Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Hogsback

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Hogsback

Rated 4.6 out of 5 based on 245 reviews.

Hogsback

Hogrock Falls

"Though the original grocery shop is now a Spar, still good idea to take basic provisions for self catering."

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Pragtige dorpie, paaie is in baie swak toestand, maar die dorpenaars probeer self regmaak. Die omgewing is sprokie mooi en vir wandelaars is dit 'n fees. Restaurante verskaf topklas kos, effe duur, maar ek dink dis maar die ligging wat kos duur maak. Ons kan beslis die Lighthouse Grill, The Edge en Hog en Hornbill aanbeveel."

Hogsback

Bramber Cottage Living With Joy

"Hogsback is 'n sprokiesagtige mooi dorpie bo in die berge. As jy hou van Lord of the Rings, woude, watervalle en bewolke, koue weer is hierdie die plek vir jou."

Hogsback

Hogsback Inn

"Hogsback is ongelooflik mooi en baie om te doen en sien. Doen jou navorsing en besluit wanneer is die beste tyd om te gaan afhangende van wat jy wil doen of sien of ondervind."

Hogsback

King's Lodge Hotel

"Just love the area!"

Hogsback

The Edge Mountain Retreat

"Dit was maar koud en reënerig, maar Hogsback is prentjiemooi en ons sal dit weer besoek. Besoek beslis die Arboretum en die Madonna & child waterval. Die paaie kort ernstige herstelwerk, veral die hoofstraat deur die dorp, maar tydens ons verblyf was werkers daarmee besig. Onthou die vulstasie sluit 18h00 - sorg vir genoeg brandstof voor die tyd."

Hogsback

Trengwainton

"Baie mooi klein dorpie wat ongelukkig geraak is deur COVID-19 met baie plekkies wat toegemaak het. Besoek The Edge restaurant vir skemerkelkies en lekker aandete (hulle doen ook baie lekker wegneemetes, as jy eerder by Trengwainton voor die kaggel wil kuier)."

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Hogsback is bitter klein, maar daar is baie staproetes wat asemrowend mooi is en die Happy Hogs Restaurant And The Village Pub restaurant sal ek beslis aanbeveel vir 'n heerlike middagete. Moet nie The Edge se Labyrinth en uitsigte op die krans misloop nie."

Hogsback

Nibelheim Self-catering Cottage

"Ek sou net graag wou he dat die paaie oor gedoen kon word, ek verstaan dat Hogsback nie 'n munsipaliteit het nie maar dit is baie gevaarlik veral met die reën wat ons gehad het toe ons daar was dat ons vasgeval was en ons moes kom uit trek. Maar dit is en bly die mees mooiste plek om 'n blaaskans te vat en die natuurskoon in te neem."

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Pragtig en idillies!"

Hogsback

The Edge Mountain Retreat

"Straatname is nie altyd goed sigbaar nie."

Hogsback

Maple Grove in Hogsback

"A piece of unspoiled paradise - local municipality should maintain the roads a little better though."

Hogsback

Bramber Cottage Living With Joy

"Al negatiewe kommentaar is die haglike toestand van die paaie in Hogsback, verder is dit 'n lieflike toerismebestemming!"

Hogsback

Trewennan

"Hogsback is a wonderful place that you will fall in love with and want to return to again and again, especially if you love waterfalls and hiking."

Hogsback

Trewennan

"It is perfect for hikers and people who can enjoy the tranquillity and beauty of the mountains."

Hogsback

The Edge Mountain Retreat

"Die sekuriteitsituasie in die omgewing is ook aan die verval soos in die res van die land. Die blyplekke is veilig."

Hogsback

Valley View 2

"Fantastiese plek om met jou fiets te verken. Net hele naweek gereën en baie mistig gewees. Maar nog steeds was die bekoring daar. Gaan weer terugkom. Dalk skyn die son daardie naweek."

Hogsback

Nibelheim Self-catering Cottage

"Hogsback is pragtige toeriste bestemming. Baie rustig. Dis die 5de jaar wat ek teruggaan na Hogsback en dit trek my net elke jaar weer terug. Als is binne bereik van mekaar en inwoners is baie vriendelik. "

Hogsback

Hogrock Falls

"Such a small little dorpie with laid back restaurants and access so many beautiful walking trails. One has to go in summer as well as winter to experience Hogsback in all of its majesty. "

Hogsback

Hogsback Inn

"Prentjiemooi dorpie, pragtige staproetes. "

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Dit is op die oomblik baie droog daar, so besoekers kan dalk gebottelde water saamneem."

Hogsback

The Edge Mountain Retreat

"A bit far from Gauteng but most definitely worth it."

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Volgende jaar weer terug vir die winter."

Hogsback

King's Lodge Hotel

"Hogsback is pragtig. Natuurskoon is amazing."

Hogsback

Swallowtail Country Estate

"A magical place, full of surprises."

Hogsback

Maple Grove in Hogsback

"Fantastiese natuurskoon en stilte."

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Herstel jul hoofstraat. "

Hogsback

Trewennan

"See stars."

Hogsback

Laragh-on-Hogsback

"Lots to do in Hogsback. Awesome scenic sites to visit."

Hogsback

The Edge Mountain Retreat

"Geen opmerking of kommentaar sal reg kan laat geskied aan Hogsback nie. 'n Mens moet dit eenvoudig self beleef. Die feit dat Hogsback redelik hoog bo seespieël lê, gee vir 'n mens die gevoel dat jy in 'n ander wêreld is, ver verwyder van enige iets wat bekend is. Die waarde daarvan om Hogsback te besoek, lê nie net in die besoek van alles wat Hogsback bied nie, maar ook om met die inwoners te praat en hulle stories oor Hogsback te hoor. Die enigste negatiewe kommentaar oor Hogsback, is die toestand van die paaie. Dit sluit die enigste teerpad in Hogsback in, asook die grondpaaie na al die verskillende besienswaardighede en gastehuise. "

Page
Page 5 - Showing 121 to 150
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!