Verified Reviews of Bethulie

All reviews have been left by TravelGround customers staying in Bethulie

Rated 4.01 out of 5 based on 100 reviews.
Johan L. - 12th March 2020
staying in Bethulie
Goed om te sien.
Philip G. - 1st March 2020
staying in Bethulie
Naby die brug vir sonsondergang fotos. Die paaie na die Oos Vrystaat is in 'n treurige toestand.
Elize P. - 1st March 2020
staying in Bethulie
Was nogal beïndruk met goeie toestand van konsentrasiekamp se kerkhof. As mens van geskiedenis hou, is daar heelwat te sien.
Maretha S. - 4th February 2020
staying in Bethulie
Bethulie is 'n pragtige dorpie. Gemaklik om te stop op pad na Oos-Kaap.
Karien V. - 14th January 2020
staying in Bethulie
'n Groot verrassing! Ons sal definitief graag weer via Bethulie wil ry en meer van die dorpie wil beleef!
Wilmar V. - 13th January 2020
staying in Bethulie
Die petrolstasie maak eers 07:30 oop.
Chris V. - 12th January 2020
staying in Bethulie
Baie om te sien en doen. Interessante geskiedenis.
Amanda O. - 10th January 2020
staying in Bethulie
Bethulie is vir my bietjie stil. Ons het wel op die brug na 'n pragtige sonsondergang gaan kyk oor die Oranjerivier en die Gariepdam. Ek glo nie ek sal meer as 2 dae daar spandeer nie.
Paul E. - 9th January 2020
staying in Bethulie
Goeie oornag-opsie op pad kus toe.
Francois N. - 7th January 2020
staying in Bethulie
Dis jammer van die opsigtelike plattelandse verval op die dorp.
Hendrik B. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Ons het uitgesien, na aanleiding van plekke om te besoek, om die kroeg in die hotel te besoek, maar kon dit nie kry nie. Baie ryk geskiedenis en sou graag meer tyd wou spandeer om al die plekke te besoek. Daar kan gerus gekyk word om die toestand van die strate te verbeter. Ons het dit baie geniet.
Lizelle W. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Daar is ook baie interessante geskiedenis om en net buite Bethulie.
Dries P. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Ideale halfpad slaapplek.
Desiree V. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Baie onderbeklemtoonde dorpie maar 'n moet om te besigtig.
Adina D. - 6th January 2020
staying in Bethulie
Die plaaslike restaurant was toe en ons kon nie veel van die omgewing beleef nie. Bethulie is 'n stil en rustige dorpie. Sou graag meer van die kultuur wou ervaar.
Cornia B. - 5th January 2020
staying in Bethulie
Pragtige ou wêreldse plekkie, die paaie is in 'n slegte toestand, maar so met meeste klein dorpies. Interessante geskiedenis oor dorpie in pamflet gekry by Lavender Rose.
Jan N. - 1st January 2020
staying in Bethulie
Stil dorp met tonne geskiedenis. Doen moeite en gaan besoek die museums, monumente en gedenkwaardighede in die omgewing!
Liandi S. - 30th December 2019
staying in Bethulie
Ry gerus so entjie uit en kyk na die tweede langste brug in SA.
Petrus V. - 22nd October 2019
staying in Bethulie
Soos enige klein dorpie in Suid Afrika wat 'n behoefte het aan bedryf, maak Bethulie steeds die meeste van wat hulle het. Dis waarlik iewers om stil weg te breek van die stad. Bethulie se ligging sorg dat toeriste maklik die omliggende gebied en besienswaardighede kan verken. Bethulie self het 'n interessante geskiedenis en gaste sal beslis baat deur bietjie ondersoek in te stel.
Magda B. - 3rd September 2019
staying in Bethulie
Stil en vreedsaam. Ware platteland.
Andrea M. - 19th August 2019
staying in Bethulie
