Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 5186 reviews.
"Kyalami is sentraal om die renbaan te besoek, maar ook naby genoeg aan Gallaghar Konferensiesentrum. Dit was ons bestemming om na 'n skou daar te gaan. Kyalami gee 'n plattelandse gevoel al is jy in die middel van Pretoria, Midrand en Johannesburg. "
"Rooihuiskraal is 'n netjies maar tipiese stadsgebied. Ek weet nie wat dit aan die toeris te bied het nie, want dis nie die rede waarom ons daar gebly het nie, maar dis 'n uitstekende omgewing om te bly as jy Pretoria wil verken. "
"Dinokeng is baie belowend. Sal dit baie graag weer wil besoek, maar dan sonder die gejuig en gejubel van ander gaste wat duidelik nie 'n bosveldervaring soek nie. Die self drive-kaart kort 'n opgradering - heelwat van die punte is nêrens op die kaart te siene nie. Mystic Monkeys 'n belewenis! Heerlik geëet by Ngata Lodge. "
"Gaan loer in by New Harmony Farm op die pad na Veldflora. Ruth verkoop eiers en bevrore hoender van waarlik vrylopende hoenders."
"Very neat and quiet area, not too far from the city but far enough to feel away from the rush. There are lots of outdoor activities and places to relax and grab a bite to eat."
"Daar is soveel om te doen wat ons by 'n volgende geleentheid sal moet doen. Die klipkerk se binnekant moet nog afgeneem word, onder andere!"
"Irene is 'n baie stil, rustige plek. Jy hoor nou en dan 'n trein wat verbygaan. Voel of jy op die platteland is. 'n Plekkie waar jy kan afskakel. "
"Parkview is baie sentraal geleë. Dit is 10 min. ryafstand van die Rosebank Gautrein stasie en ook die Rosebank Sentrum. 'n Paar goeie restaurante en interessante winkels is binne loopafstand van die gastehuis. Vir ontspanning en 'n goeie stap lê die dieretuin net om die hoek!"
"Beautiful location close to Jhb/Pta. The self-drive routes could be better marked at intersections, especially where the roads are unsuitable for sedans."
"Ons is vreeslik beïndruk met die model waarop Dinokeng werk. Ons is bang vir te veel rus kampe deur die groter Dinokeng gebied, maar dit was glad nie oorweldigend gewees nie. Dit het gevoel soos om deur die Wildtuin te ry, maar beter, want dis net hier by ons en nie so duur nie :)"