Verified Reviews
Boggoms Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Boggoms Bay
Rated 4.7 out of 5 based on 27 reviews.
"Koop al jou benodigdhede klaar voor jy afdraai na Boggomsbaai. Geen kafees of restaurante en eetplekkies op Boggomsbaai nie. Paaie is in redelike goeie toestand."
"Is die plek om te gaan as jy wil afskakel van die daaglikse gejaagde lewe. Om regtig te kan ontspan en te herlaai en dit is pragtig daar en ook nie ver van Mosselbaai af nie."
"Dit het soos 'n klein vissersdorpie gevoel - klomp vissermanne wat saans vang en dis 'n heerlike, lang, oop strand."
"Boggomsbaai is 'n stil vakansiedorp met geen winkels nie, dus moet jy mooi beplan om alles saam te neem as jy nie wil rondry nie."
"Boggomsbaai is stil en rustig, net wat ons gesoek het. Let asseblief daarop dat daar geen winkels in Boggomsbaai is nie."
"Boggomsbaai se strand is 'n wyd uitgestrekte strand met rotse wat skadu en interessante rotspoeletjies bied."
"Boggomsbaai is 'n heerlike, rustige, vakansieoord, maar 'n winkeltjie met net die nodigste kan miskien handig wees."
"'n Stukkie hemel op aarde vir die natuurliefhebber en stilte-soeker. Mag dit so bly."
"Indien jy opsoek is na rustigheid en kalmte met 'n ongelooflike strand is dit die pkek vir jou."
"Boggomsbaai is baie rustig en die mooiste see-uitsigte. Natuurskoon!"
"Perfect place for peace and quiet in a small village. The beach is huge (no lifeguards on duty - maybe there are during peak seasons). Well away from the rat race and excellent cellphone reception. No houses have walls or electric fences."
"Boggomsbaai is vir die persoon wat rustige wegbreke soek. Mens kan daar ontspan weg van die stadsgewoel. Die mense daar is rustig, vriendelik en gee om vir hul naaste. Die gebied word goed bewaar en die inwoners pas die strand op. Die strand is skoon en die walvisse was 'n bonus. Hul het heerlik "gerus" in die water en was iets om te aanskou."
"Pragtige kus en see! Beeldskone moedernatuur! Kom voorbereid aangesien daar geen winkeltjies is nie."