Interessante, geskiedenisryke dorpie. Pragtige brug buite dorp. Die konsentrasiekamp-monument is hartroerend. Daar is interessante en vriendelike mense te vind in die Royal Hotel en in Die Ou Kar.
Jacques C. - 5th August 2019
staying in Bethulie
'n Moet-besoek op enige mens se lysie met 'n sin vir geskiedenis. Mal oor die dorpie.
Carin P. - 8th July 2019
staying in Bethulie
'n Baie geskiedkundige dorpie. Pellissier museum is vol interessanthede oor die sendeling wat die dorpie help vestig het, asook Anglo-boereoorlogstories. Mal oor die verskillende gastehuise en die Ou Kar Restaurant in die dorp!
Edolene B. - 23rd June 2019
staying in Bethulie
Het opknapping, liefde en reklame nodig. Baie potensiaal om te groei as 'n toeriste-aantreklikheid. Net een restaurant beskikbaar - meer opsies sal lekker wees.
Ben B. - 27th May 2019
staying in Bethulie
Oulike dorpie. Die brug is 'n moet sien!
Victoria B. - 13th May 2019
staying in Bethulie
I wish I had more time to explore the town, but I did make it to the Steyn Bridge (thanks to a recommendation from the guesthouse). Seeing the two rivers come together was an incredible sight.
Jean N. - 23rd April 2019
staying in Bethulie
Oulike slaperige dorpie, nie erg baie om te doen behalwe die natuurskoon aanskou, maar kan wel die "Ou Kar" restaurant aanbeveel!
Elizabeth C. - 11th April 2019
staying in Bethulie
Pragtige dorpie met aangename en vriendelike inwoners (veral besigheidsmense). Strate en van die geboue is baie verwaarloos.
Tom U. - 7th April 2019
staying in Bethulie
Was die moeite werd om 'n draai te ry: die Groot Trek herdenkings was onverwags.
Elna W. - 2nd April 2019
staying in Bethulie
Pragtige brug en uitsig oor die Gariepdam!
Adel V. - 2nd April 2019
staying in Bethulie
Ons het na die Konsentrasiekamp Begraafplaas gaan kyk van die Anglo Boere-oorlog en ja dit was hartseer. Die damwal se uitkykpunt was baie mooi. Ons het oor die Hennie Steyn-brug gery en dit is ook 'n moet sien.
Kathy W. - 12th March 2019
staying in Bethulie
It's a small town and not a lot to do. However the people at the local pub/restaurant made us feel very welcome and we had a great meal. It's a good stopover, for both Eastern and Western Cape travellers.
Flo S. - 16th January 2019
staying in Bethulie
A beautiful little country town - still caught in the days of yesterday - loved our stay here - will be back.
Anneke B. - 14th January 2019
staying in Bethulie
Quint and calm little town. A little run down but still charming.
Rikus I. - 7th January 2019
staying in Bethulie
'n Pragtige ou Karoo dorpie wat deur hulle munisipaliteit verwaarloos word.
Mariette F. - 7th January 2019
staying in Bethulie
Sal beslis meer oor die dorp se geskiedenis wil uitvind, ongelukkig was ons verblyf te kort om alles te kon doen wat ons wou, maar sal beslis weer die dorpie besoek.
Wihann M. - 5th January 2019
staying in Bethulie
Netjiese ou dorp.
Rentia P. - 30th December 2018
staying in Bethulie
Ons het so pas eiendom in Bethulie gekoop omdat dit so klein en stil is en snags is die sterre so mooi en helder. Ons moet nog self al die geskiedenis van die dorp leer ken en daar is heelwat.
Bennie V. - 27th December 2018
staying in Bethulie
Hierdie keer was die dorp baie lawaaierig met voertuie wat tot na 03:00 op en af gery het by ons tent verby. Ons sal nie gou weer in Bethulie oorslaap nie.
Elrize O. - 11th December 2018
staying in Bethulie
Oulike klein dorpie.

Your browser is out of date!

Update your browser to view this website correctly. Update my browser now

0860 022 102 | bookings@travelground.com