Verified Reviews
Louis Trichardt
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Louis Trichardt
Rated 3.8 out of 5 based on 61 reviews.
"Ek het vir die dorp self nie eintlik ooghare nie. Ek gaan self net daarnatoe omdat ek moet. Bygesê, is die Bluegumsportpad en area vir my beeldskoon. Ek sal die bestemming aanbeveel vir mense wat hou van die natuur en buitelewe. "
"Klein slaghuisie, Dop en Tjop het heerlike vleis. Die lekkerste kaasworsies wat ek nog geëet het. "
"Ons was daar vir die fietsrybyeenkoms en die terrein is wonderlik, die byeenkomste was fantasties uiteengesit en ons het heerlik by die winkelsentrum inkopies gedoen en geëet by Mikes Kitchen en Wimpy."
"Daar is nie veel uniek aan die dorp self nie, maar die omliggende area het baie mooi wildplase en natuurskoon."
"Ek ken nie regtig Louis Trichardt se besienswaardighede nie, aangesien ek slegs vir besigheid soontoe gaan. Maar met die waarde vir geld by Kuifkop Cottage sit ek die aand baie ernstig aan't oorweeg om my vrou bietjie Louis Trichardt toe te vat vir 'n naweek en sien wat te siene is. "
"Sou graag plekkie wou vroeg oophê vir 'n lekker ontbyt. Alles toe behalwe KFC. Vriendelike personeel, maar nie ideale plek vir ontbyt na so goeie gastehuis nie."
"Nie veel gesien nie - goed gewees vir oorslaap op pad na volgende bestemming."
"Die dorp is in 'n pragtige omgewing maar uit die aard van my besoek was ek nie op toerisme-aantreklikhede ingestel nie."
"I went to Louis Trichardt for a specific purpose (and have never before considered it as a travel destination). Therefore I was most surprised and impressed with what I saw in the little time I had at my disposal. It might definitely be worth another visit with more time at my disposal. "
"Asemrowende mooi natuurskoon. Ons het hoog in die berge gebly en was omring deur mis. Ongelooflike mooi foto's van die watervalle, natuur en wild wat ons kon besigtig."
"Die omgewing baie mooi, maar die aanwysings vir eetplekke en restaurante is baie sleg. "