Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Cape Route 62
Rated 4.6 out of 5 based on 4931 reviews.
"De Rust is voorwaar 'n skilderagtige dorpie in 'n lieflike, interessante omgewing."
"McGregor is 'n pragtige dorpie wat te voet verken moet word: die strate met oulike winkeltjies asook die aangrensende natuurreservaat. Ons vertrou dat McGregor nie sal uitbrei om gekommersialiseer te word nie. McGregor sien ons spoedig weer, hopelik in die winter!"
"Baie netjies, skoon en veilig. Baie om te doen ook baie stil. Ons het heerlik gekuier en sal definitief ons vriende vertel van Prins Albert. Die Showroom was 'n groot verassing en ons was baie gelukkig om 'n Jak de Prieter vertoning daar te sien."
"Robertson as toeriste-bestemming is uitstekend, veral as jy 'n wynliefhebber is, met die baie wynplase in die omgewing. Ook die natuurskoon is 'n pluspunt."
"Wat 'n besondere ontdekking van 'n lieflike omgewing wat my aan die Franse platteland herinner het. Klein, rustig, romanties en tog met oulike kunstige winkeltjies en koffieplekkies! Ons gaan definitief in die toekoms weer hier oorbly wanneer ons 'n kans kry!"
"Baie moeite word ook in die dorp gedoen. Ek dink julle koerantjie en julle aandag aan detail is besonders. Die bome wat in die hoofstraat staan waarvan beeldhou werk gedoen is, baie kreatief. Die dorpie was pragtig."
"Oulike en interessante dorp. Ons het net gevind dat produkte, soos bv. konfyt, baie duur is om te koop. "
"Montagu doesn't have much going on in terms of night life, but is great for those after a relaxed stay. It's such a scenic, beautiful town and almost every house is lined with roses! The bird aviary at Leiwater Dam (at the corner of Barry and Bath Streets) is worth a visit."
"When you're in Prince Albert, go see a movie at The Showroom; it's a fully renovated art nouveau style cinema."
"Montagu is a great weekend getaway from Cape Town, especially for climbing and hiking."
"Ons het baie lekker rugby gekyk en middagete geëet by die aangenaamste mense van die Bosvark. Boplaas se wyne is tops en dit alleen maak dit die moeite werd om in Calitzdorp te oornag, al is dit net oorslaap!! Die dame het baie moeite gedoen om ons te verduidelik waaruit elke soort wyn ontstaan en hulle Strooiwyn is heerlik! Ons sal definitief weer hier stop as ons volgende jaar die Route 62 roete aanpak. "
"Prinse Albert is 'n interessante dorpie met baie om te sien en te ervaar. Sy museum is indrukwekkend en huisves onder meer 'n interessante versameling fossiele."
"Baie lekker en interessante dorpie met baie vriendelike mense wat jou sommer heel tuis laat voel. Paar wonderlike mense ontmoet en behoort vinnig weer 'n draai te maak."
"Ons was uiters verras oor die dorpie en dink dis 'n moet om volgende keer nie net daardeur te ry nie, maar beslis ook 'n aand of twee daar te slaap. Alles wat 'n toeris verlang, is daar en dan is die omgewing se natuurskoon ook asemrowend! "
"Great little town with fantastic architecture, and a lovely Saturday morning market. The hot springs make it a great weekend destination for those coming from Cape Town. "