Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Geluksburg

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Geluksburg

Rated 4.1 out of 5 based on 16 reviews.

Geluksburg

The Homestead

"A bit far off the main road."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Ver afgeleë plekkie, paaie en omgewing verwaarloos."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Baie klein dorpie, maar ek het baie veilig gevoel."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"If you looking for movies and malls, you've come to the wrong place. If you looking to get away from it all, in the foot hills of the Drakensberg, this is great value for money!"

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Lekker wegbreek uit die stad in ’n pragtige plek."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"As die munisipaliteit hul deel net wil bydra en die strate en sypaadjies in stand hou sal dit 'n versteekte juweel wees wat jy eintlik net vir jouself wil hou en vir niemand daarvan wil se nie uit vrees dat hulle kom en al die lekker staan en verander. "

Geluksburg

The Homestead

"Ons was aanvanklik geskok oor hoe verwaarloos die dorpie in die algemeen is, maar met 'n bietjie opknapping sal dit 'n oulike plek wees vir 'n naweek-uitstappie - bv. vir motorfietsryers, bergfietsryers en stappers. As daar dalk weer 'n koffiewinkel kan oopmaak (die vorige een het sowat 2 maande gelede gesluit omdat die eienaar in Durban gaan aftree het), asook 'n paar kuns en handwerkwinkeltjies, sal dit hopelik meer toeriste lok. Die bergpas na Harrismith (49km) het lieflike uitsigte en is heeltemal rybaar met 'n SUV (en selfs 'n sedanmotor as 'n mens versigtig is vir die slaggate plek-plek), dus is die dorpie glad nie so onbereikbaar nie. Ons beplan om definitief weer soontoe te gaan om die Verlore Vallei te besoek. "

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Geluksburg is klein en baie afgeleë. Daar is letterlik niks in die dorp, wat die sjarme van die plek is. Dit was baie rustig om rond te loop. Dit het gevoel soos 'n groot plaaswerf, met baie beeste en hoenders om gesien en gehoor te word."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Geluksburg het geen winkels, vulstasies of bankfasiliteite nie, maar is geleë aan die voet van die Drakansberge omring met 'n ryke geskiedenis, pragtige natuurtonele, staproetes, 4x4 roetes en 'n ryke voëllewe."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Dit is fantasties geleë."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Goeie stapgeleenthede, maar daar is nie roetekaarte vir toeriste nie. Jy moet staatmaak op die eienaars van die gastehuis se instruksies hoe jy moet stap. Hulle sal moet werk aan kaarte want so kan mens nie stap as jy nie die omgewing ken nie."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Baie rustige dorpie met die mooiste landskap."

Geluksburg

Gina's Self-catering Chalets

"Sluit Geluksburg gerus in by jou volgende beplanning."

Geluksburg

The Homestead

"As 'n mens stilte wil hê, dan is dit die regte plek. Dit is 'n baie baie klein plekkie, maar tog gerieflik naby ander besienswaardighede geleë."

Geluksburg

The Homestead

"Klein dorpie, nie veel om te doen nie."

SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!