Verified Reviews of Nieu-Bethesda

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Nieu-Bethesda

Rated 4.51 out of 5 based on 244 reviews.
Magriet K. - 18th August 2018
staying in Nieu-Bethesda
Unieke karakters in 'n baie klein gemeenskappie. Almal probeer hulle bes en is besonder vriendelik. Interessante boekwinkel met 'n kaasmaker eienaar. Die Uilhuis was morbied, maar interessant, die padstal met al die diere, plaasimplemente en heerlike tradisionele kos was fantasties, die plaaslike kroeg was verfrissend met Boetie Bester as kroegman. Ons het te min tyd gehad. Sal vir seker teruggaan. 'n Nostalgiese ervaring.
Nicola V. - 13th August 2018
staying in Nieu-Bethesda
Baie klein, maar spesiaal. Goeie wegbreek vanaf die groot stad.
Almero M. - 7th August 2018
staying in Nieu-Bethesda
Buite seisoen was die diens nie op standaard nie en kon nêrens met 'n kaart betaal nie.
Cobien D. - 5th August 2018
staying in Nieu-Bethesda
Beslis in enige persoon se reis-wenslysie. Dit is my tweede besoek aan Nieu-Bethesda en elke keer is my ervaring anders en 'n mens ontdek oulike juweeltjies. Neem fietse saam.
Jan Hendrik B. - 30th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Uilhuis was ietwat teleurstellend. Dit kom verwaarloos en vervalle voor.
Margie G. - 18th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Ek wou nog altyd die Uilhuis gaan besoek het en dit was 'n belewenis. Ek kan ook die fossielsentrum aanbeveel waar ek geleer het hoe om fossiele te soek! Daar is regtig soveel om te doen, jy sal nie glo hoe vol dinge so 'n klein dorpie kan wees nie. Moet beslis ook nie die bier en kaas by die Brewery mis nie en ook die Tower Restaurant se Karoo Lam was 'n treffer. Ek wil beslis weer soontoe gaan. Dit was regtig een van die mees interessante plekkies wat ek al by was. En die mense is so vriendelik. Vir jou volgende vakansie, oorweeg beslis Nieu-Bethesda.
Wendy C. - 16th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
A lovely quaint village that is best enjoyed walking the streets and popping into various restaurants, etc. chatting to the locals.
Lindy C. - 15th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige klein dorpie. Sal graag weer soontoe wil gaan wanneer dit so bietjie warmer is dat ons in die aand lekker kan sterre kyk!
Karin N. - 14th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige ou klein dorpie! Uilhuis is 'n moet sien! Dit is nie uitspattig duur nie! Onthou om jou uil te koop op pad uit by die straatverkoper (hulle is ook baie billik).
Daleen D. - 12th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Verkenning te voet deur die hele dorpie om regtig alles te beleef is die beste. Het ook voetbrug oor rivier terdeë geniet. 'n Besoek somer asook winter is uniek om die natuurskoon te beleef. Bespreek indien jy aandete wil eet by 'n restaurant.
Karen D. - 9th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Ware juweel van 'n dorpie. Lekkerste sop by The Brewery geëet. Fossiel-liefhebbers paradys. Uil huis is 'n moet sien.
Wim V. - 5th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Oulike dorpie, sal dit net eerder in die toekoms in die somer besoek. Was baie koud gewees met ons besoek. Skep geboude en netjiese strukture vir die plaaslike inwoners om hulle produkte te verkoop. Baie werkloosheid in die dorp en gemeenskap wat op hierdie manier aangespreek kan word. Die eetplekke baie duur. Voel die publiek word bietjie uitgebuit met hul buitensporige pryse!
Dana B. - 4th July 2018
staying in Nieu-Bethesda
Really enjoyed seeing the owl house, despite it being bitterly cold. It would have been nice to have more time there, but that was our fault not theirs.
Linda S. - 16th June 2018
staying in Nieu-Bethesda
Basies min te sien. Het tog besoek aan UIlhuis geniet.
Johanna V. - 5th June 2018
staying in Nieu-Bethesda
Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense.
Emil M. - 31st May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Absoluut die moeite werd, met baie interessante mense!
Peter N. - 22nd May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Visit the well stocked bookshop.
Leisha P. - 21st May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Die dorp is pragtig. Die uil Huis se mense was baie vriendelik en behulpsaam.
Marius V. - 9th May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Die sterre in die aand, daar is geen straatligte nie.
Nico W. - 7th May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Die aandete by Waenhuis was 'n aangename verrassing! Baie dankie.
Jenny J. - 7th May 2018
staying in Nieu-Bethesda
The Waenhuis Restaurant was excellent.
Phillip J. - 2nd May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Voorheen was Clarens my gunsteling dorp in die land. Maar ek dink Nieu Bethesda het nou daai plek oorgeneem!
Johan S. - 1st May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Onhou daar is geen vulstasie op die dorp nie. Die meeste besighede het geen kredietkaartfasiliteite nie en bring jou eie wyn - ons het geen drankwinkel gesien nie. Ek hoop dat Nieu-Bethesda so karaktervol en magic sal bly.
Christina D. - 1st May 2018
staying in Nieu-Bethesda
Van die restaurante is baie duur.
Elmarie B. - 30th April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Rustigheid net om te gaan ontspan!
Ingrid F. - 30th April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Absolute rus vir die siel!
Regina M. - 23rd April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Dit is ouwêrelds en 'n heerlike ervaring.
Monique V. - 15th April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Die kliëntediens is regtig nie te wense. Voel of mens nie welkom is in die dorpie nie.
Leon V. - 11th April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Fantastiese bestemming.
Louisa V. - 5th April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is 'n juweel van 'n dorp. Ons vertel vir almal om 'n besoek te gaan aflê.
Wessel D. - 3rd April 2018
staying in Nieu-Bethesda
Lekker weggesteek van die normale gejaagde lewe.
Linki S. - 27th March 2018
staying in Nieu-Bethesda
Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring.
Gawie V. - 21st March 2018
staying in Nieu-Bethesda
Dit is n moet-sien plekkie om te besoek met sy eie karakter.
Alida M. - 17th March 2018
staying in Nieu-Bethesda
Uniek met n eiesoortige bekoring!
Theresa L. - 15th March 2018
staying in Nieu-Bethesda
Will definitely want go back. Needed to spend at least another day there. Very laid back and peaceful. The Owl House, Fossil Kitchen, Brewery as also the New People Gallery at the Tower Restaurant is a must. The townspeople were exceptionally friendly. Can't stop sharing our time at Nieu-Bethesda with friends and family.
Alma D. - 12th March 2018
staying in Nieu-Bethesda
Een van my gunsteling dorpies om te besoek en met oulike restourante en heerlike kos!
Marina T. - 1st March 2018
staying in Nieu-Bethesda
Pragtige dorpie met interressante besienswaardighede en eetplekkies.
Karen K. - 23rd February 2018
staying in Nieu-Bethesda
Magiese bestemming, altyd ‘n hoogtepunt!
Martie S. - 17th February 2018
staying in Nieu-Bethesda
Baie goeie toeristebestemming. Onthou om kontant saam te vat - geen OTM, kaart fasiliteite en vulstasie. Soveel meer as net die Uil Huis - kyk gerus na Nieu-Bethesda info. Laat voldoende tyd toe.
Igna L. - 5th February 2018
staying in Nieu-Bethesda
'n Plek waar jy kan wegkom van alles en wat plat-op-die-aarde is.