The easiest way to find and book accommodation across South Africa!
GREAT
SAVINGS
EASY
BOOKING
SECURE
PAYMENT
 at Chill Inn | TravelGround
+14

Chill Inn

Self Catering

Review Summary

4.5 out of 5from 4 reviews for Chill Inn
Cleanliness
4.8/5
Service
4.3/5
Location
3.8/5
Safety
5.0/5
Value for money
4.5/5
Kobus V - Jan 2021
Overall score
Cleanliness
4/5
Service
4/5
Location
2/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Kobus V
With friends

Aangename verblyf.

Algeheel was ons verblyf heel lekker. Die volgende aspekte was egter nie na wense: Eienaar was nie tegemoetkomend rakende kansellasie-versoek vroeg in 2020 weens COVID-19. Die vorige gaste se vullissakke was nie verwyder en het begin stink weens die warm weer. Die huis beskik nie meer oor die tent buite die braaikamer en moet eerder verwyder word van bemarkingsfoto's. Die garage se vloer is baie vuil en moet 'n slag goed skoongemaak word. Die ketel se kragknoppie werk nie goed. Daar was geen lepels as deel van die eetgerei en ons moes eie lepels gaan koop.

Chill Inn's response

Beste Kobus
Baie dankie vir jou terugvoer.
Die rede hoekom daar nie aan julle versoek om te kanselleer voldoen kon word nie is omdat daar geen verbod op reis of akkommodasie was ten tye van julle bespreking nie, en daarom sou die kansellasie voorwaardes geld toe julle wou kanselleer.
Ons vra al ons gaste om ons dadelik inkennis te stel sou daar iets fout wees of kort in die huis, omdat ons julle kuier by ons so aangenaam moontlik wil maak.
Dit is vir my teleurstellend dat julle amper twee weke in die huis gebly het en nie een van die die bogenoemde klagtes aan ons gerapporteer het nie, selfs nie toe julle uitgeboek het nie, en ek gevra het of alles in orde was en of julle, julle kuier geniet het nie, toe was alles reg en het julle geen klagtes gehad nie.
Julle het my slegs oor die skadunet gekontak en daarop het ek julle onmiddelik terugvoer gegee.
Daar is beslis lepels in die huis en die ketel het behoorlik gewerk, soos bo genoem sou julle enige van die beweerde probleme rapporteer sou ons dadelik daaraan kon aandag gee maar ons is glad nie daarvan inkennis gestel nie.

Chill Inn
Marietjie N - Nov 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Marietjie N
Family with young children

Dwarskersbos is 'n ongelooflike plek, rustig en stil. Chill Inn het alles wat jy nodig het om 'n heerlike wegbreek te ervaar.

Dwarskersbos is 'n ongelooflike plek en het ons harte gesteel. Chill Inn het aan al ons vereistes voldoen, dit was netjies en skoon. Ons hond het dit net so baie geniet, daar was tot 'n hondehok vir haar! Die rustigheid van die dorpie is wonderlik, jy kon regtig ontspan en afskakel van die alledaagse gewoel. Laaiplek het 'n heerlike Spar waar jy al jou inkopies kan doen, dis gerieflik net 10 minute weg van Dwarkersbos. Die stand is heerlik, die kinders en die hond het dit baie geniet!

Chill Inn's response

Beste Marietjie. Ons is so bly julle het lekker gekuier, dit was vir ons net 'n plesier om julle as gaste te hê. Ons sien uit na julle volgende kuier.

Chill Inn
Chris V - Oct 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
5/5
Location
5/5
Safety
5/5
Value for money
5/5
Chris V
With spouse/partner

Rustig, lieflik en onvergeetlik.

Die plek is skoon, netjies en baie goed geleë. Dit is stap afstand van die see af en soggens kan jy die branders hoor druis. Al die bure is vriendelik en die persoon wat die huis uitverhuur is baie gaaf en behulpsaam. Die huis het 'n lieflike erf vir die hondekinders om saam te kom kuier. Ek sal vir seker weer vir Chill Inn besoek.

Chill Inn's response

Beste Chis
Ek is bly julle het julle kuiertjie by ons geniet. Baie dankie dat julle die huis so mooi skoon en netjies gelos het dit was net 'n plesier om julle as gaste te he, ons sien uit na julle volgende kuier.

Chill Inn
Alfonso J - Oct 2020
Overall score
Cleanliness
5/5
Service
3/5
Location
3/5
Safety
5/5
Value for money
4/5
Alfonso J
With friends

Baie verras met die area. Rustig. Loopafstand van die strand. Huis goed toegerus.

Huis is betreklik nuut. Sit spieels op in kamers asb.

Chill Inn's response

Beste Alfonso
Ons is bly julle het julle lekker gekuier, ons hoop om julle sommer gou weer te sien.

Chill Inn
From
R1 560
per night (sleeps 6)
From
From R1 560
per night (sleeps 6)
From
R1 560
per night (sleeps 6)
Make a Booking
  • Capacity: 6 people
  • Check-in: 14:00 to 18:00
    Check-out: 10:00
  • Address: 3 Seeskulp Street, Dwarskersbos, 7365, Western Cape
  • All ages welcome
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9165ab47d2366d69b4c994833984c110efe5c656cd141a6acf32b3e346cf860ccc958262edc449bc5ce393aa0fdf50ad04a5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 From R1 560  per night(sleeps 6) 4 5 1 5 3 Seeskulp Street Dwarskersbos 7365 Western Cape 0860 022 102 14:00-18:00 10:00 -32.684043688916 18.246172377246
SUBSCRIBE TO GET AWESOME ACCOMMODATION SPECIALS!
SUBSCRIBE FOR AWESOME SPECIALS!