Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 12223 reviews.
"'n Moet-sien. Dis so' n fantastiese plek. Die dorpie is egter verwaarloos. Anders kon dit so 'n groot attraksie gewees het."
"Clarens is SA se bes-bewaarde geheim. Hier kan jy perdry, op die Asrivier roei, 'n staproete doen, die Golden Gate Nasionale Park besoek of sommer net in die winkeltjies en eetplekke rondlê. Dis die ideale naweekwegbreek vir Gautengers. Moenie die kaasfabrieke net voor jy by die dorp kom, misloop nie!"
"Lieflike dorpie met baie doendinge en snuffelhoekies. 'n Kuns paradys vir kunsliefhebbers. 'n Moet vir die "bucket list.""
Northern Free State, Free State
Klein Paradys"Eerste keer in Parys en sal definitief weer Parys besoek."
"Meer as genoeg om almal besig te hou, gaan probeer gerus die white river rafting."
"Betrokke blok het kragprobleme ondervind agv reën, met die gevolg dat geen proviand koel gehou kon word vir die reis verder nie, geen selfone kon ook gelaai word nie. Die stort was ook yskoud die volgende oggend."
"Vir 'n deurgang op pad, of familie-byeenkoms is Kroonstad lekker sentraal geleë. Ek het groot geword daar maar die dorp het baie agteruit gegaan. Die inwoners het egter in dele van die dorp baie opknappings werk gedoen en is Kroonstad gevolglik as Kwela Dorp van die Jaar 2022 aangewys. Nie baie toeristeaantreklikhede in die dorp nie."
"Ons was al verskeie kere in Clarens en geniet dit elke keer om net deur al die winkeltjies te dwaal en weer iets interessants te ontdek. Daar is baie te doen vir die jonger geslag en vir ons wat net wil stap, is daar gemaklike staproetes. By die restaurante is daar goeie kos en wyn én jy kan daar sommer net lekker sit en kuier. Golden Gate altyd 'n moet om te ervaar, die mooiste natuur in Clarens se omgewing!"
"Unfortunately the weather, it was raining. Great place, I really enjoyed it."
"Soos alle ander dorpe en stede in SA is die infrastruktuur besig om vinnig uitmekaar te val. Dit is regtig 'n jammerte."
Northern Free State, Free State
Kamdebo on Vaal"Die paaie na die hengeloorde kan beter onderhou word. Dit is egter nie die oorde se toedoen nie, maar maak dit moeilik as die paaie vol slaggate is."
"Die oulikste dorpie met soveel goeie restaurante om van te kies. Die winkels in die square is fantasties en daar iets vir almal se smaak."
"Clarens restaurants are expensive and there are few options for purchasing supplies in town if you are self-catering. We would be better prepared for this next time. The people of Clarens are friendly and helpful. The car guards can be a bit annoying. A visitor info center may have been helpful but we managed without nonetheless."
"Ek het lank in Bloemfontein gebly en is werklik teleurgesteld om te sien hoe die stad se instandhouding agteruit gegaan het. Sypaadjies is onnetjies en vuil. Verkeersligte hang skeef en werk nie. Middestad is chaos. Bloemfontein het baie om te bied. As munisipaliteit hulleself net kan uitsorteer."