Milkwood Beach Cottages
Review Summary
Johan S - Nov 2020
Overall score
Rustig, ontspanne atmosfeer in knus huisie op die strand.
Milkwood Beach Cottages's response
Dankie Johan. Nou bring julle volgende keer daai brakkies saam Haha.
Gareth C - Oct 2020
Overall score
It was perfect for the dogs, and we loved the beach which was right on our doorstep.
Milkwood Beach Cottages's response
Thanks, guys. We loved having you here. Thanks for spending time with us at the pond feeding and enjoying the new ducklings.
Thanks for leaving our cottage better than you found it. Wonderful to have guests like you!!!
Robert and Li-Mari
Isabelle K - Sep 2020
Overall score
Heerlik tuis gevoel. Skoon, netjies en sprokiesmooi. Robert en Li-Mari is die vriendelikste en mees verwelkomende gasheer en -dame.
Milkwood Beach Cottages's response
Hi Isabelle. Dankie vir die mooi resensie. Ons het soooo lekker saam julle gekuier en daai biltong!! Julle kan maar weer kom Haha!!
Matthew E - Nov 2019
Overall score
Enjoyable.
Milkwood Beach Cottages's response
Thanks Mathew and family.
You were one of those groups that stayed positive against all odds.
Wow, you had bad weather and we always heard the laughter through the rain of a very happy bunch.
Need more people like you.
See you soon!
Hendrik Daniel T - Jun 2019
Overall score
We didn't want to go home.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Ons wou nie huis toe gaan nie.
Wonderlik. Moeg van ry. Toe ons daar kom word ons verwelkom deur pragtige mense. Rob en Li-Mari. Moeg weg. Die cottage was netjies en warm. Dadelik het ons die omgewing ontdek. Tuine pragtig. Gasvryheid uit die hemel. Ek het nie woorde om die pragtige warm, liefdevolle, asemrowende plekkie te beskryf nie. Nooit gaan ek weer n vakansie hou as dit nie Milkwood Beach Cottage is nie. So baie dankie, Robert en Li-Mari. Oe moenie die uitstaande kos vergeet nie. Sjoe en die gasvryheid, liefde, eendjies, strand, tuin, huisie. Nee, ons kan aanhou met als. Dankie Robert en Li-Mari. Dis ons tweede huis. Lief julle.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Ai julle twee. Ons het julle net so geniet. Ons het so lekker gelag en gekuier. Dankie dat julle so ietsie van julleself met ons kom deel het hier in die paradys. Dis `n voorreg om hier te woon en dan nog meer om dit met lekker mense soos julle te kan deel. Ons weet ons gaan julle weer sien en kan nie wag nie. Robert end Li-Mari.
Estelle S - May 2019
Overall score
Accommodation was very good.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Verblyf was baie goed.
Die bestuurders was baie vriendelik en altyd daar vir ons.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Hi julle twee. Dit lyk nie eers of julle in ons huisie gebly het nie, dankie vir die absolute netheid waarmee julle hier gebly het, dankie ook dat julle die eende so bederf het. Hulle gaan julle brakkies so mis!
Sien gou weer
Robert en Li-Mari
Norman S - Apr 2019
Overall score
Excellent, comfortable accommodation with exceptional host and hostess.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Uitstekende, gemaklike verblyf by uitsonderlike gasheer en gasvrou.
Sal hulle altyd kan aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Hi Norman, dankie vir julle vriendelikheid en uitsonderlike netheid. Haha ons hoef nooit weer die huisie skoon te maak as julle daar gebly het nie. Se baie dankie ook vir jou wederhelf! Sien julle gou weer.
Marinus V - Mar 2019
Overall score
Lekker gesinsvakansie.
Milkwood Beach Cottages's response
Dankie Marinus. Dit het so lekker gelyk as jou familietjie daar onder die bome gekuier en gebraai het. Het ons skoon lus gemaak vir vakansie hou. Onthou volgende keer gaan jy saam met my kite surf en dalk diep see toe roei. So oefen dat hierdie ou oom nie vir jou ore aansit nie.
Martin O - Mar 2019
Overall score
Excellent breakaway. Thanks!
Read moreMilkwood Beach Cottages's response
Beste Martin en gesin,
Dankie vir die mooi woorde.
Met mense so oulik en plat op die aarde soos julle kan mens mos nie anders as om die beste in jou te laat loskom nie. Dit was so lekker om daar by julle verby te stap as julle buite doenig was en mens met vrymoedigheid 'n geselsie kon aanknoop omdat mens kan voel hierdie is mense wat dit sal waardeer.
Nogmaals dankie.
Carol H - Mar 2019
Overall score
Een woord: fantasties!
Milkwood Beach Cottages's response
Beste Carol,
Fantasties! Dankie julle, dis so 'n lekker resensie om te lees.
Groete daar in warm Richardsbaai,
Robert en Li-Mari
Tienie B - Jan 2019
Overall score
Ons is met ope arms ontvang.
