Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Dullstroom

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Dullstroom

Rated 4.5 out of 5 based on 1294 reviews.

Dullstroom

Woolly Bugger Farm

"Dullstroom bied baie lekker eetplekkies, maar die winkeltjies is nie meer soos 20 jaar terug nie. Die brouwery (laaste winkel aan die linkerkant van Pretoria se kant af) is lekker om die biere te proe, maar die pryse is hoog vir matige kos. Gaan koop kaas by die kaaswinkel (eerste kompleks aan die regterkant van Pretoria se kant af), forel by Millies (laaste winkel regs vanaf Pretoria) en tamatie- en vyekonfyt by Cat and Cow (Tonteldoos). Koop maar die res van jou kos by die huis. Daar is 'n oulike kunsvlieghengel-winkel met alles wat jy nodig het en baie vriendelike diens (êrens in die middel). Restaurante maak nie almal vroeg oop nie, Ou Transvaal is vroeg oop en bied goeie waarde vir geld en 'n kaggel, en oorkant die straat, langs die wafelplek, is hulle ook vanaf 7 uur oop met 'n heerlikke variasie van ontbyte en oulike goed om te koop ... en 'n kaggel!"

Dullstroom

Treelands Estate

"Pragtige dorp. Ek geniet dit altyd daar."

Dullstroom

The Highland Cottage @ Critchley

"Dullstroom is 'n pragtige dorpie met baie gasvrye mense en 'n lieflike atmosfeer. Ons het dadelik tuis gevoel."

Dullstroom

The Bucket List

"Baie nice dorpie, maar om op 'n langnaweek nie water te hê nie, is geen grap nie."

Dullstroom

The Beagle’s Nest

"Kunstige dorpie, maar 'n mens gaan tog nie vir die winkels en restaurant nie, maar vir die kaggelvure, rooiwyn en forel!"

Dullstroom

Delagoa Dullstroom Cottage

"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."

Dullstroom

The Rose Cottage B&B

"Ons is gek oor Dullstroom, gaan kuier gereeld in hierdie dorpie."

Dullstroom

Treelands Estate

"Die Highland Gate Gholf Estate is asemrowend!"

Dullstroom

Longview Ranch

"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "

Dullstroom

Valley of the Rainbow Estate

"Baie lekker kosplekke."

Dullstroom

Alm-Ü

"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."

Dullstroom

The Outpost Dullstroom

"Somewhat like Clarens."

Dullstroom

Longview Ranch

"Mooi dorpie."

Dullstroom

Mahanaim

"Dullstroom is oulik en snaaks om oor te bly vir 'n dag of twee. Maar dis 'n plekkie waardeur mens ry omdat jy op pad is na iewers beter. Die uiteet opsies in Dullstroom is wel enige foodie se droom, en behoort deeglik verken te word. Gaan besoek beslis op 'n leë maag. Die Mastercard gaan seerkry, maar magtag, 'n mens leef net een maal. Eet is lekker, baie eet is baie lekker."

Dullstroom

Treeferns Trout Lodge

"Dis 'n klein besige dorpie met baie om te sien. Ons was verbaas oor die keuse tussen 23 restaurante. Dullstroom word verseker beter onderhou en ontwikkel as die ander klein dorpies in die area."

Dullstroom

Bing Cherry 6

"Baie mooi en interessante dorpie met goeie verversings en eetplekke."

Dullstroom

StoneFly Cottages

"Dit is die oulikste plekkie. Ek sal graag weer gaan."

Dullstroom

The Gables Dullstroom

"Pragtige plekkie."

Dullstroom

The Outpost Dullstroom

"For now I am satisfied with what I saw."

Dullstroom

WonderWaters Tonteldoos

"Hulle kan beslis daaraan dink vir 'n beter kruidenierswinkel."

Dullstroom

Amber Lane

"Dullstroom is 'n uitstekende toerisbestemming en baie lekker vir 'n naweek weg. Fantastiese gholfbaan op Highland gate. Heerlike restaurante and vir die wat wil shop - baie interessante winkels."

Dullstroom

Valley of the Rainbow Estate

"Roads need to be upgraded in Dullstroom and its surrounds."

Dullstroom

Critchley Hackle Garden Cottage Nr 8

"Dullstroom is seker die beste dorpie in Mpumalanga waar jy wil gaan afpak,en vergeet van die besige lewe daar buite. "

Dullstroom

Amber Lane

"Baie lekker naweek-wegbreek-dorp. Meer as genoeg om te doen vir 'n naweek. "

Dullstroom

Cpirit Country Haven Dullstroom

"Ongelooflike mooi plek."

Dullstroom

Uitvlugt Farmhouse

"Love Dullstroom! Best pizza ever at Mamma Mia's."

Dullstroom

Charilo Guest House

"Ons het heerlik geëet in 'n mooi restaurant. In vergelyking met Clarens is Dullstroom geen kompetisie nie."

Dullstroom

Muddlers Minnow

"Wat 'n heerlike, pragtige klein dorpie. Dit is ook honde-vriendelik. Love dit! Baie om te doen en te sien in en om die omliggende omgewing. "

Dullstroom

Mahanaim

"Dullstroom is 'n besonderse rustige plekkie in Mpumalanga wat die toeris so baie bied om te geniet. Daar is 'n verskeidenheid restaurante en winkels wat iets van alles onder die son aanbied. Handgemaakte sjokolade, heerlike koffiebone, die lekkerste biltong en natuurlik 'n dorpie met 'n hotel uit die boonste rakke. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam met heerlike koel weer en forel-teëlplase."

Page
Page 38 - Showing 1111 to 1140
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!