Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Longwy Self Catering Accommodation"Spoedwalle moet beter gemerk en duideliker geverf word, asseblief! Vriendelikste mense."
Somerset East (KwaNojoli), Eastern Cape
Gardiol Country House"As jy 'n natuurliefhebber is sal jy baie vind om te doen in die idilliese, pragtige dorpie."
"It was great to see police and security companies doing the rounds. Beaches and ablution blocks beautifully clean. Keep it up J-bay!"
"Pragtige plekkie met heerlike swemplek en veilige mond-area vir kleinerige kinders. Dis 'n baie oulike dorpie, en ook die koffiewinkel, Rustic Rose, is baie oulik ingerig vir kindertjies om veilig te speel terwyl ouers rustig kuier. Baie oulike plekkie, ek dink net hy kan VOL raak oor seisoentyd."
"Vriendelike mense! Baie lekker gekuier. Heerlike roomys geëet by die roomysplekkie by die Skulpiemuseum."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
The Farmhouse B&B"Mooi stad en langs die see. Amazing mooi."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Mika's Tree"Gee Gqeberha (Port Elizabeth) 'n kans. Jy sal aangenaam verras wees."
"Die pragtige Graaff-Reinet is definitief bestem vir toeriste, met al sy geskiedkundige geboue en asemrowende versamelings van vetplante en kaktusse."
"Dis 'n baie mooi, historiese dorpie met baie om te sien, te beleef en om aan herinner te word. Vallei van Verlatenheid 'n moet-belewenis. Sal weer gaan."
"Dorp is baie mooi bewaar, soveel moeite gedoen om karakter te behou."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Lavender Garden Cottage and Lodge"Was beindruk, PE is beslis my volgende keuse as verblyf."
Makhanda (Grahamstown), Eastern Cape
Mimosa"Grahamstad is 'n pragtige, geskiedkundige dorp. Om elke hoek en draai is iets interessant om te sien. Grahamstad koester besoekers met sy ongekunsteldheid, vriendelike mense, verskeidenheid van bekostigbare kwaliteit-eetplekke. Ons eie Oxford of Stanford. Dankie Grahamstad, ons kom gou weer."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Aquadel"Ons het oorweeg om na Gqeberha te verhuis, maar die watersituasie is sorgwekkend. Andersins, die mense is vriendelik."
"Dis my gunsteling vakansie-bestemming, propvol klein snuffelwinkels en puik eetplekke. Die natuurskoon is pragtig."
Gxarha (Morgan's Bay), Eastern Cape
Lagoon View"Pragtige omgewing, het dit net van die strand af beleef tydens ons Strandloper staptog."