Milkwood Beach Cottages's response
Dankie Tienie en spannetjie. Julle was so maklik, dierbaar, tevrede, vol vreugde en waardering hoe anders dat julle dit so geniet het. Die genot het binne in julleself begin. Dit was so lekker om julle te ontmoet en nuwe pelle vir altyd te hê.
Anneke V - Dec 2018
Overall score
Asemrowend.
Milkwood Beach Cottages's response
Anneke, dis so `n mooi resensie. Baie dankie. Julle laat mens sommer hartseer maar op `n lekker manier. Ons het ook so lekker saam julle gekuier. Dankie vir daai wonderlike Tuna's wat ons sogeniet het. Julle kinders is ook sooulik en pas by die mooi gesin. Ons is mal oor julle klomp en veral daai oulike meisie van julle. Hou haar dop, hier kom 'n interesante menswees. Li-Mari hou ook nie op gesels oor julle mooi gesin nie! Sien gou weer.
Dani H - Nov 2018
Overall score
Just perfect, in every way!
Read moreMilkwood Beach Cottages's response
Julle twee romantiese mense. Kon nie help om dit raak te sien en so bietjie in te vryf nie. Dit was so lekker met julle hier, veral toe julle, julle prawns met ons gedeel het.
Lindie N - Nov 2018
Overall score
It is a gem of a place, real cottages by the ocean with all that is needed. Has been a long time since I had such an enjoyable and relaxing time.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit is 'n juweel van 'n plek, regte huisies by die see met alles wat nodig is. Het lanklaas so lekker gekuier en ontspan.
Sal definitief weer kom. Loopafstand van die strand. Wat 'n juweel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Julle is so gawe familie. G'n wonder julle hou so lekke vakansie. Dankie vir die mooi woorde.
Trudie N - Oct 2018
Overall score
Hospitality and breathtaking location, a piece of heaven.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Gasvryheid en asemrowende ligging, 'n stukkie hemel.
Wat 'n ervaring! Skoon plekkie, sulke gasvrye mense en die rustigheid, paar meter van see af. Alles wat 'n mens wil hê in 'n vakansie, en natuurlik die heerlike kos. Dis naby aan winkels en baie veilig. Jy het selfs jou eie stil strand!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Goeiedag Trudie,
Dankie vir jou mooi resensie. Ons het julle kuier net so baie geniet soos julle. Hoop ons sien julle sommer gou weer.
Robert
Marlize S - Oct 2018
Overall score
Ontsnap van die besige gejaag na 'n rustige omgewing.
Milkwood Beach Cottages's response
Marlize, dit was lekker om jou hier te hê. Dankie vir jou mooi woorde, komende van iemand wat by die bekroonde Oudekraal Gasteplaas en Spa betrokke is. Ek sien jou gou weer met daai spul hondekinders. Ons eendjies is nou al amper groot.
Coogan P - Oct 2018
Overall score
Home away from home.
Milkwood Beach Cottages's response
Good day Coogan,
Thank you! We enjoyed you guys here. And for a bunch of guys, you were very tame and manageable. Thank you for leaving the place in an impeccable condition. And I am not gonna say anything about the curry, you know what I mean, we loved it.
Thank you guys, see you soon and bring the ladies next time!
Carin E - Oct 2018
Overall score
Peaceful and quiet beach.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustigheid, stil strand.
Uitstekende gasheer en -vrou, is baie vriendelik ontvang en alles wat jy kon nodig hê was reeds daar, rustigheid was waarna ons gesoek het. Die cottage is baie smaakvol ingerig en mens voel sommer tuis as jy daar aankom. Robert en Li-Mari is nie net gasheer en -vrou nie maar jou nuwe vriende as jy daar weggaan. Dit was 'n heerlike vakansie.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Liewe Hendrik en Carin en dominee Lol en Brakkie,
Julle was sulke oulike gaste. Haai, ons kon die huisie sommer uitverhuur vir die volgende mense sonder om eers skoon te maak, haha! Ons het darem probeer maak of ons skoongemaak het, maar daar was omtrent niks om te doen nie. Dis so lekker om mense te hê wat mens se plekkie so waardeer en los. Verder was julle so rustig. Ons was amper nie eers bewus van julle hierwees nie. Baie dankie. Ons hoop om julle gou weer te sien.
Robert, Li-Mari en die klomp nuwe eende wat nou ook al groot is!
Tobie H - Oct 2018
Overall score
Well rested.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker gerus.
Was baie baie lekker. Lekker rustige plek.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Milkwood Beach Cottages's response
Beste Tobie,
Baie dankie, julle was 'n wonderlike groepie. Dink jy het jou trouring vir my gelos :)
Martha V - Sep 2018
Overall score
Baie lekker veilig. Rustig en elke sent werd. Robert en Li-Mari baie aangename mense.
Milkwood Beach Cottages's response
Beste Martha,
Baie dankie vir jul mooi woorde. Dit was vir ons so lekker om julle hier te kon ontvang, al wou julle brakkies nie met ons vriende maak nie! Julle bly nou ons vriende!
Groete,
Robert en Li-Mari
- Capacity: 25 people
-
Check-in: 15:00 to 19:00
Check-out: 09:00 - Address: 776 Shepstone Road, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- All ages welcome