Verified Reviews
Hardap
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hardap
Rated 3.9 out of 5 based on 70 reviews.
"Alles wat ek nodig gehad het by SPAR gekry en petrolstasies gerieflik naby. Het nie andersins in Mariental gekuier nie."
"Die omgewing roep jou telkemale terug! Dis absoluut fotogenies! Lyk tydens elke besoek anders."
"Die gebrek aan 'n eetplek behalwe die een naby Spur tel teen Mariental.Dalk is daar meer plekke, maar hulle word nie juis aangedui nie."
"Goeie rusplek na baie kilometers. Mense is vriendelik en hulpvaardig. Heerlikste pizza's geëet by die Padstal."
"Ons het 2 dae in die omgewing spandeer, maar sal beslis meer dae vir ons volgende vakansie beplan! Hou die hitte en lang afstande in gedagte en om die regte tyd op die regte plek te kan wees om foto's te neem en dit wat jy wil sien te kan sien. Sesriem se motorhawe beskik oor 'n goed toegeruste winkel met dit wat jy dalk kan nodig kry."
"Toerisme moet plekke besoek om meer waarde uit Mariental te kry. Daar is wel wegkruipplekke. Vra en die mense help."
"Ek kon ten minste wildsbiltong by Ry-en-Kry Slaghuis kry, iets wat baie skaars in Namibië is."
"Ek dink net by die Sesriem Canyon moet hulle 'n bordjie opsit wat aandui waar mens moet afgaan tot onder. Dit sal veral buitelanders help om te weet waar hulle kan afloop tot onder."
"Goeie oornagplek as jy soos ons van die Kaap ry op pad na die noorde van Namibië toe!"
"It was just used as a stopover. But the next day we got to visit Hardap Dam close by. So it was worth it!"
"Dit bly 'n belewenis om Sossusvlei en Dooievlei te besoek en te sien. Moet ook nie die Sesriem Canyon misloop nie. Om vroegoggend te ry en die son oor die rooi duine te sien opkom bly spesiaal. Ek stel voor jy stap die canyon laatmiddag, slaap oor, en gaan vroegoggend na die vlei en spandeer die oggend op die duine en by die vlei. Teen middagete raak dit te warm en dan kan jy weer verder reis."
"Moet twee nagte daar oorslaap vir genoeg tyd om alles te sien. Ek is jammer dat daar soveel toeriste Sesriem toe kom. Paaie baie sleg, baie stof en voertuie (en vliegtuie) wat rond jaag vroeg tot laat. "