Verified Reviews
Hazyview
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hazyview
Rated 4.4 out of 5 based on 491 reviews.
"In my opinie is Hazyview die mees sentrale ligging vir al die Mpumalanga toerismebestemmings: Hoedspruit Endangered Species Centre; Sudwala grotte; Krugerwildtuin; God's Window; watervalle; Nelspruit botaniese tuine; Witrivier kunswinkels; Blyderivier; en selfs Swaziland of Mosambiek as volgende bestemming. Die toegang na en van die Krugerwildtuin deur of die Phabeni, of die Kruger-hekke is naby en maklik. "
"Baie om te sien in omgewing. Net nie geweet dagbesoekers mag geen alkohol inneem by die Krugerwildtuin nie en ons moes omdraai."
"Baie mooi omgewing. Nie veel van die dorp gesien nie, omdat ons nie lank daar vertoef het nie."
"Hazyview is oor die algemeen altyd 'n baie lekker plek om te besoek, met besonder vriendelike mense en tonne besienswaardighede. Die Bambuu restaurant is baie gerieflik en die kos was goed, al is die spyskaart en die kroeg ietwat beperk vir keuse. Dit het onlangs eers oopgemaak, dus is ek seker dit gaan binnekort uitbrei. Die atmosfeer was baie gemaklik en romanties."
"Hazyview is 'n ongelooflike toeriste omgewing. Die restaurant is uitstekend en die omgewing is baie mooi."
"Die oorde soos Krugerpark Lodge, Sanbonani en Sabi Sands is waarde vir geld! Die dorpie bied baie vir toeriste en was dit vir ons nog altyd 'n lekker dorpie om in vakansie te hou!"
"Baie lekker geëet by Pioneer Butcher & Grill en ook Toppelino's."
"The tourist information and booking centre were really helpful and we had a wonderful fun packed holiday."
"Uistekende plek om net rustig te wees na 'n jaar van werk, werk en werk. Sal in die toekoms weer daar gaan oorbly. "
"Dalk swemplekke duidelik aandui aangesien ons niks swemplekke kon kry nie."
"Almal wat ons daar ontmoet het was baie vriendelik en behulpsaam gewees."
"Gaan probeer gerus die Aerial Cable Trail by Skyway Trails ... baie lekker gewees."