Monyane Bush Lodge
Review Summary
Madelaine S - Dec 2020
Overall score
Hondekinders wegbreek. Veilig, stil en sommer net lekker.
Read moreMonyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou baie welkome resensie Madelaine. Ek is bly dat jy en jou hondekinders, na maande se uitstel, die kuiertjie hier by ons in die bos geniet het. Ek en Fielies wag vir julle volgende kuier.
Isobel P - Nov 2020
Overall score
Dis mos die lewe!
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir 'n baie welkome resensie Isobel.
Dit was regtig 'n plesier om julle te ontmoet en te akkommodeer. Dankie ook dat julle die husie so netjies gelaat het. En natuurlik is ons baie bly dat julle ons plekkie so geniet het. Hoop ek sien julle sommer gou weer.
Vriendelike groete
Arno
Adriana K - Oct 2020
Overall score
Baie lekker gekuier, dis doodstil en Arno is die perfekte gasheer.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou baie welkome resensie Riana, dit was 'n plesier om julle hier te he. Sien julle weer, hopenlik gou.
Darran C - Oct 2020
Overall score
Vergenoegd
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie Darran, dit was so lekker om julle te ontmoet en te akkommodeer. Dankie ook dat julle die huisie so netjes gelos het. Onthou om vir junior te kom wys.
Jacques G - Oct 2020
Overall score
Arno is an amazing Host, very relaxing and a great stay!
Monyane Bush Lodge's response
Thank you very much for your very welcome review Jacques, and also for leaving the unit in such a pristine condition. It is much appreciated.
Bennie C - Mar 2020
Overall score
We enjoyed the quiet and the surroundings tremendously as well as Arno's kindness. Neat and everything was there that we needed.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Ons het die stilte en die omgewing vreeslik geniet asook Arno se vriendelikheid. Netjies en alles was daar wat ons nodig gehad het.
Baie dankie Arno, ons sal vir seker weer wil kom kuier. Dis lekker naby vir ons met 'n ware bos atmosfeer.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir julle resensie Bennie en Ria.
Dit is altyd lekker om te hoor dat ons gaste hulle tydjie hier by ons in die bos geniet het. Baie dankie dat julle die huisie so netjies gelos het.. dit word baie waardeer. En natuurlik is julle enige tyd weer baie welkom.
Baie groete,
Arno
Marlize V - Mar 2020
Overall score
Net wat mens nodig het om weg te breek van die stad.
Monyane Bush Lodge's response
Baie bly julle het die naweek hier by ons in die bos geniet Marlize. Baie dankie ook dat julle die huisie so netjies gelos het. Dit word altyd waardeer. Natuurlik sal dit 'n plesier wees om julle weer te verwelkom.
Groete
Arno
Nicolene B - Mar 2020
Overall score
Indescribable.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou resensie Nicolene. Dit is altyd 'n plesier om sulke netjiese en aangename gaste te ontmoet en te akkommodeer.
Groete
Arno
Lorne L - Feb 2020
Overall score
A little bit of bushveld paradise away from all the city mod cons.
Monyane Bush Lodge's response
Thank you so much, Lorne. It was a real pleasure sharing our little slice of bushveld paradise with you.
Thank you also for leaving the unit so very neat and tidy. It is always appreciated.
Kind regards,
Arno
Tiaan N - Feb 2020
Overall score
Rustigheid met 'n hoofletter R.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou resensie Tiaan.
Alhoewel Fielies meer van julle gesien het as ek, was dit 'n plesier om julle te akkommodeer.
Ook baie bly dat julle die kuier hier op die plaas geniet het.
Vriendelike groete,
Arno
Mercious D - Feb 2020
Overall score
Great place for some quality time with your partner.
Monyane Bush Lodge's response
Thank you so much Mercious, it was a pleasure hosting you. Thank you again for leaving the unit so neat and tidy.
Zani C - Jan 2020
Overall score
Quiet, peaceful and relaxing.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig, stil en ontspannend.
Baie lekker gerus. Dit is 'n plek waar jy stilte het en omring is deur die bosveld. As jy wil rus en stilte hê, is dit die perfekte plek. Sal definitief weer gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Hein S - Sep 2019
Overall score
Very disappointed.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie teleurgesteld.
