Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 702 reviews.
"Sabie is sentraal geleë met 'n verskeidenheid aktiwiteite binne 'n radius van 'n halfuur tot uur se ry. Mooi omgewing met talle watervalle en uitkykpunte. Wildtuinhek naby genoeg vir 'n dag-uitstappie. Avontuur-aktiwiteite soos 'river rafting'; perdry, quadbikes en vele meer. Sudwala-grotte is beslis die moeite werd om te besoek. Jy kan elke dag in in ander rigting invaar!"
"Ons het die watervalle wat nie op die hoofroetes is nie die meeste geniet. Die Mac-Mac poele en waterval was 'n teleurstelling. Die inligtingskantoor naby Spar het nie bygedra tot ons kennis nie, want die kantoor is of toe of die brosjures is uit druk. Die museum was interessant, maar kan verbeter met nuwe toevoegings. Die dorp kan oorweeg om pakkette wat toegang bied tot verskeie items te verkoop as 'n spesiale aanbieding, dan hoef mens nie by elke waterval te betaal nie. "
"As jy rustigheid soek is die dorpie ideaal. Nie groot winkelsentrums ens nie, wat 'n bonus! En is sentraal geleë na aan al die besienswaardighede in die provinsie."
"Sabie is calm and its beautiful mountains are breathtaking. I still can't get over its beauty. The atmosphere is way better than Johannesburg, it is priceless. Lone Falls was cherries on top. I loved my stay in Ligna Lodge Sabie. "
"Ons het net nie genoeg tyd gehad om al die plekke te besoek nie - mens het defnitief 'n paar dae nodig in die omgewing. Daar is 'n paar watervalle gerieflik naby die dorp en die Mac Mac Poele is 'n lekker ontspanings-, swem- en kuierplekkie. In Sabie self was daar oulike winkeltjies en ek sal defnitief die boekwinkel aanbeveel wat ook 'n lekker koffiewinkeltjie het. "
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."
"Sabie is a beautiful area with beautiful places to visit. I would like to recommend that the residents of Sabie try to recruit big stores like Woolies, Checkers Hyper, etc. "
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Die mense is baie vriendelik. Ons het welkom gevoel by al die winkels en restaurante. "
"We do travel a lot in that area and we experience the town and it's economy to fall behind."
"Safe and cute town, with great surroundings for nature lovers. There are several good restaurants into town."
"Oor die algemeen baie aangenaam om daar vakansie te hou en die besienswaardighede is naby."
"The entrance to the tourist information next to Wimpy was disgusting as it was littered with boxes and rubbish bags. Keep your pretty little town clean! Not a good sight. "
"Hulle bevredig net die toeriste se smaak. Ons het middagete by Sabie-brouery gaan eet en die kos wat bedien is, was glad nie die geld werd nie. Smokey Train Diner (tapas) was, soos altyd, fantasies en waarde vir geld. Oor die algemeen is die winkels (SPAR) nie regtig goed toegerus as 'n mens in ag neem dat daar net twee inkopiesentrums is om van te kies nie."