Verified Reviews of Leeupoort Vakansiedorp

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Leeupoort Vakansiedorp

Rated 4.55 out of 5 based on 111 reviews.
Danelle L. - 18th October 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Ons sal beslis weer kom, aangesien ons beplan om erf te koop daar.
Quanita H. - 16th October 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Did not know there was a butchery.
Anneke L. - 10th October 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rustig en veilig.
Michelle B. - 6th October 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Ons sal beslis weer daar gaan kuier. Die kinders love die diere, fietsry, swem en stap. Net wat ons nodig gehad het om uit die besige stad te kom.
Christa D. - 5th October 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Sal dit beslis aanbeveel.
Yolanda J. - 28th September 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Dit is mooi wêreld met mooi mense. Die diere is die grootse aantreklikheid. Dit is regtig 'n plek wat jy besoek om rus vir siel, gees en liggaam te kry.
Letitia S. - 28th September 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Rustige plek!
Hannelie M. - 8th September 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Dit is altyd die moeite werd om vir 'n naweek weg te breek en jou siel en gees te vul met die natuurskoon en diere-energie rondom jou.
Sonja B. - 30th August 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Great plek.
Carel S. - 17th August 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Baie rustig en geniet die mak diere.
Heila E. - 11th August 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Daar is 'n winkel met alles wat mens nodig kan kry, van vullis sakke tot roomys en blikkieskos. Die reservaat het heelwat diere en dit was heerlik om daar rond te ry vir 'n uur of twee en dan terug te keer na ons akkommodasie waar daar vlakvarke, zebras, bosbokke en rooibokke rondloop. Die mense wat daar woon is almal baie vriendelik.
Johan S. - 10th August 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Ons as familie is aangenaam verras gewees. Dis 'n pragtige omgewing, baie veilig, kindervriendelik. Dis nie ver van Pretoria af nie.
Yolande B. - 19th July 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Geskik vir enige iemand wie die natuur en stilte waardeer.
Roelien C. - 28th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Baie rustig met min mense om jou, maar genoeg diere om jou besig te hou . Die winkel het alles wat jou hart kan begeer.
Linda H. - 28th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Aan die einde van die maand is daar 'n mark, waar inwoners die heerlikste eetgoed verkoop. Onthou dus om kontant saam te vat, die naaste kitsbank is op Koedoeskop so 13 km se ry.
Gert O. - 22nd June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Leeupoort is baie stil en rustig. Definitief 'n aanwins vir die natuurliefhebber.
Riëtte L. - 18th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Besoek Leeupoort, jy sal nie spyt wees nie.
Bgm A. - 14th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Dis pragtig in die Bosveld geleë en die wild stap tussen die huise rond. 'n Onvergeetlike ervaring.
Lorianne F. - 14th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
As jy jou siel wil laat rus, is dit beslis die plek om by aan te klop.
Jacques D. - 10th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Baie lekker. Eerste keer in jare wat ons die melkweg kon sien.
Michelle F. - 7th June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Lekker gesellige, veilige kuierplek. Sal dit weer besoek.
Annelize F. - 1st June 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Dis Bosveld, rus en vrede!
Lillian B. - 18th May 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Very nice experience.
Ansa B. - 18th May 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Love the place and the game.
Wilhelm C. - 8th May 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Wonderlike omgewing vir 'n bosveldwegbreek.
Willie D. - 2nd May 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Wees voorbereid en vat die nodige saam, naaste dorp is Thabazimbi.
Nelmari G. - 2nd May 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Beslis 'n goeie wegbreek uit die besige stadslewe!
Kappies F. - 29th April 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Die paaie is nie goed nie. Nie 'n goeie winkelervaring gehad nie. Wildspaaie is nie duidelik gemerk nie. 4x4-roete behoort 'n duidelike aanwysing te hê.
Carine L. - 6th April 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Baie lekker plek vir 'n bosveldwegbreek.
Nalene P. - 6th April 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Die diere wat deur die permanente inwoners gevoer word veroorsaak dat hulle geniepsig raak met die gaste wat aangesê is om hul nie te voer nie, waarmee ons 100% saamstem. Ons was met tye te bang om buite te sit, omdat van die diere op ons afstorm indien hulle agterkom ons gee nie vir hulle iets te ete nie. Ek sal voorstel dat die permanente inwoners ook nie die diere voer nie. Ons het so byna 'n insident met 'n kudu bul en 'n vlakvark beer gehad. Daar kan eerder sout lekke of water gebruik word om die diere te lok. Die paaie in die dorp is bitter moeilik begaanbaar sodra jy van die "hoofpad" afdraai om by jou akkommodasie uit te kom. Daar kan gerus aandag geskenk word aan die paaie. Die besige pad was ook nogal 'n steurnis veral in die aand om die braaivleis vure wanneer mens die stilte van die bos wil waardeer, maar verstaan ook dat niemand iets daaraan kan doen nie.
Ralph J. - 31st March 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
The residence of Leeupoort Vakansiedorp is very friendly and helpful.
Teresa L. - 30th March 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Small, very friendly community! I especially appreciated the lady at the veggie shop being friendly and helping us on a Sunday afternoon past business hours! Great place. Everyone needs to see this town.
Nastassia V. - 23rd March 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Beter waarde vir geld as Dinokeng.
Chris B. - 16th March 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Definitief my plek van keuse om die batterye te herlaai.
Johann D. - 15th March 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Die vakansiedorp is besig om agter uit te Gaan. Karavaanpark is in 'n absolute swak toestand en onhiegiens. Karavaanpark moet aandag kry en selfs die paaie in die uitbreidings is in n swak toestand. Die huise is hopeloos te opmekaar wat beteken die erwe is te klein.
Helena B. - 3rd March 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Geskik vir 'n rustige wegbreek. Winkel en slaghuis gerieflik.
Henriëtte R. - 22nd February 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Die beste plek as jy graag wil rus en interaksie met diere wil beleef! 'n Moet vir elke gesin!
Sansonette H. - 17th February 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Pragtige plek.
Willie D. - 1st February 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Kort dalk meer swem-areas. Paaie het heelwat spoelskades gehad (bietjie erg vir 'n sedanmotor) as gevolg van sikloon Helios, maar was nogtans rybaar. Die oord se aanduiding na waar die reservaat is kort dalk "bietjie aandag". En uitleg van paaie/roetes in reservaat.
Chris B. - 18th January 2021
staying in Leeupoort Vakansiedorp
Dit was my eerste besoek aan die dorp en ek is baie beïndruk met hoe skoon die dorpie is.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | [email protected]