Die plek is erg verwaarloos en het baie aandag nodig.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Monyane Bush Lodge's response
Dankie vir jou resensie Heinrich,
Ek is nie heeltemal seker wat in die eenheid waarin julle gehuisves is erg verwaarloos en aandag kort nie. Jy het wel genoem dat die pale op die stoep dalk behandel moet word en ek stem saam. Met julle vertrek het jy gese dit was lekker so ons laat die saak net daar. Ons besef dat ons instansie nie byval sal vind by almal nie en aanvaar dit ook so.
Vriendelike groete,
Arno
Magiel E - Aug 2019
Overall score
Dit was hemels en baie rustig sonder TV ens.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou resensie Magiel, en ook dat julle die eenheid so vreeslik netjies agter gelaat het. Eks baie bly dat julle die naweek hier by ons in die bos geniet het. Dalk moet julle volgende keer na die stem wat vir Elmien gese het julle moet nie huis toe gaan nie, luister. Hoop ek sien julle sommer gou gou weer.
Anne V - Jul 2019
Overall score
Quiet, blissful.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Stil, salig.
Sien sterre.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Monyane Bush Lodge's response
Dankie vir jou resensie Anne,
Baie bly dat julle die stilte, saligheid en sterre waardeer het. Die son het darm ook sy kant gebring ne?
Dankie dat julle die eenheid so netjies gelos het. Dit word altyd baie waardeer.
Vriendelike groete,
Arno
Martie S - May 2019
Overall score
Peaceful, quiet and in nature.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Rustig, stil en in die natuur.
Dit was baie rustig, baie tyd om te lees of te slaap aangesien daar geen aktiwiteite op die perseel is nie. Prys vir my bietjie hoog aangesien ek vir my eie vermaak moes sorg. Motorparkering is 'n probleem. Motor moes in die son staan aangesien daar geen onderdak parkering by die chalet was nie. Boonop kon die motor nie naby die chalet staan nie want ligging is ongeskik daarvoor. Plekkie is egter ideaal vir 'n wittebroodpaartjie wat nie 'n mens wil sien nie! Chalet uitstekend toegerus met betrekking tot die kombuis! Bed slaap lekker en kussings is in goeie toestand. Buitestort was 'n vreemde, maar aangename ondervinding. As ek net wil slaap of lees, mag die lodge my weer sien.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Monyane Bush Lodge's response
Dankie vir jou resensie, Martie.
Aangesien doendinge by ons instansie en in die omgewing op ons blad uiteengesit word, het ek aanvaar dat ons instansie aan jou behoeftes voldoen toe jy die bespreking gemaak het. Ek het jou ten tye van die stuur van die kwotasie ook genooi om my te kontak indien jy enige verdere inligting benodig.
Met die ontwikkeling van ons instansie het ons besluit om die natuur so min as moontlik te versteur. Dinamiet was die enigste opsie om staanplek vir gaste se motors reg langs die eenheid te bied. Aangesien ons gedink het dat die sowat 15 tree se stap na die eenheid nie 'n probleem sou wees vir natuurliefhebbers nie, het ons teen die dinamiet opsie besluit.
Met julle aankoms het ek aangebied dat jy jou motor onder ons afdak by die hoofhuis parkeer nadat julle alles wat nodig was uit voertuig verwyder het, 'n aanbod wat jy van die hand gewys het.
Ek is bly dat die eenheid self aan julle vereistes voldien het.
Weereens dankie dat julle die eenheid so netjies gelaat het.
Vriendelike groete
Arno
Rene P - Apr 2019
Overall score
Beste rusplek as jy niks wil doen.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie Rene, bly julle het die tyd hier geniet. Dit is altyd lekker om sulke maklike, aangename en netjiese gaste te akkommodeer.
Leandra E - Apr 2019
Overall score
Wonderful peaceful getaway!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Wonderlike rustige wegbreek!
Ons was saam met ons 4 maande oue dogtertjie by Monyane Bush Lodge. Arno het ons wonderlik en gasvry ontvang. Dit was rustig en ons kon net ontspan het.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
John-martin P - Apr 2019
Overall score
Great.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Baie lekker.
Plek is net en baie oulik, sal dit aanbeveel vir 'n couple!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Anne-marie D - Dec 2018
Overall score
'n Heerlike wegbreek!
