Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 2950 reviews.
"Baie interessante plekkies in en om Oudtshoorn om te besoek en die mense is altyd vriendelik!"
"Die KKNK bring 'n welkome inkomste vir Oudtshoorn. Dit was goed om die dorp skoon en netjies te sien. Sekuriteitsbeamptes was oral sigbaar. Die dorp het beslis sy vere reg geskud vir die Fees."
"Vol geskiedkundige geboue, maar ongelukkig ook 'n onbevoegde munisipaliteit met al die slaggate."
"As jy in Oudtshoorn is, maak seker dat jy by Smith Winkel Farm Village Oudtshoorn gaan eet, biltong en groen by pizza is 'n moet."
"KKNK is tops! Het by Karoo Pot restaurant geëet meeste van die tyd, kos is uit die boonste rakke en pryse is bekostigbaar. Personeel vriendelik."
"Ek is bly die KKNK is weer 'n goeie finansiële inspuiting vir die dorpie sodat die infrastruktuur onderhou kan word."
"Dwelmmisbruik is 'n groot probleem, maar tydens ons besoek was die polisie baie paraat en sigbaar."
"'n Pragtige, gasvrye Karoodorp wat sy bes doen onder moeilike, politieke druk. Verskeie besienswaardighede in omgewing."
"Oudtshoorn se mense is lekker mense. Daar was so baie om te sien, doen en leer van die Kangogrotte, volstruisplaas en die Cango Wildlife Ranch. Ons het eintlik gegaan net vir die KKNK, maar Oudtshoorn self het ons ingesluk. Baie dankie vir 'n heerlike kuier."
"Dis 'n baie oulike dorpie, maar dit sou lekker gewees het met restaurante oop, maar ons verstaan dat hulle nie kan oop wees met te min toeriste nie."
"Oudtshoorn is a lovely place with lots of history and activities for all ages. Went for the KKNK festival and had a great experience. "
"Die fees was hierdie jaar nie soos vorige jare nie, maar die hele dorp was pragtig skoon ten spyte van al die mense. Dit was 'n goeie ervaring."
"Baie verskillende lekker restaurante wat volstruisvleis heerlik kan gaarmaak en voorsit."