Verified Reviews of Fraserburg

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Fraserburg

Rated 4.04 out of 5 based on 24 reviews.
Jaco L. - 16th November 2021
staying in Fraserburg
Mooi plattelandse dorpie. Besoek die fossielplaas.
Estelle V. - 17th September 2021
staying in Fraserburg
As mens self besluit om 'n dorp in die Groot Karoo te besoek, aanvaar jy dit wat na jou kant toe kom - anders hou jy liewers verby. Mens moet Fraserburg toe ry vir 'n rede, nie net daardeur nie. Volgende keer die korbeelhuisies gaan besoek.
Seth V. - 22nd August 2021
staying in Fraserburg
It basically has nothing. It's good for a stop over destination, but watch out for the gravel roads, make sure you either have a 4x4 or make sure you plan your tar road route.
Monique B. - 18th August 2021
staying in Fraserburg
Lekker Karoo-dorpie.
Karen T. - 17th August 2021
staying in Fraserburg
Ons besoek was baie vinnig, net 'n deurry, maar die dorp het netjies en georden gelyk. Daar is 'n hele paar eetplekkies en winkeltjies.
Ivan D. - 30th July 2021
staying in Fraserburg
Small, quiet town. Nice to break away from the fast-paced city life. Basic needs can be obtained in the town. Not many attractions to visit. It is also fairly far from Sutherland or any other bigger towns.
Hesmari F. - 29th July 2021
staying in Fraserburg
Dit sal enige mens goed doen om daar vir die naweek te kom rus.
Michelle K. - 17th July 2021
staying in Fraserburg
Het die fossieltoer geniet.
Anton S. - 26th May 2021
staying in Fraserburg
Fraserburg is tussen Loxton en Sutherland, die mooiste deel van die Karoo. Probeer om die "ou posroete" na Sutherland te ry.
Liezl B. - 11th May 2021
staying in Fraserburg
Dis 'n ideale plek om te ontsnap van die stadsgewoel en net weer asem te skep en die ruimtes in te drink. Aangesien ons familiegeskiedenis hier ontstaan het, was dit 'n groot voorreg om weer hier te kon besoek aflê. Dis egter té ver vir net 'n naweek - ons sal moet langer tyd hier verwyl. Sal so graag wil help dat hierdie dorp bly voortbestaan.
Ria N. - 13th April 2021
staying in Fraserburg
Ons het die fossiele besoek - wat 'n besondere verrassing! Ons gaan definitief terug om ons kinders ook te wys.
Joubert U. - 12th April 2021
staying in Fraserburg
Dis 38 jaar vandat ons uit Fraserburg weggetrek het. Die dorp kom in baie gevalle vervalle voor. Dit is nie naastenby die trotse dorp van vroeër nie.
Lesley R. - 12th January 2021
staying in Fraserburg
We enjoyed the local paleo and history tour by the registered tour guide.
Tommy M. - 30th November 2020
staying in Fraserburg
Little town but a lot to see.
Andrè V. - 6th November 2020
staying in Fraserburg
Fraserburg bied die ideale toerismebestemming aan diegene wat regtig die platteland wil ervaar.
Pierre F. - 2nd November 2020
staying in Fraserburg
’n Skoon dorp, stil, vriendelike mense en kry rus vir jou siel na ’n lang dag op die pad.
Jo-anne D. - 20th October 2020
staying in Fraserburg
Do yourself a favor and go see the dinosaur fossils, its a real eye opener.
. - 27th December 2019
staying in Fraserburg
I think you should visit at least once!
. - 14th October 2019
staying in Fraserburg
Pragtige plekkie om te besoek. Kan dit definitief aanbeveel vir enige toeris.
. - 8th March 2019
staying in Fraserburg
Die nuwe teerpad van Leeu-Gamka na Fraserburg is 'n fees. Ons het bokkies en bobbejane langs die pad gesien. Plaaslike inwoners waarsku dat jy versigtig moet ry soggens en saans as dit skemer is omdat die bokke aktief is dan voor jou motor kan inspring. Juliana's Restaurant was 'n fees en daar is altyd iets lekkers te vinde by Die Pers Malva in Cillierstraat. Die dorp is 'n onontdekte juweel.
. - 2nd January 2019
staying in Fraserburg
I highly recommend you go to Fraserburg and visit the Dinosaur footprints! Fascinating, everyone should see it.
. - 6th December 2018
staying in Fraserburg
No Pharmacy or doctor. Nearest 110 km away. Make absolutely sure you have all that you might need for an emergency before you go.
. - 9th November 2018
staying in Fraserburg
Despite being in town for such a short time, I was struck by a sense of fading glory. Fraserburg seemed to me to epitomise the steady urbanisation process which has been taking place for decades. Many houses are for sale, others are clearly abandoned. Nevertheless the town boasts several interesting historical buildings and the residents are extremely friendly towards visitors. Make a point of dropping in at Juliana's during the day to find out what's on offer for dinner in the evening. She's a spectacular one-person restaurateur!
. - 7th November 2018
staying in Fraserburg
Fraserburg lyk met die eerste oogopslag nie na iets besonders nie, maar ons het in laatmiddag deur die dorp gestap en kon toe die Karoo-Viktoriaanse argitektuur van die dorpshuise en die massiewe ou bome wat voor party van die dorpshuise staan, bewonder. 'n Mens ry so maklik by sulke Karoodorpe verby sonder om die atmosfeer en die argitektuur te waardeer. Ons is nie spyt dat ons daar oornag het nie.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]