Verified Reviews
Riebeek-Kasteel
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Riebeek-Kasteel
Rated 4.6 out of 5 based on 314 reviews.
"Prentjie mooi, soos uit 'n storieboek. Ons sal verseker weer gaan, en langer. Ek voel of ons 'n juweel ontdek het, want ons ken net die Kaap self. Die Waterfront, wynplase, al die gewone goed. En daar vind ons Riebeek-Kasteel soos vanuit 'n droom! "
"Heerlike dorpie om in rond te loop, sou net 'n bietjie meer kunsgalerye wou sien."
"Dit was ons tweede besoek aan Riebeek-Kasteel. Dit het gevoel asof ons nie regtig in Suid-Afrika is nie. Suid-Afrikaanse eetplekke en etes skaars. Vreeslik Engels met musiek hoofsaaklik Frans en Duits. Ek persoonlik het 'n bietjie ontuis gevoel in my eie land."
"Sentraal geleë en die rustigheid sal jou altyd laat stop al is dit net vir 'n koppie koffie."
"Riebeek-Kasteek is definitief die moeite werd om te besoek en bied aan besoekers die geleentheid om weg te kom van die stad vir 'n totale wegbreek geleentheid. Heerlike eetplekke, met olyfplase en wynproe-geleenthede in die dorp en omliggende plase. Absoluut die moeite werd om te besoek."
"Definitief 'n besoek werd. Interessante winkeltjies en heerlike restaurante en koffiewinkels."
"Die mense is vriendelik en die eetplekke maak almal heerlike kos. Ons geniet die omgewing en die Spa-behandelings help met daardie rustige gevoel wat pas by die mooi van die gebied."
"Pragtige plek. Sal volgende keer langer wil bly. Ongelooflike mooi tonele."
"Dis 'n juweel net so 'n entjie van die Kaap af. Net wat 'n mens nodig het weg van die stad af. Die omgewing is pragtig en rustig."
"Pragtige dorp met 'n heerlike, outydse sjarme. Heelwat besienswaardighede in en om die dorp. Lekker eetplekke."