfde grootte van die matras wees. Baie baie dankie ons het heerlik gekuier ook saam met die plaasvoorman en sy pragtige dogtertjie. Kan die plekkie in die berge regtig aan beveel.

Varkenskraal Farm's response

Goeie dag André, Anita, Gertjie en Pine,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons is bly julle het jul kuier en die fasiliteite geniet. Ons sal kyk na die enkelbeddens.
Groete
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Rochelle B - Jul 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Rochelle B
With spouse/partner

Rus vir liggaam en siel.

Ons beveel Varkenskraal beslis aan vir diegene wat graag wil ontvlug van alledaagse gejaag. Hier vind 'n mens rus vir liggaam en gees. Vriendelike diens maak die ervaring nóg beter. Dankie vir 2 onvergeetlike aande.

Varkenskraal Farm's response

Goeie more Rochelle,

Dit is lekker om te hoor dat julle jul kuier geniet het.

Ons sien daarna uit om julle weer te verwelkom.

Groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Katie D - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
4/5
Value for money
5/5
Katie D
With friends

Lekker gebly. Byna geen WiFi.

Sien sterre.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Katie
Dankie vir die terugvoer.
Dit is goed om te hoor dat julle lekker gebly het.
Ons Wi-Fi kom van 'n rits toringtjies bo-op die berge en word deur sonkrag aangedryf, kan dus wisselvallig wees.
Groete
André en Gail.

Varkenskraal Farm
Miralda R - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Miralda R
Individual traveler

Asemhaal!

Hierdie plek van rus met sy gul ontvangs en oop ruimtes was presies wat my mensvoos siel, gees en liggaam nodig gehad het! Dankie dat ek weer kan asemhaal na die fantastiese tyd aan hange van die Swartberge!

Varkenskraal Farm's response

Goeiemôre Miralda,
Goed om te hoor dat die kuier jou verfris het.
Groete
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Marthie S - Jun 2019
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Marthie S
With spouse/partner

Goeie plek om ordentlik te rus en mooi omgewing te besoek.

Baie lekker gerus. Mooie Swartbergpas gery en die lieflike dorpie van Prins Albert besoek. Huisie is baie goed en luuks toegerus.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Marinette,

Lekker om te hoor dat julle die verblyf en pragtige omgewing geniet het.

Groete,
Andre en Gail

Varkenskraal Farm
Cheryl K - May 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Cheryl K
With spouse/partner

Amazing experience and wonderful people

So warmly welcomed with a visit from the owners as well as the managers wife. Exceptional accommodation with all needs met.

Varkenskraal Farm's response

Hi Cheryl,

So happy to hear that you enjoyed your stay. It was lovely chatting to you and we look forward to welcoming you again.

Kind regards,
Andre and Gail.

Varkenskraal Farm
Werner C - May 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Werner C
With spouse/partner

Quiet, private and very beautiful.

Thank you very much for a great evening. One night is not enough. Very quiet and private between the mountains.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Rustig, privaat en baie mooi.

Baie dankie vir 'n baie lekker aand. Een aand is te min. Baie rustig en privaat tussen die berge.

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Werner,

Ons is bly julle het jul kuier geniet. Hopelik sien ons julle volgende keer vir bietjie langer.

Groete.
Andre en Gail.

Varkenskraal Farm
Ilse A - May 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Ilse A
With spouse/partner

Beautiful, fresh and peaceful.

Everything is of outstanding value. Good service, good content and slept well.

This review has been translated,click hereto view the original version.

Pragtig, vars en salig.

Alles is van uitstekende waarde. Goeie diens, goeie inhoud en lekker geslaap!

You are reading the original review,click hereto view the translated version.

Varkenskraal Farm's response

Hallo Ilse
Ek is bly julle het jul kuier geniet.
Groete
André

Varkenskraal Farm
Ella E - Apr 2019
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Ella E

Awesome!

Ek sal Varkenskraal vir enige iemand aanbeveel! Dit was so lekker. Die mense is baie vriendelik en was baie verwelkomend toe ons daar aankom! En die beste van als was, daar was 'n yskoue bottel wyn in die yskas! Alles was net heerlik! Dankie!

Varkenskraal Farm's response

Goeie middag Ella,

Dankie vir die positiewe terugvoer.
Ons is bly julle het jul kuier en ons wyn geniet.

Groete,
Andre.

Varkenskraal Farm
From R900
per night (for 2 people)
From R900
per night (for 2 people)
From R900
per night (for 2 people)
Make a Booking
  • Capacity: 8 people
  • Check-in: 14:00 to 19:00
    Check-out: 10:00
  • Address: Portion 5 of Varkenskraal Farm, Meiringspoort District, 4 km from De Rust, 6651, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVDmz9c8zBmBMiobZFio8kZsXBQM78a8JcVYhCJSwHObteO7qPq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format From R900  per night (for 2 people) 59 5 1 5 Portion 5 of Varkenskraal Farm Meiringspoort District 6651 Western Cape 0860 022 102 14:00-19:00 10:00 -33.455173772905 22.558208432347
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!