Successfully reported
The easiest way to find and book accommodation across South Africa!

Verified Reviews

Jacobs Bay

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Jacobs Bay

Rated 4.6 out of 5 based on 566 reviews.

Jacobs Bay

Onse Plekkie

"Wat 'n pragtige plek. Tog jammer dat daar 'n misdaad probleem is in die wonderlike dorpie. Hoeveel derduisende toeriste kom NIE na ons pragtige land oor hierdie tipe probleme? Dit begin seker maar als by die ander Jacob, nie die een van Jacobsbaai nie."

Jacobs Bay

Skulpie Upstairs Jacobsbaai

"Heerlike klein, rustige, wegbreekdorpie, verseker die moeite werd. "

Jacobs Bay

De Ware Jacob

"Sal eendag daar wil aftree - uitstekend."

Jacobs Bay

Tern Beach Studio

"Bly soos dit is."

Jacobs Bay

De Kroon

"Jacobsbaai is pragtig met heerlike restaurante en 'n kafee. Mense is vriendelik en rustig."

Jacobs Bay

Abalone Guest House

"Ons kom weer kuier. Die plaslike restaurant is baie mooi en gesellig maar ons was teleurgesteld met die spyskaart. Gelukking is dit naby ander plekke wat uit die boeke kos maak. Jacobsbaai is werklik 'n besonderse plek."

Jacobs Bay

Ohana Self Catering

"Die rustigehid is goed vir jou siel."

Jacobs Bay

Onse Plekkie

"Baie mooi en rustig."

Jacobs Bay

Sandkorrel

"Lekker plek om te rus."

Jacobs Bay

Abalone Guest House

"Lieflike plekkie, mooi omgewing. "

Jacobs Bay

16 Perlemoendraai Beach House

"Jacobsbaai is stunning en lekker rustig. "

Jacobs Bay

Artist's Retreat B&B

"Beslis 'n besoek werd. Jy mag dalk net jou hart verloor op Jacobsbaai."

Jacobs Bay

Jacobsbaai Self-catering

"I understand that in the spring it is absolutely beautiful, but when we were there - March/April - arid! But it does have a beauty of its own. "

Jacobs Bay

Ohana Self Catering

"Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige dorpie. Daar is net nie 'n strand vir die kinders nie en ons moes Langebaan toe ry om op 'n strand te kan speel en baljaar. Sou ook baie lekker gewees het indien daar dalk 'n diens was waar 'n mens fietse kon huur om die dorpie mee plat te ry. Sal Jacobsbaai defnitief weer besoek!"

Jacobs Bay

See-ster

"Wonderlik om met voëltjies se gesing en die geruis van die see soggens wakker te word."

Jacobs Bay

Jacobsbaai Self-catering

"Die plek is baie lekker! Geen klagtes nie. "

Jacobs Bay

See-pampoentjie

"Rustig en stil."

Jacobs Bay

Vinkel

"Oulike plekkie maar nie opsies om uit te eet nie."

Jacobs Bay

A Whispering Whale

"Jacobsbaai is lieflik, stil, rustig en is so naby aan die Vredenburg/Weskus Mall waar mens alles kry wat mens nodig het - sentraal geleë om baie ander plekke te besoek en sou ek graag Jacobsbaai my laaste blyblek wou maak voor ek die tydelike met die ewige verwissel."

Jacobs Bay

Abalone Guest House

"Sentraal geleë vir dagbesoeke na omliggende dorpe."

Jacobs Bay

Ohana Self Catering

"As jy stilte soek, is Jacobsbaai die plek."

Jacobs Bay

Jacobsbaai Self-catering

"Jacobsbaai is 'n pragtige eg Weskus dorpie en bekend aan ons almal. Dit is stil en rustig. Dit het ook 'n baie veilige atmosfeer. Gelukkig is dit nie ver van Vredenburg af nie. "

Jacobs Bay

See-pampoentjie

"Jacobsbaai is 'n pragtige dorp met vriendelike mense en pragtige natuurskoon. "

Jacobs Bay

Tern Beach Studio

"Dis 'n pragtige, afgeleë plekkie met mooi huisies en eie karakter. Ideaal om net rustig te wees. Vredenburg is naby vir winkels en alle dienste."

Jacobs Bay

Allview Holiday Apartments

"Jacobsbaai is 'n pragtige vakansieplek, rustig met mooi natuurskoon. "

Jacobs Bay

Allview Holiday Apartments

"Jacobsbaai het vir ons rus vir ons siel gebied. Baie skoon en netjiese dorpie. Kindervriendelik. Jacobsbaai is ook naby aan die bekende Weskus-dorpies, so dis lekker om in Jacobsbaai te oornag en al die omliggende dorpies te besoek. Eersteklas!"

Jacobs Bay

See-pampoentjie

"Ons het verlief geraak op Jacobsbaai. Die huisies en tuine is te pragtig. Dit is skoon en nie onnodige rondlopers wat jou laat bedreig voel nie. Mense is vriendelik. Wat 'n awesome plek!"

Jacobs Bay

Jacobsbaai Self-catering

"Stil dorpie met hope staproetes en hengelplekke. Weg van die besetenheid van besige kusgebiede, maar naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Saldanha vir 'n vinnige besoek. Die argitektuur is pragtig en herinner aan die Griekse eilande. Daar is 'n klein nuts- en geskenkwinkeltjie met verrassings soos vars melktert en goedkoop hout. Die Weskus-mall is tien minute weg vir groot inkope en brandstof. Jacobsbaai is een van die min kusjuwele waarvan die glans nog nie verdof is deur te veel straatligte en neon-naamborde nie. Beslis 'n besoek werd."

Jacobs Bay

Ohana Self Catering

"As mens lief is vir die uniekhed van die Weskus, dan is Jacobsbaai die plek wat die 'gees van die Weskus' die beste weerspieël en leef. Die feit dat dit redelik ongekommersialiseerd is maak dit outentiek. "

Page
Page 17 - Showing 481 to 510
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!