Verified Reviews
Wakkerstroom
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Wakkerstroom
Rated 4.4 out of 5 based on 343 reviews.
"Sou graag meer inligting oor die voëls en waar om voëls te kyk, wou hê. Geen kaart van voëlkykroetes beskikbaar nie."
"Ideaal om weg te kom uit die stad. Baie vriendelike inwoners. Tweedehandse boekeplek langs die garage is 'n hoogtepunt. Interessante winkeltjies om in rond te snuffel. Dit was ons derde Kersfees op Wakkerstroom en ons kom (definitief) terug."
"Soos ander klein dorpies, probleme met water en krag, maar pragtige omgewing en interessante plekke en winkeltjies."
"Vriendelike en behulpsame mense. As dit nie vir 'n paar inwoners nie, sou ons nooit die plek gekry het nie."
"A must-see even if you are not a birder. Stunning wetlands and beautifully maintained and preserved."
"Wakkerstroom has plenty of small town community and charm. Well known as a birders paradise, the small shops, restaurants, flowers, hiking trails, mountain pass and nearby dam and river all worth the trip."
"Wat 'n pragtige wegbreek-dorp! Soortgelyke dorpies het al hopeloos te gekommersialiseerd geraak, maar Wakkerstroom bied die beste van 'n lieflike plattelandse dorpie, met vriendelike mense, baie geskiedenis, pragtige natuurskoon (die mooiste sonsondergange), oulike winkeltjies en baie lekker eetplekke! Wat 'n juweel. Ons het die strate plat gestap en om elke hoek iets nuuts ontdek. Wakkerstroom het ons harte gesteel!"
"Dit bly ons gunsteling bestemming. Verstommend skoon en versorg, danksy 'n betrokke gemeenskap. Die bakkery is tops."
"Vir diegene wat die natuur en stilte geniet is dit beslis 'n plek om gereeld te besoek."
"Wakkerstoom is beautiful and peaceful and the residents are absolutely amazing!"
"Dit is 'n pragtige dorpie met vriendelike mense. Ons doel was om af te skakel, en dit kon ons vir seker doen."
"If you enjoy bird watching is a great destination. A very quiet town, good eating places and still nice and clean roads are fair."
"Ons het die landelike/plattelandse atmosfeer en stilte van die verblyf en omgewing geniet. Na die val van die eerste somerreën sal die landskap baie mooier en groener vertoon."
"Vir natuur en avontuur is dit 'n wonderlike bestemming. Nie vir iemand wat die stadslewe gaan mis nie."
"Dis baie mooi daar. Ons het ongelukkig net deurgery. Ek sal baie graag weer daarnatoe wil gaan en meer tyd daar spandeer."
"Baie stil dorp, vriendelike mense, dadelik tuis gevoel. Eetplekke wat ons besoek het was almal uit die boonste rakke."
"Die ideale plek vir iemand wat wil wegkom van die stad maar steeds lekker restaurante naby wil hê met volop vermaak as jy hou van stap, voëlkyk en fietsry."
"Idyllisch en rustig dorp op het platteland. Baie van die voëls om te sien. Goeie bakkery met groot ontbyt en middagete-opsies. Sowel ander winkels vir daaglikse kruideniersware."
"Droomdorpie, pragtige fotografiegeleenthede. Mense daar is onbeskryflik vriendelik. Restaurante is ongelooflik."
"Wakkerstroom is a wonderful town filled with interesting coffee shops, restaurants and shops. The residents are very friendly and welcoming. It is an ideal location for mountain biking, trail running and hiking."
"Ons het die rugby by De Oude Stasie gaan kyk die Saterdag aand, die hele dorp se mense was daar en almal was so vriendelik en gasvry gewees. Wakkerstroom se natuurprag is oorweldigend, wees net asb. voorbereid vir die uiterste koue wat daarmee saamkom!"
"Rustige, stil omgewing vir 'n rusnaweek weg van die geskarrel van die stad."
"Tiny town with a big heart. We cannot wait to go back in spring or summer. The bakery, Red Rooster and Colonial restaurants are great value for money. If that bakery was in my neighbourhood, all my efforts at weight control would be in vain."