Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Escarpment

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Escarpment

Rated 4.4 out of 5 based on 1579 reviews.

Dullstroom, Escarpment

Muddlers Minnow

"Heelwat om te sien en te doen in die omgewing. Kyk gerus vooraf op Google en maak seker dat jy nie op iets uitgemis het nie. "

Waterval Boven, Escarpment

Luilekker Guest House

"Ons het nie Waterval Boven binnegegaan nie. Aanduidings is dat die dorp doodloop as gevolg van die nabygeleë tolhek (R78 tolgeld). Glo is daar nie meer 'n enkele werkende restaurant in die dorp oor nie."

Dullstroom, Escarpment

Mahanaim

"Dullstroom is 'n "-aai" plekkie: vir herlaai, ronddraai en besaai met vriendelikheid!"

Dullstroom, Escarpment

The Outpost Dullstroom

"Wild About Whiskey is 'n moet. "

Dullstroom, Escarpment

The Gables Dullstroom

"Dullstroom is pragtig. Oulike eetplekke. Stunning gholfbaan. "

Dullstroom, Escarpment

Valley of the Rainbow Estate

"Die House of Whiskeys se jenewerproe is die moeite werd, asook Charlie S se Dullstroom-ontbyt."

Dullstroom, Escarpment

Treelands Estate

"Not as good as Clarence but OK for a weekend rest."

Dullstroom, Escarpment

Schaefers' Halt

"Die omgewing beskik oor 'n hele paar juweeltjies. Die dorp self raak egter soms net te vol en besig - veral oor naweke."

Dullstroom, Escarpment

The Gables Dullstroom

"Dullstroom is beslis toerismegeörienteerd: vriendelike en uistekende klientediens en ons het by al die instansies wat besoek was die idee gekry die mense maak 'n plan. Die Mayfly Restaurant is uitstekend, die koffiebarista is puik, die House of Whiskies ook puik, die dame wat die Afrika-dingetjies maak, het sonder te blik of te bloos 'n tafeldoek op 'n Sondagoggend gou gemaak omdat sy nie die grootte in voorraad gehad het vir my groot tafel nie - absoluut puik. Julle 'rock' Dullstroom!"

Dullstroom, Escarpment

Woolly Bugger Farm

"Dullstroom bied baie lekker eetplekkies, maar die winkeltjies is nie meer soos 20 jaar terug nie. Die brouwery (laaste winkel aan die linkerkant van Pretoria se kant af) is lekker om die biere te proe, maar die pryse is hoog vir matige kos. Gaan koop kaas by die kaaswinkel (eerste kompleks aan die regterkant van Pretoria se kant af), forel by Millies (laaste winkel regs vanaf Pretoria) en tamatie- en vyekonfyt by Cat and Cow (Tonteldoos). Koop maar die res van jou kos by die huis. Daar is 'n oulike kunsvlieghengel-winkel met alles wat jy nodig het en baie vriendelike diens (êrens in die middel). Restaurante maak nie almal vroeg oop nie, Ou Transvaal is vroeg oop en bied goeie waarde vir geld en 'n kaggel, en oorkant die straat, langs die wafelplek, is hulle ook vanaf 7 uur oop met 'n heerlikke variasie van ontbyte en oulike goed om te koop ... en 'n kaggel!"

Kwena Valley, Escarpment

Lydenrust Guest Farm & Horse Trails

"Ongelooflike mooi wëreld met al die foreldamme, mooi heuwels en die berge. Net die paaie is in 'n baie slegte toestand."

Dullstroom, Escarpment

Treelands Estate

"Pragtige dorp. Ek geniet dit altyd daar."

Dullstroom, Escarpment

The Highland Cottage @ Critchley

"Dullstroom is 'n pragtige dorpie met baie gasvrye mense en 'n lieflike atmosfeer. Ons het dadelik tuis gevoel."

Dullstroom, Escarpment

The Bucket List

"Baie nice dorpie, maar om op 'n langnaweek nie water te hê nie, is geen grap nie."

Dullstroom, Escarpment

The Beagle’s Nest

"Kunstige dorpie, maar 'n mens gaan tog nie vir die winkels en restaurant nie, maar vir die kaggelvure, rooiwyn en forel!"

Lydenburg, Escarpment

Villa Afriq

"Alhoewel Lydenburg in die middel van die gesogte vakansieroetes geleë is, het die dorp nie veel om te bied nie, tensy 'n mens die omgewing ken of vooraf nagevors het nie. Diegene wat egter bekend is met die omgewing kan beslis tyd daar deurbring. Akkommodasie in Lydenburg is ook goedkoper as in bekender dorpe in die omgewing. Dus is dit baie gerieflike om daar oor te bly om dan die omgewing te verken. Pelgrimsrus, Sabie en Graskop is net om die draai en daar is genoeg winkels. "

Dullstroom, Escarpment

Delagoa Dullstroom Cottage

"Die natuuraktiwiteite en padaanwysings buite die dorp kon beter geadverteer word onder meer die pad na die Verloren Vallei-natuurreservaat. Baie winkeltjies was op Maandae en Dinsdae gesluit en teleurstellend. Daar is caie eetplekke, maar ons sou graag 'n groter verskeidenheid winkeltjies wou sien. Verder baie rustig en lekker gerus. Die omgewing is lieflik met grasvelde, vleilande, riviertjies en damme."

Lydenburg, Escarpment

Lodge Laske Nakke

"Klein dorpie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het. Die Long Tom-pas was pragtig, maar senutergend in die mis. Daar is pragtige uitsigte op pad na Sabie."

Dullstroom, Escarpment

The Rose Cottage B&B

"Ons is gek oor Dullstroom, gaan kuier gereeld in hierdie dorpie."

Lydenburg, Escarpment

Longtom Farm Guesthouse

"Die paaie... die paaie. :("

Dullstroom, Escarpment

Treelands Estate

"Die Highland Gate Gholf Estate is asemrowend!"

Dullstroom, Escarpment

Longview Ranch

"Dullstroom is 'n baie lekker vakansiedorpie en om daar rond te loop. Dit is net 'n bietjie duur vir ons arm Suid-Afrikaners. "

Dullstroom, Escarpment

Alm-Ü

"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."

Page
Page 45 - Showing 1321 to 1350
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!