Lelani D - Dec 2018
Overall score
Peace and tranquility in the bushveld.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Vrede en rustigheid in die bosveld.
'n Goeie plekkie om na toe weg te breek van die stad af. Dit is eenvoudig, heerlik en rustig. Dis 'n plek waar jy in verbinding kan tree met jou maat of jouself en net wees.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Gesie V - Oct 2018
Overall score
As jy van als wil wegkom en die bos wil geniet is dit die ideale plek.
Sakkie En Sandra M - Oct 2018
Overall score
Heerlike, rustige verblyf.
Tienie B - Sep 2018
Overall score
As jy stilte waardeer in die bos waar dit net jy en jou lewensmaat is gaan jy dit geniet.
Bernadene E - May 2018
Overall score
Perfekte wegbreek van Pretoria af en jy's in middel van die bosveld.
Read moreMonyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou positiewe resensie Bernadene. Dit was voorwaar n plesier om vir julle te kan ontmoet. Fielies gaan kyk gereeld of Robbie dalk terug gekom het.
Elize O - Oct 2017
Overall score
Nice and peaceful.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Lekker rustig.
Dis lekker rustig en stil, vir iemand wat net wil wegkom uit die dorp se gejaag is dit die ideale plek, Arno was baie vriendelik en beleefd, en het jou sommer op jou gemak laat voel. Sal dit definitief aanbeveel.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Liezel L - Aug 2017
Overall score
Ons het baie lekker uitgerus en ontspan.
Christo V - Aug 2017
Overall score
Herinner aan die goeie ou dae!
Read moreKim D - May 2017
Overall score
It was a tranquil bush veld place. Very nice.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Dit was 'n rustige regte bosveld plekkie. Baie oulik.
As jy wil afsluit van die stadslewe is dit die plek om te wees. Rustige, regte bosveld lewe. Pragtig en baie skoon plekkie. Sal weer enige tyd terug gaan.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Monyane Bush Lodge's response
Baie dankie vir jou baie welkome kommentaar, Kim. Baie bly julle het die naweek geniet. Aangesien jy kommentaar gelewer het, neem ek aan die 50- en 100 km fietsrit was kinderspeletjies vir julle en lê julle nie in intensiewe sorg nie.
Pieter-carel V - Apr 2017
Overall score
Perfect for someone who wants to escape from everyday life.
Read moreThis review has been translated,click hereto view the original version.
Perfek vir iemand wat will wegkom uit die alledaagse dinge.
Als wat jy nodig het is daar vir 'n naweek van rus en wegkom uit die alledaagse geraas. Eienaar is 'n aangename mens en baie behulpsaam. Nie vir mense wat luukshede soek nie maar eerder vir die wat dit vir hulself romantic en lekker wil maak. Moet asb nooit 'n tv in sit nie. So as jy hunker na 'n plek met mekaar se geselskap en 'n mooi sonsondergang is dit die plek vir you. Moet sê ek het eers gedink 'n vuurmaakplek op die grond sou lekker wees maar die een wat daar is werk uitstekend as jy op die stoep sit. Al wat ek dalk sal wou aanbeveel is lanterns vir atmosfeer en dalk n kaggel vir die winter.
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Natalie B - Feb 2017
Overall score
Rest for the soul.
This review has been translated,click hereto view the original version.
Rus vir 'n mens se siel.
Monyane was vir my die perfekte plek vir 'n wegbreekkans om tyd op my eie deur te bring. Perfekte stilte - 'n ideale plek vir 'n skrywer of so. My hart mis net verskriklik baie vir my vriend, Villies. Ek sal gereeld moet gaan kuier!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
Monyane Bush Lodge's response
Dankie vir jou kommentaar Natalie. Fielies gaan kyk gereeld of jy nie dalk terug gekom het nie.
Roelien P - Jan 2017
Overall score
Perfect place to rest, recharge, and admire the natural surroundings!
This review has been translated,click hereto view the original version.
Perfekte plek om te rus, te herlaai en die natuur te bewonder!
Baie uniek, voel of jy in die middel van die bosveld is! Rustig!
You are reading the original review,click hereto view the translated version.
- Capacity: 2 people
-
Check-in: 15:00 to 20:00
Check-out: 10:00 - Address: Farm No 56, Sussensvale, Bela Bela/Modimolle, 0480, Limpopo
- No children under 18