Verified Reviews
De Aar
All reviews have been left by TravelGround customers staying in De Aar
Rated 3.3 out of 5 based on 59 reviews.
"Ongelukkig is die dorp maar baie vervalle, dinge word nie in stand gehou nie soos in meeste ander."
"Not sure if there are many other restaurants in De Aar, the one we visited was not really suitable for families with kids."
"Te klein regtig vir 'n toerisme aantreklikheid. Uitstekend vir oorslaap en rus."
"Die dorp is rustig en veilig. Die Mumisipaliteit sal baie meer moet doen om die dorp op te knap en besighede te ondersteun om bemarking te doen."
"Die meeste besienswaardighede is toe en ons het letterlik net oorgeslaap en toe weer aangery. Kentucky is definitief 'n bonus op die dorp."
"Die dorp kom voor as dood, maar toon soveel potensiaal! Dit is eerder 'n toeriste-oornagplek op hierdie oomblik as 'n toeristebestemming. Daar sal meer besienswaardighede moet wees om dit 'n bestemming te maak. Die dorp het 'n pragtige woongebied met netjiese huise en tuine en groot, netjiese skole. Die kragplaas is 'n interessante ontwikkeling, maar daar is nie agressiewe bemarking in die verband nie. Die rooi waarskuwingsligte in die nag trek die aandag, maar dit is al. Die sakekern van die dorp voorsien net basiese diens en beskik net oor basiese winkels. Dit kom voor, en is 'n groot jammerte, asof die dorp, wat soveel potensiaal het, as 't ware net laat staan is en asof die inwoners dit nie eens agterkom nie."
"Daar is nie veel om te sien, maar was slegs oornag vir ons en het al die nodige winkels - regte Karoodorp."
"Baie verwaardeloos. Dit was my eerste keer daar saam met my vrou wat daar gewoon het."
"Ons is baie bly ons was daar. Daar is nie so veel te ervaar soos op ander plekke nie, maar die dorpie is pragtig skoon en netjies en 'n mens voel dadelik tuis daar. "
"De Aar is 'n pragtige Karoodorpie met vriendelike mense en groot oop vlaktes. Die dorpie is skoon met baie restaurante en blyplekkies. Sal beslis terugkom."